Video: Parlement-vuisgeveg met selfoon afgeneem

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Foto: Twitter

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Die video volg onderaan die berig. Foto: Twitter

Beeldmateriaal van die omstrede vuisgeveg Donderdagaand in die Nasionale Vergadering (NV) is op YouTube gelaai.

Vuiste het geklap toe lede van die polisie se openbare-orde-eenheid in die saal ingestorm het.

Die polisie is ontbied nadat Ngwanamakwetle Mashabela, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), geweier het om die podium te verlaat. Sy het president Jacob Zuma tydens ʼn debat as ʼn “dief” beskryf en geweier om haar uitlating terug te trek.

Polisielede het kort hierna opgedaag en haar aan haar arms begin trek. Sy het glo geskree dat hulle nie aan haar moet raak nie.

LP’s van die opposisiepartye was woedend en het tot Mashabela se verdediging gekom. Die vuiste het begin klap toe polisiebeamptes glo die LP’s van die DA en EFF gestamp het nadat hulle tussenbeide probeer tree het.

Die beeldmateriaal wys die onderonsie tussen parlementariërs kort nadat Mashabela uitgeskop is. Die regstreekse uitsending van die parlement is net voor die selfoonvideo afgesny.

Van die LP’s beweer dat die polisie verskeie politici aangerand het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alwyn Beetge ·

n Dronkparty by n sjebeen is meer ordelik as hierdie.

Riaan Slabbert ·

Is julle dan ontsteld hieroor? Ek is Gaande hieroor :-)))))))

Wil weet ·

Dan regeer SULKES ons land! Weereens bewys SA is net n sirkus. Buiteland kan nie meer daaroor twyfel nie.

se net ·

Absoluut n sirkus en die hele wereld lag vir ons.Ruk julle reg en doen julle werk in die parlement dan sal dit ook beter met ons land gaan.

catryn ·

My tone krul om – kry vir julle pappies en mammies ten minste is julle nou wakker wonder wie het die meeste houe geslaan en wie was eerste platgeslaan :) hahaha wens ek was ‘n vlieg op daardie flippen muur

catryn ·

Niekie moes nou daar gewees het, ten minste kon hy die geveg uitgesaai het – of probeer het weet nie of hy almal se name ken nie

Joan ·

Om te dink hulle is veronderstel om die land te regeer. Pateties

CJ ·

Ons het nie so veel opwinding in ons parlement nie. Lyk soos n baargeveg. Hahahahahahah. In ons parlement sukkel hulle om hul oe op te hou of daag glad nie op nie. Sal nogal snaaks gewees
het as die geveg uitgesaai was soos in n boksgeveg.

marie Steyn ·

Ek is mal hieroor! Nou kan hul op Nasionale TV sien, hulle is neandertals en kannie n land regeer ni! GOEIE WERK!!

Hendrine ·

“Van die LPs bewer dat die polisie verskeie politici aangerand het”, maar het hulle dalk vergeet om by te voeg dat van die sg “beskaafdes” een poliseman (een van hul “eie”) se hande agter sy rug vasgehou het terwyl ander hom met die vuiste toetakel en sy uniform skeur?

Anna botes ·

Ag Dis nie so erg nie, in Japan gooi hulle mekaar met stoele in die parlement! , maar die gaos is ontstellend. Lee kantiene maak n Groot lawaai!

Maggie ·

Ja nee tot Parlement is n gemors!! Ons land is n sirkus!! Hoop wereld sien dit. Dit is nie meer lank nie dan gaa alles in duie stort! Ai ons arme pragtige land het in vullis hoop, en enige slegte naam wat in jou opkom verander!

Regi Marais ·

Laat my aan Watson se uitlating dink waar hy gese het hy voel lus om op sy springboktrui te kots.Dit was nie mooi van hom nie,maar mens voel nou so oor ons parlement.Skokkend gebrek aan opvoeding.

LF Sharp ·

Dit is die begin van die einde van ons parlementêre stelsel soos ons al die jare gewoond was.
Indien dit so voortgaan sal die publiek die Konstitisionele Hof moet nader om die parlement te ontbind.
Die MP’s doen in alle geval NIKS vir die publiek nie.
Hulle ontvang net vet salarisse om te sit en slaap.
Vervang die parlementslede met kundige persone. Die huidige MP’s is ‘n klomp sirkusnarre.

julray ·

Die mos nie iets nuuts nie…..Op 6 September 1966 was daar dan ‘n messtekery in die parlement. Ons land was toe ook ‘n sirkus. Geskiedenis het seker maar ‘n manier om homself te herhaal.

George ·

zuma en sy gevolg is n skande vir ons mooi land met. Die speaker heel voor

Charlotta ·

Wat n grap, het hierdie parlement van ons, nie geword nie……wonder wat die Buiteland van ons dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.