Video: PE-vrou brand los op rowers

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn 39-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap het met haar vuurwapen op rowers losgebrand nadat sy hulle in die vroeë oggendure in die gang van haar huis betrap het.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die vrou het Dinsdag rondom 02:30 in haar huis in Pari Park wakker geskrik nadat sy geluide in die huis gehoor het. Sy het uit haar kamer gekom en twee inbrekers in die gang sien staan.

“Sy het vir hulle gesê om stil te staan, maar hulle het na haar toe geloop. Sy het toe twee skote met ʼn vuurwapen afgevuur,” het Labans gesê. Die rowers het op die vlug geslaan. Die skote het in ʼn muur en venster vasgeslaan en niemand is beseer nie. Die vrou se beursie met haar bankkaarte en kontant is gesteel.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys egter dat daar drie verdagtes in die huis was. Die vrou se vriend het die beeldmateriaal op YouTube gelaai. In die video kan gesien word hoe die vriend wakker skrik van die skote wat afgevuur word. Hy spring dadelik regop ook met ʼn vuurwapen in sy hand, omdat hy glo daarmee slaap ter wille van veiligheid. Die vrou bly by die trap staan met haar vuurwapen op die deur gerig, terwyl die man die paniekknoppie druk en die polisie ontbied.

Volgens Labans word ʼn saak van huisroof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kyk die beeldmateriaal van die rooftog hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Charles ·

Gelukkig het hul vuurwapens gehad. Sal al hoe meer plaasvind. Ons sluit alle binnedeure. Dis ook n revolver wat gebruik is en nie n pistool nie. Groot verskil tussen hulle.

Charles ·

Mooi so. Dit sal al hoe meer plaasvind. Sluit binnedeure om verassings te voorkom. Dit was n revolver en nie n pistool wat sy gebruik het.

Estie ·

Wel gedaan aan die vrou! Kan nie glo hulle is so voorbarig nie… Dis eintlik scary,… Hoop baie van hulle soort sien hierdie tipe video en sien dat mense meer voorbereid is op ongenooide gaste soos die….

bernelle ·

Well done, hoog tyd dat hul agterkom ons slaap nie sonder sekuriteitsmaatreels of is bang om wapens te gebruik om ons teen die barbare te beveilig nie. Ek hoop net op daai oomblik was sy seker waar haar kerel in die woning was aangesien sy in die donker losgebrand het, dit kon lelik uitgedraai het – handgun competency 101. Sy verdien ‘n flippen goue beker!!! Dit vat guts en beheer om in daai oomblik flink te dink.

Johan ·

Goed gedoen mev maar die persoon wat daardie .38 pistool aan jou verkoop het het vir jou gelieg dit is n .38 rewolwer baie groot verskil.Die laas genoemde bestaan wel

matt ·

Wel gedaan. Ek reken ons almal moet ‘n vuurwapen aanskaf vir veiligheid. CCTV ook! Genoeg is genoeg.

Jakoba ·

Ja ne en jy sou seker in die pikdonker akuraat kon skiet het Korooklong. Ek glo nie jy sou kon nie of is jy “Chuck Norris undercover”

ladybug ·

Julle is altwee verkeerd, een spel verkeerd en ander IS verkeerd, as sy een van daai wetters raak geskiet/dood geskiet het, het sy meer drama gehad as wat sy op altwee haar hande sou kon tel!

Julle het blykbaar vergeet dat die Wet aan die kant van die krimineel is, nie die wetsgehoorsame burger nie.

Jaco ·

Hoed af aan die lid van die skonere geslag.
Ek brand om die kommentaar van enige “Gun Free SA” lede/ondersteuners oor haar optrede te lees en hoe dit ‘n slegte ding is dat sy ‘n wapen besit… toe nou mense, om uit die film Waterboy aan te haal: “you can do it!”

Jakes ·

Stem 100% saam. As sy nie daai wapen gehad het nie was die storie maar net nog ‘n statestiek. Daar is geen argument wat gun-free kan maak wat enige iemand kan laat dink dit sou beter gewees het as sy nie ‘n vuurwapen gehad het nie!

B ·

Suggestions…Get rid of the revolver! Get a glock! And well done to both of you having firearms. Loose the cats and get a protective dog/puppy to deal with the cats. Get proper steel security gates for the windows.. And a security system called “Voice alert”

Adriaan ·

Respek my ou, respek… Moet sê die dame hanteer haarself baie goed, en die ou se kommentaar op video is ook goed…(hy moet darem erens geprys word) Bly julle is veilig.

Knersus D ·

Marine, daai is ‘n rewolwer – pistole het magasyne…
Great vir die vrou – hulle sal volgende keer 2 keer dink!!

jjobson ·

Hierdie vrou vatti – sy moes die skurke se kniekoppe weg geblaas het.

Bianca ·

Ek sien ons werk lekker vir Goodyear?! Tip nr. 1, besoek elke Goodyear verskaffer in die omgewing….

kay steyn ·

Ek is opsoek na n wake, wie kan help? My sel nr is 0735522407. Asb help om myself te verdedig!

Jakob's ·

Al was dit mis was sy meer paraat as haar kerel. As hy aleen was, was hy dalk dood.

SAD ·

When the guy is awoken, he already has a gun in his hand. This and the presence of a CCTV system is clear indication that these people were victims of at least one home invasion in the past.

What a SAD state has befallen South Africa if this is how people have to go to bed! The governing ANC party is literally running this country into the ground.

jacques ·

Wonder wat was vout met my comment ek het niks ergs gese van daai skelms nie?

Filip ·

As sy hulle doodgeskiet het, is sy seker van moord aangekla. Sy het baie goed gedoen om nie te panic nie.

jan ·

Jy is goed -daar moet meer van ons dit doen. Anders gaan ons nie oorleef nie .sterkte

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Jammer vir al die anargie|wetteloosheid wat soos’n al ewige golf van geweld, dood, roof en ernstige verkragtings deur SA, ons mooie land woed. Hoe verduidelik ek wat nou ‘n permanente inwoner van die VSA, is aan voornemende toeriste wat gaande is, in my land. Welgedaan. Al die wetsgehoorsame burgers is, moeg om deur hierdie skrumminkels gevange gehou te word.

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Jammer vir al die anargie|wetteloosheid wat soos’n al ewige golf van geweld, dood, roof en ernstige verkragtings deur SA, ons mooie land woed. Hoe verduidelik ek wat nou ‘n permanente inwoner van die VSA, is aan voornemende toeriste wat gaande is, in my land. Welgedaan. Al die wetsgehoorsame burgers is, moeg om deur hierdie skrumminkels gevange gehou te word.

Nefie ·

Lyk of sy net in die donker in lukraak vuur? En dan natuurlik mis skiet.
Maar wat my die meeste beindruk is dat hulle in aparte kamers slaap ;-)

neelsie ·

Met twee honde in die huis en n staalhek in die gang voel ons veilig.
Moenie van julle wapens ontslae raak nie!
Wees verantwoordelike vuurwapen-gebruikers.
Bravo vir die dame.

Lin ·

NIEMAND gee EERS MEER OM of dit ‘n .38 pistool of revolver is nie , Ek leer OOK NOU om met die .38 revolver TE skiet …….genoeg is genoeg , Hoekom het die Skelms nog steeds die trappe geklim as sy gewapen was? Seker gedink SY Maak of Sy Gaan skiet !! Sy het Al my respek , mans leer JULLE vrouens vir self verdediging , Ons MOËT Dit self deesdae doen !!

Chris ·

Doodreg so vat hulle vas. Daar moet meer mense dit boen, maar soos hulle verandwoordelike vuurwapen gebruikers. 10/10

ria ·

Ek dink net sy moet vir skietlesse gaan – so ‘n kans kry mens nie elke dag nie. Hulle het by haar weggekom maar wie sê die stomme mense by wie hulle hulle plundertogte gaan voortsit, gaan nie erger daaraan toewees nie.

Lettie ·

Ek gaan seker gestenig word, maar nadat ek die video ‘n paar maal gekyk het, is daar ‘n paar dingetjies wat nie vir my sin maak nie. Kyk maar self, ek is dalk verkeerd.

Carol ·

Fantasties, ons sal onsself moet beskerm, watter reg het hulle om die huis binne te gaan en nog daardie tyd van die dag? definitief nie om werk te soek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.