Video: Pastoor ‘herstel goed’ ná spieshengelongeluk

Connie Hallowell kort na die voorval.

Connie Hallowell, ʼn pastoor van Umkomaas in KwaZulu-Natal, sê dit gaan “baie goed” met hom nadat hy Vrydag met ʼn spiesgeweer in die kop geskiet is.

Foto’s van Hallowell (48) wat op die strand sit met die spies duidelik sigbaar waar dit reg deur sy kop gegaan het, is wyd op sosiale media versprei.

In ʼn video wat gemaak is van Hallowell wat in sy hospitaalbed in Pietermaritzburg sit, is daar skaars ʼn teken van die grusame besering wat hy opgedoen het. Hallowell lyk in ʼn positiewe luim waar hy uit sy hospitaalbed gesels en mense bedank wat vir hom gebid het.

“Dit gaan baie, baie goed. God het beslis ʼn wonderbaarlike ding daar gedoen,” sê hy. “Ja, alles gaan goed. Ek is besig om te herstel. Sien uit om julle binnekort te sien.”

Maroela Media het vroeër berig Hallowell is Vrydag tydens ʼn spieshengeluitstappie met sy spiesgeweer in die kop geskiet. Ander hengelaars op die strand by Scottburgh het Hallowell, met die spies nog in sy kop, uit die water gehelp.

Hy is van daar per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

‘n Skermgreep uit die video.

Hallowell se vrou wou vroeër nie kommentaar oor die voorval lewer nie, maar Hallowell het aan die Sunday Tribune gesê dit is die eerste keer in ʼn dekade van skubaduik dat hy beseer is.

Hallowell het aan die koerant gesê hy was besig om kreef uit te duik toe die voorval gebeur het. Hy vertel hy het sy spiesgeweer neergesit om sinkers uit die rotse te haal. ʼn Groot golf het oor hom gespoel en hy het probeer om weer sy geweer te vat en in daardie oomblik het die sneller afgegaan en die spies het hom in sy gesig getref. Hy sê hy het nie onmiddellik besef wat gebeur het nie, en eers toe hy sy kop probeer beweeg, het hy besef die spies is deur sy kop.

Hallowell het wonderbaarlik geen permanente skade ná die voorval oorgehou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

leser ·

afgesien van geluk is dit die Here wat jou gehelp het met die ongeluk, ek dank die Vader saam met jou dat Hy jou bygestaan het met die voorval
sterkte met jou genesing

Bloudromf ·

Die pyl het maar net geen fatale skade aangerig nie. Niks met die Here te doen nie. Sou hy dood gewees het was dit Sy wil.

Afrikaner ·

@Bloudromf BESEF JY WAT JY SE? WEET JY WAT JY SE?

ek dink jy het tyd in jou binnekamer nodig.

Andrew ·

You sir,…still have a beautiful task to complete in this life…much strength and Christs magnificent healing to you!

Gaitsigubib ·

Koos is n kop nie gewoonlik die ding wat op n nek sit nie?

Voor of agter ·

Nou Koos waar is n mens se gesig. Op jiu kop of op jou whatever. Maak nie uit nie

Chanelle ·

Satan het probeer sy lewe verwoes en kon dit nie reg kry met die krag van ons hemelse vader nie…. Thank you lord I know it is your work…. The protection you put over your children amen my. heavenly father we love you so so mutch amen

leser ·

@bloudromf
lyk nie of jy baie in God glo nie, alles wat in ons lewens gebeur word deur die Hand van Christus Onse Here en Vader gereel, selfs omdat jy hier is

Nika ·

@tg, lees die berig weer: kreef uit duik nie skiet nie, hy het sy spiesgeweer neer gesit sonder om hom veilig te maak.

wet ·

Bly dat hy hy ok is maar klink baie nalatig. Mens haal die spanning van die rek af as mens nie skiet nie. Daai ding is soos ´n gelaaide geweer en kan enige iemand in die nabyheid baie skade aandoen

Neptinus ·

Maroela, ‘n mens mag nie vis skiet of kreef uitduik terwyl jy skuba toerusting gebruik nie. Hy het seker gesê “snorkelduik” en nie “skubaduik” nie?

Die Calvinia Skaap ·

Ek weet van n ou waar die loop van die spies geweer gebreek en en dit teruggeruk het en hom binne sy mond en keel getref het. Hulle moes n gat in sy windpyp sny sodat hy kon asemhaal.
n Spiesgeweer is baie onstabiel wanneer gelaai en kan sommer net afgaan selfs met veiligheids aan

Stormrider ·

Baie bly die pastoor is OK. Net ‘n interessante feit, volgens wetgewing mag mens nie spies-hengel met skuba-toerusting nie, daar is swaar boetes. Sterkte!

ChrisE ·

Ek lees die kommentare van die onderskeie persone nav die berig. Ek wonder toe by myself waar en wat het in ons lewens skeef geloop. Die man is met ‘n pylgeweer deur die gesig/kop of wat ook al geskiet. Dit is voor die hand liggend ‘n ongeluk, hy sal hom wragtag waar nie self skiet nie. Of hy agterlosig was of nie, dit is nie ter sprake nie. Dit is hoekom ons in die land swaar kry en nog erger swaar gaan belewe. Ons menslikheid vir mekaar is weg. Ek het nie ‘n saak met jou of jy ‘n gelowige is of nie. Dit is jou saak en of verlies. Dit gaan hier om menslikheid. Respek vir jouself en liefde geneëntheid teenoor jou medemens.

Ria Visser ·

Chris ek stem. Mense is so vinnig om fout te soek.
Sterkte aan die pastoor. Sal sekerlik gou weer op die strand wees.

wet ·

soos ek gese het, ek is baie bly vir sy part dat hy ok is. ´n´´ Ongeluk´´ wat gebeur agv nalatigheid is nie ´n ´´ongeluk´´ nie. Dit is die gevolg van nalatigheid. Dit vat geen menslikheid weg om die oorsaak van die ´ongeluk´´ uit te wys nie. Niemand is perfek nie en soms is ons nalatig maar soms maak ons ook foute.

B ·

Dis maar die arrogansie wat saam met die ‘eie-ek’ kom Chris.

Ai ·

Ons almal wil geseën word, maar ons eie ek het oorgeneem. Niemand gee meer vir mekaar om nie. Sterkte Pastoor die Here se Genade is Groot.

Jan Greeff ·

Daar is erens fout, die berig verwys na scubaduik wat die gebruik van ‘n spiesgeweer onwettig sou maak, maar daar is geen scubatoerusting in die foto nie, slegs snorkeltoerusting. Dan kry die satan krediet vir swak geweerdissipline – hy geniet dit seker, veral aangesien hy verslaan is en geen mag meer het nie behalwe om te mislei en belieg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.