Video: Passasiers spring uit brandende bus

Die uitgebrande bus. Foto: Rescue Care

Buspassasiers moes Maandagaand inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, sê dié ambulansdienste is omstreeks 18:00 saam met verskeie ander nooddienste na die toneel ontbied. By hul aankoms het hulle die bus reeds in ligte laaie in die pad aangetref. Passasiers en omstanders het verslae staan en kyk hoe die bus deur die vlamme verwoes word.

“Die bus was vol passasiers toe die voorval gebeur het, maar net ongeveer tien passasiers is beseer. Die beserings was gering – meestal mense wat vir rookinaseming behandel moes word of passasiers wat kneus- en skaafplekke opgedoen het toe hulle uit die bus uitgespring het om aan die vlamme te ontsnap,” sê Jamieson.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale en klinieke geneem is.

Jamieson sê hoewel die oorsaak van die brand nog nie bekend is nie, word vermoed dat dit deur ʼn meganiese probleem veroorsaak is. Hy het bevestig die bus was nie in ʼn ongeluk betrokke nie.

Die M1 is vir ʼn geruime tyd gesluit terwyl owerhede op die toneel besig was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Susan ·

STEM SAAM. nie omdat ek wou sien hoe die mense uitspring nie, maar om die waarheid oor die video weer te gee.

Stuiwer ·

Vergeet van die opskrif! ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig. Wees eerder dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie.

Chris ·

Ja en as hoërskool seuns baklei is Lesufi geskok om te sien ander staan net en toekyk en haal hulle nie uitmekaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.