Video: Party brand SAKP-vlag vir Derby-Lewis

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Front Nasionaal het Vrydag ʼn vlag van die SAKP voor die departement van korrektiewe dienste in Pretoria aan die brand gesteek tydens sy betoging om Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool te eis.

Derby-Lewis is met kanker gediagnoseer en het na verwagting net ʼn jaar oor om te lewe.

Die party, Derby-Lewis se regspan en ander ondersteuners het op 12 April ʼn memorandum aan die departement oorhandig, maar niks het daarvan gekom nie. Sy regspan het weer ʼn aansoek vir mediese parool by die departement ingedien.

Die departement sê hy is bewus van die aansoek en dat die nodige prosedures gevolg word.

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir die moord op die destydse SAKP-leier, Chris Hani.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ina

Dankie Front Nasionaal vir jul omgee wat betref Meneer Derby-Lewis. Dit is onmenslik om hom ordentlike mediese sorg te weier.

Daleen

Dis goeie nuus, ek hoop regtig daar sal nou dringend aandag aan gegee word.

Shannon

Geagte Dr Roodt, ek het u al baie in die verlede gekritiseer i.v.m. u politieke aspirasies en spesifiek ook i.v.m. die Derby Lewis aangeleentheid. Ek voel dit moes lank terug reeds in `n netelige aangeleentheid vir die regering geword het. Hier het u gedemonstreer dat u bereid is om vir hierdie saak op te staan in die publiek. Dit kan, soos u seer sekerlik ook weet, `n punt van samesnoering word en dalk die katalis wees vir baie meer. Dus, ek wens u geluk en aanvaar asb. my opregte dank. Soos ek reeds lankal al terug op u werf dit… Lees meer »