[Video] Parys-boere: ‘Ons hoop die waarheid sal uitkom’

‘n Skermskoot uit die insetsel.

‘n Reeks stemboodskappe het vandeesweek opspraak gewek in die hooggeregshof in Parys tydens die moordverhoor van ses mans van die distrik. Ses beskuldigdes word aangekla weens die dood van twee mans wat verlede jaar op ‘n plaas in die distrik aangerand is.

Anton Loggenberg (50), Cor Loggenberg (20), Boeta van der Westhuizen (46), kapt. Henk Prinsloo (47), Loedie van der Westhuizen (19) en Miela Janse van Vuuren (23) word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Jubeba. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere in die gemeenskap wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leahim ·

Nou verkoop hulle mekaar uit ou boere manier my oupa het my vertel hulle het dit in die oorlog teen die engelse ook gedoen toe word een van hulle staatspresedent en verraai hulle almal

Pieta ·

Waar is die aanvallers en moordbendes van plaasaanvalle? Vertel ons hoeveel is al aangekeer en wat van hul geword het. Of stel die media alleen in wit aangeklaagdes belang?

marianne ·

Wie sal saam met ons staan, as ons teen mekaar staan. Dis ‘n eeue our gewoonte, nie eens die Voortrekkers kon saam staan nie…. BOERE volk julle kniehalter julself.
Ons moet as boere en JA my familie boer in die Suid Oos Vrystaat, saam staan, mekaar ondersteun en beginadig wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.