Video: Paul Kruger-standbeeld met petrolbom gegooi; EFF-lede na Uniegebou

Skermskoot uit die video.

Skermskoot uit die video.

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag saam met duisende ondersteuners na die Uniegebou beweeg om pres. Jacob Zuma te “dwing” om te bedank.

Die polisie het minute nadat die betogers by die Uniegebou aangekom het, met rubberkoeëls op hulle losgebrand.

Die betogers het na die Uniegebou beweeg nadat Malema hulle op Kerkplein toegespreek het. “Alles waarvoor die EFF geveg het, is deur die hof toegestaan,” het Malema gesê met verwysing na die hof se bevel dat Thuli Madonsela se staatskaping-verslag vandag bekend gemaak moet word.

Malema het gesê die EFF gaan voort met die nalatenskap van anti-apartheidsfigure Chris Hani en oudpres. Nelson Mandela. Hy het ook weereens ʼn beroep op die party se ondersteuners gedoen om oop grond te beset.

“Moenie bang wees nie, ons sal nie stop voor ons grond kry nie. Ons veg want Zuma ondermyn Afrika-leierskap en projekteer swart mense as onbekwaam om die land te regeer.”

ʼn Petrolbom is intussen na Paul Kruger se standbeeld gegooi. Dit is nie duidelik of dit voor, ná of tydens Malema se toespraak gebeur het nie. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, kon dit nie dadelik bevestig nie en het gesê die metropolisie reageer tans op verskeie sporadiese tonele waar betogers amok maak.

“Ons sal binnekort ʼn verklaring uitreik van al die probleempunte, sodra meer inligting van al die rolspelers ontvang is,” het Mahamba verduidelik.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, kon ook nie dadelik die voorval bevestig nie. “Die polisie het nog nie die brandweer na Kerkplein ontbied nie. Maar as dit ʼn petrolbom was, sou dit ʼn groot vlam veroorsaak het en vinnig weer uitgebrand het.”

Die omvang van die skade aan die standbeeld is nie onmiddellik bekend nie.

ʼn Facebook-gebruiker het die video van die gebeure gemaak. In die volgende video is die toneel, waar die standbeeld brand, op omstreeks 1:00 te sien:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Thea Dreyer ·

All educational / historical monuments and institutions getting destroyed. Who must pay for this? Lock them up they are they endanger peoples lives and damage private property. Why are they allowed to commit crimes and get away with it? What good will come from this violence?

m ·

Wat het Paul Kruger se standbeeld nou te make met Zuma wat moet gaan. Hierdie mense soek alweer enige rede om af te breek en te verwoes.

se jou ·

Paul kruger=wit=apartheid=verkeeed. Neem kennis ek se net wat malema probeer dink

Frikkie ·

Dankie aan die knaap met die mikrofoon wat nie die nonsens toegelaat het nie! Jy kanie n land se geskiedenis vernietig om voorentoe te beweeg nie! So dankie!

Esta ·

Presies!!!!! Waarom alles beskadig wat nie aan hulle behoort nie ag nee man!!!!
Pleks dat hulle die weermag inroep en skoonmaak onder die klomp!!!!.

Koos ·

Baie voormalige weermag lede of fb groep “We wore browns – We were soldiers” – maar lyk my 90% van hulle bly in die buiteland.

Karma ·

Kyk nou dié spul se optrede en dan sê iemand weer vir my die studente wat so betoog (petrolbomme gooi, geboue aan die brand steek, relings afbreek ens. ens. ens. ) is NIE EFF-lede NIE???

JC ·

Hulle is Karma, hierdie rooi afferes is verantwoordelik vir al die nonsens!!

pieter ·

Hou vir Malema en die EFF aanspreeklik vir al die skade wat vandag aangerig is want dit is duidelik EFF skollies wat dit doen.

johann barnard ·

De klerk kyk mooi wat is oor van jou demokratiese land,net mooi niks.

Gautvol ·

Ja nee ek stem 100% saam dankie ou klerkie jy het vir ons soo n mooi toekoms na gelaat…..

Ekke ·

Hulle soek grond…was die naweek op ons plaas wat hulle 35 jaar gelede ons boere gejaag het en grond gekoop met minimum bedrag. Daar is net murasies van ons huise ens. Ons ht net 2 plakkershuise gesien…….in n radius van 20km het jy nie eens een gesien loop…..nou vra ek hoekom moes ons oppak en loop vir hulle as dai plase 50 jaar in die famielie was??????

Antares ·

Ek wonder hoeveel ander plase staan leeg wat hulle gesteel het. Dan HET hulle mos grond, hulle moet dit met anc uitklaar en boere uitlos wat produseer.

gatiep ·

Julle is teen malema wat zuma wil uit he maar ook teen zuma wat malema wil uithou?
Ek weet nie meer in watter kant ek in die land is nie seker maar net in my eie kant.
Dit lyk vir my of ons sal moet kies in toekoms of lings of regs daar is nie n in between nie.

Gautvol ·

Hahahaha lekker lag ek nou, jy laat my nou dink aand die engelsman se slagwoord “Rather the devil you know than the devil you dont” either which way blyk dit my dat ons toekoms nie soo n helder reenboog is soos die cANCer dit uit basein na die internasionale wereld nie. Maar dan ook weer met al die gemors wat hulle tans aanjaag is die laaken wat hul gebruik stadig maar seker om los te skeur en die bedrywighede agter dit te ontbloot vir almal om te sien nes die ou koning in sy splinter nuwe pak in Hans Christian Andersen se meesterstuk – The Emperors New Clothes. Meanwhile gaan die rooi gevaar geklede mensies asook hulle ex maatjies in Luthuli huis aan soos die baie populere varkies in George Orwell se Animal Farm. Al wat ons tans kan doen is terrug sit die popcorn te gruip en die skouspel dop hou en wag om te sien wie oor bly en dan ingruip. Terloops nog n engelse spreuk woord skiet in my kop in soos ek tik “The enemy of my enemy is my firend”.

m ·

Wonder net wat sal gebeur as ons wittes mandela se beelde begin afbreek en afbrand…………………………………. dan sal daar seker bitter gou plan gemaak word om dit te stop..

P ·

Dit is net die een standbeeld wat hulle het. Al die ander is ons Geskidenis

Antares ·

Verskil is, as jy Mandela se standbeeld beskadig skiet die anc polisie jou dood of word jy van hoogverraad aangekla en die hele wereld wat moorde op blankes goedkeur, is teen jou en jy sal as ‘n aard rassis bekendstaan.

Rick ·

Snaaks hoe Malema dit probeer uitmaak dat slegs Zuma die beeld skep van onbekwame swart regeerders. En ja… dis n jammer die meerderheid van ons ou SADF manne is nie meer in die land nie. Het al baie daaraan gedink dat as hulle ons afrikaner geskiedenis so kan afbreek en verbrand, wat keer ons om dieselfde met hulle geskiedenis te doen. Is daar nie n zulu monument of iets in Kwazulu natal nie? Praat onder koreksie

Magda ·

Ek wonder wat sal hulle maak as ons Nelson Mandela se standbeeld met petrolbomme gooi????

Xander ·

Ja nee, ek stem of hom met verf besmet,dan wat sal hulle nou weer tese het

Chris du Plessis ·

Afrikaners sal NOOIT iets gegun word solank hulle deel is van die RSA politieke bestel nie.

Disselboom ·

Ons is nou so ietwat ontsteld oor ‘n petrolbommetjie onder ‘n standbeeld van Paul Kruger wat nie ‘n halfminuut gehou het nie. Wat doen ons egter met dit wat hierdie standbeeld veronderstel is om ons aan te herinner, soos beginselvastheid, bereidheid tot opoffering en ook strydvaardigheid? Kom ons gooi maar werklike praktiese trots op ons taal en skryfvermoë ook in. Ons praat baie, maar skarrel maar rond met baie praat en min daad in die nuwe Suid-Afrika.

Wilmien ·

Klomp vandaliste…alles moet altyd om hulle verwoes word !!!

Jakobus ·

Soos met die universiteite. Vertel my nou die EFF sit nie daaragter nie. Dis presies dieselfde verwoesting en optrede teen die polisie. Dis anargiste aan die werk. Nou is hulle in hul element want dit is in hul massas wat hulle floreer.

Flippie ·

Dis mos nou ‘n haatmisdaad “par excellance”. Hoekom doen die polisie niks!. Ek wed julle dat as ek Mandela se beeld hier in die Midlands aan die brand sterk, sal die polisie ‘n magtige ondersoek op tou sit om die skulfige vas te trek.

Netta ·

dit is hartverskeurend ons geskiedenis word verwoes, wat bly oor vir ons kleinkinders? van ons geskiedenis as alles moet weg? ons voorouers het ook bloed opgeoffer vir hierdie land

Lila ·

Ek sit nou hier en lees die artikel.. en het maar altyd ‘n ander siening oor die tipe van dinge.. kan jy nou glo dat die arme onskuldige beeld van ‘n afgestorwe afrikaner president en waardige leier steeds soveel irretasies by sekeres veroorsaak dat hul genoop voel om ‘n standbeeld te brand / verf ens.. dit sê vir my dat die minderheidsbevolking in die land steeds meer mag in die oë van die meerderheid.. / eff het.. As ons net sal saamstaan en voet begin neersit!

Ben ·

Julius, sê vir jou mense dat ‘n mens nie met vuur mag speel nie.

humor ·

Disselboom so eg Afrikaans. Jy se hom soos dit moet gese word.

sonnet ·

Mr Mallema please torch your colonial watch, car, shoes and clothing. All done and invented by the so called colonials.
Why does people suffer from complexes,

foxi ·

Ag breek of brand maar die standbeelde af!!!Dis in elk geval dooie goed. Maar julle sal nooit ons erfenis uit ons harte kan neem nie…….dit gaan immers saam met ons graf toe!
Onthou net EFF……grawe n gat vir n ander een…..en jy val self daarin!!!

Alida ·

My hart is bitter seer oor oom Paul. Dit is ons erfnis en die trots vsn Pretoria.

humor ·

Lila ek stem saam. dit is kompleet of daar n onuitwisbare minderwaardigheidssindroom onder sekere mense is en dit laat hul in n onergeskiktheids toestand wat nie maklik daartoe kan lei dat hul deur prestasie hulself op die voorgrond kan plaas nie. Daarom gebruik hul verwoestingsmetodes soos nou aan die orde. As hierdie probleem nie oorwin kan word nie sal daar tot in ewigheid voortslepend anargie heers. Net n waardige leier met n gesonde poitiewe selfbeeld en selfverwesilike drang kan n verandering bring. Ons hoop is gevestig op so n president in die nabye toekoms.

JC ·

Dis ‘n baie goeie punt wat jy maak m.b.t. die minderwaardigheidskompleks, humor.

carlo ·

Die polisie sing duidelik lekker saam want n mens kan daai mannetjies wat oorspring nie mis nie.

CQ ·

Oppas net dat julle nie die BEELD begin aanbid nie!! Dis net n standbeeld! Ja dis hartseer en geskiedenis wat verwoes word, maar SA moet terugkeer na God! Moenie standbeelde en plase en taal en geskiedenis julle afgod maak nie…..

HEVW ·

Ons beleef in hierdie tyd sekerlik een van die mees kritieke omstandighede in ons volk se bestaan wat ons almal se intense oorwegings en betrokkenheid met betrekking tot ons vlokswees, kultuur, geskiedenis akademiese opleiding, welsyn ens. verg. Myns insiens word ons aandag steeds te veel deur oppervlakkige vermaak, genot en dit wat nie belangrik is van hierdie noodtoestande afgetrek. Ons sal ons prioriteite moet herevalueer.

Disselboom ·

Die stories van Paul Kruger-korrupsie is net soos die konsep dat Jan van Riebeeck ‘n land kom vat het asof dit ‘n plek is wat afgemeet, ingedeel en ontwikkel was: in Jan van Riebeeck se saak was hy so kundig dat hy hele stede met regeringsgeboue, kerke en universiteite so goed afgebreek en weggesteek het dat geen argeoloog dit nog ooit weer kon vind nie; in Paul Kruger se geval is die korrupsie so goed versteek dat historici sukkel om dit te beskryf, en daardie “navorsing” nog minder gepubliseer kry. Maar ons raak nou van die punt af omdat iemand iets onsinnig hier kwytgeraak het. Terug na die saak van Zuma en Malema….

Paul ·

Ummm, nee. Paul Kruger se voortrek van sekere sakemanne is welbekend en goed opgeteken – dis geen geheim nie. Hy het byvoorbeeld vir Sammy Marx talle monopolieë (destyds genoem “konsessies”) gegee en ook ander voordele.

Jakobus ·

Mar..la, kom ons doen ‘n toets en kyk of die ene werk. Genade, maar die manne gaan woes tekere.

vermeende ·

Luister na wat die klomp se en kyk na hulle optrede en leer.
Dit is net n beeld van brons, daar kan nog n 100 van gegiet word.
Soos Malema gese het, Zuma staan in die pad van grond onteiening en is net n tydelike vyand.
Wat gaan gebeur die dag wanneer Zuma uit die pad is? dan gaan dit moontlik jou huis wees wat so onder petrolbomme gaan brand.

BoetmanLezi ·

Ek stem volkome saam met CQ. Eksodus 20 wys duidelik oor die afgode en beelde wat mense nie mag aanbid nie. Solank Christene ontmoedig word om deel te wees van lig en sout om euwels teen te staan, sal die satan en sy minions die leemte vul…

Asjas ·

JC moenie spot of ons terg nie :-(
Ek wens dit was so maklik. Ek wens julle kon sommer more oggend vroeg daar wees en Oom Paul laai en bewaar vir ons nageslagte!!
Ek twyfel of julle aangekla sal word …

jan ·

as jy n bom gehad het was jy aangekla vir terorisme . dit lyk my daar isnie meer soiets, of dit nou n petrol bom is of nie dit bly n bom wat skade doen . die persone wat vir antwoordelikis vir sulke dade moet vervolg word en basta

Suretha ·

Asof Oom Paul nou vir Zuma kan sê om die pad te vat, wonder partykeer of hul oopmaak tussen 1+2

Ona ·

Maak nou nie saak wat jou politieke oortuigings is nie. Leer net spel, Afrikaners!! Die spelfoute hierbo, laat my gril!!!

Kriekie Basson ·

Jitte Ona, ek stem 100% saam met jou. Almal baklei oor die Afrikaanse taal maar ek kan nie glo hoeveel spelfoute gemaak word nie. Maar ons is ‘trots’ Afrikaans?!! oh please!!

stoman ·

Wat het zuma elkgeval met oom Paul te doen?! Dit maak op die aaarde geeen sin nie. Plein weg stupid as ek my opinie mag gee.

stoman ·

Gelukkig, die geskiedenis is op geskryf….GEEN mens kan dit verander nie!!!

Manie ·

Waar is die DA nou om mense soos die EFF se sogenaamde leier se opruiende toespraak te veroordeel en klagtes te gaan lê. Of is hulle nogsteeds besig met hulle selektiewe rassisme

Sue ·

Mag dit ons herinner dat Kruger net so korrup was in sy regering as wat Zuma is… jammer ons misken ons eie geskiedenis en kyk bloot in die standbeeld van mag vas…wie weet 100 jaar van nou heet Durban dalk Zumabay en die strate vemoem na elk van sy vroue…en sy standbeeld gaan dalk groter wees… Maar ja…in alle opsigte…laat Zuma waai…wegwaai asb!

Nadia ·

Ironies dat hy, wat reken dat Zuma nie bevoegd genoeg is en onmiddelik moet bedank en afstaan, self nie ‘n goeie voorbeeld is nie.. neem oor en gaan aan met barbaarse maniere wat ‘n grotman sal laat skaam kry.

Ons wat selfbeheersing (partykeer bitter moeilik) beoefen en dinge op die beste manier probeer hanteer met die oog op ‘n oplossing het selfrespek, disipliene en ons is te LIEF vir ons land, GEE te veel om vir ons kinders, ouers en medemens om ooit so aan te gaan!

Koos ·

Orania raak nie aan ons oom Paul nie, hy bly net hier in Pta waar hy hoort. Ek was nog nooit in Orania nie, weet nie eers presies waar dit is nie.

Violet ·

Ons het grootgeword met die geskiedenis van ons helde wat nou so verwoes word, Malema moet oppas en agter hom kyk, dieselfde gaan gebeur met hom soos ons president Verwoerd, daar gaan net een wees wat g@tvol gaan raak, genoeg is genoeg, Malemma het n plan hier kom n oorlog

vytjie ·

om te dink al daai klomp se dag se geld is aan hulle uitbetaal!!!!!!!!!!!!!!!! Om so te kere te gaan oor iets wat van hulle nie eens weet waaroor dit gaan nie. Dit laat mos my borsplate brand.

sarie van heerden ·

Wallis, behoue Engels met Wallies daarby, Hong Kong, Europa, bly nalatenskap van vorige regerings behoue maar in Suid Afrika MOET mense kan vergeet van die insette en uitvindsels wat die vorige regering teweeg gebring het. Waarom? Sulkes sekerlik maar net omdat hul skaam is dat hul niks tot stand kon bring nie. ……. of bewaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.