Video: Paralimpiese Spele 2016: SA kry eerste goud

Kevin Paul. Foto: Wessel Oosthuizen, Team SA.

Kevin Paul met sy goud. Foto: Wessel Oosthuizen, Team SA.

Die swemmer Kevin Paul het Suid-Afrika se eerste goue medalje op die eerste dag van die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro ingepalm.

Paul (25) het die 100 m-borsslag gewen in ʼn tyd van 1:04.86. Dit is Paul se tweede goue Paralimpiese medalje waarmee hy kan spog. Hy het sy eerste een agt jaar gelede in Beijing verower.

Paul is oorpronklik van Port Elizabeth, maar woon nou in Pinetown, KwaZulu-Natal, waar hy deur Graham Hill afgerig word. Hy is gebore sonder pektorale spiere aan die linkerkant van sy bors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

bendons ·

Mooi gedoen.
Meroela isjulle feite reg oor K Paul.
Is hy nie van die Weskaap nie.
Vra maarnet.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bendons

Dankie vir jou navraag. Ons kan bevestig Kevin is definitief oorspronklik van Port Elizabeth.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sarie ·

BAIE GELUK Paul… PRAGTIG!!! Ek is bàie trots op jou. Jy is ‘n pragtige jong man… Hou sò aan.. xx

Delia ·

Baie geluk Kevin, jy maak ons trots….!!
Alle voorspoed en sukses vorentoe!

Karma ·

Maar dit lyk dan nie of dié outjie gestrem is nie; hoekom neem hy aan die Paralimpiese Spele deel en nie die gewone Olimpiese Spele nie? Hy swem vir my baie goed!

E.K. ·

Uitstekend! Baie, baie geluk – SO trots op ons paralimpiese atlete. Sterkte vir almal, ek WEET sommer hulle gaan weer ‘n streepsakvol medaljes terugbring!

Marianne ·

Yes boytjie!!!!
Dis hoe dit gedoen word!
Die hele land is trots op jou!!!

thea ·

baie baie geluk, hoop net hy kry dieselfde aandag van die media en borge
moet ook geld kry, en n motor??? goud is goud
hy werk net so hard so die gewone atlete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.