[Video] Papegaaie is groot besigheid

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Baie mense is mal daaroor om ‘n papegaai as troeteldier aan te hou. Veral wanneer dié slim voëls kan praat en geluide namaak. Maar daar is gevolge aan hierdie voorliefde.

Die bekoring met veral die African Grey beteken egter dat tot soveel as 99% van dié diere uit hulle natuurlike habitat verwyder word. En al kom die African Grey nie natuurlik in Suid-Afrika voor nie, het die land beslis munt geslaan uit handel en is nou die grootste uitvoerder van dié geveerde vriende ter wêreld.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Genadiglik het Cites nou die internasionale handel in African Grey’s die afgelope naweek verban.

Gideon ·

Ek dink dit was ‘n dom besluit!! Nou gaan daar nie meer waarde wees vir die voëls nie, so dié wat gevang word gaan opgeëet word. Vriende van my het in Gaboen gewoon en die dooie African Greys het aan stokke gehang langs die strate wat mens kon koop om te eet!!

Cindy ·

Asof ons nie reeds genoeg korrupsie het nie gaan ek nou my gaai agter slot en grendel moet hou. Wat gaan van al die klaar geteelde babas word? Gaan mense hulle nou na die swart mark wend?

Magriet ·

Net gister het ek gekyk op gumtree waar ek bly of ek nie so n ou pragtige African Grey voëltjie vir my kan koop nie. Wou dit al jare doen, maar omdat hulle baie aandag moet kry het ek maar altyd gelos en nou is die tyd reg, maar groot was my skok toe ek sien waar ek bly kos hulle $4500 en daar is selfs van $7000?. So nou ja, daar het n droom gesink. Gans en al te duur vir my. Sal maar eerder n budgie van $35 koop.

Johann ·

Ek sien twee kommentare hier bo wat Cites se besluit kap. Dit is juis as gevolg van die internasionale handel wat die vraag bly stimuleer en daarom is die African Grey dus al in sy natuurlike omgewing bykans heeltemal uitgewis. Cites het die besluit in die belang van die papegaai gemaak en nie mammon ge-eer nie.

So het Suid Afrika nou weer met hul teenkanting teen die status 1 van die olifant gestem en nou sal sy saam met daardie ander sien hoe die olifante uitgejag word.

Johann ·

Ons sal sien watter besluite nou in die week deur Cites nog oor die renoster en leeu geneem gaan word. Kom Afrika, bring jul kant!

Eric ·

Ek dink cites sit pot weer mis daar is soveel van hul in privaat besit hoekom sal hul nog in natuur gevang word?? Die in natuur word geeet die sogenaamde bushmeat en as mense met hul boer word hul mos meer

Jakobus ·

Kan dieselfde redinasie met olifante, leeus en renosters gevolg word, of het elkeen sy eie ‘rede’ waarom daar met hulle ‘geboer’ moet word? Ook al die ander diere en plantspesies wat op Cites se verskyn, meeste, by verre, as gevolg van die mens se inmening in die natuur.

Dit is net ironies dat Suid Afrika so geweldig baie vir die African Grey omgee dat ons die grootste uitvoerder daarvan in die wêreld geword het, en dit van omgee, dit het kamma niks met geld te doen nie, maar als in die naam van bewaring, dit klink so bekend. (Leeus, renosters, jy noem dit, waar daar geld te make is, is dit in die naam van bewaring.)

pieterdp ·

Ek lyster en kyk. Groot is my skok om te sien hoe daar op die wa ge spring word.

Maar die grootste probleem is dat die habietat waar die voeils vandaan kom vernietig word op groot skaal. Hoe kan die spesie voor bestaan as hul uie habietat nie meer bestaan nie.

Wat bly oor ? Dan moet hul maar in gevaneskap bewaar word .

Tronkstraf gekry ·

Wat het die arme papagaaie verkeerd gedoen dat die mensdom hulle in hulle natuurlike habitat arresteer en hulle in klein tronkies opsluit??

Cheryl ·

Nee dit sal eerder vir jou sin maak laat hul gevang en ge-eet word ne?

KarooKlong ·

Daai vole kan skinder ook.
Gehoor van een wat aan die kerk geskenk was en die Sondag toe herken hy die Dominie en drie van die Ouderlinge.

Speedguard ·

Hy was geskenk aan die kerk van ‘n kroeg wat sy deure gesluit het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.