Video: Parys-boere sal hul weergawe gee

‘n Skermskoot uit die video.

Die ses mans van die Parys-distrik in die Vrystaat wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, sal oor die volgende drie weke die geleentheid kry om hul weergawe van die gebeure aan die hof voor te hou.

Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die saak het Maandag in die rondgaande hof in Parys hervat en Boeta is vandag eerste na die getuiebank opgeroep om sy getuienis voort te sit nadat dit nege maande gelede kortgeknip is. Die verhoor is van 28 Januarie tot 15 Februarie op die hofrol geplaas wanneer die ses mans elkeen ʼn kans sal kry om hul eie weergawe van die gebeure op 6 Januarie 2016 te gee.

Ruth Qokota, Tjixa se ma, het Maandag aan eNuus gesê die familie wil afsluiting hê en die hofsaak agter die rug kry.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christa ·

die mense wil kastig almal afsluiting he, maar dink hulle nie die agtergeblewendes van plaasmoorde wil ook afsluiting he nie. Hulle oortree bewustelik op ander mense se eiendomme maar dink hulle het die mag om te maak soos hulle wil

Christo ·

Dis net n jammerte dat plaasmoorde en aanvalle nie dieselfde padjie loop as die saak nie. Kyk hoeveel van die ander landbewoners gaan nou weer n probleem met die wit vroue regter he. Ons land beskerm die aanvallers nie die slagoffers of hul gesinne nie. Dis tragies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.