Video: Pedal Power eis vinnige optrede ná fietsryongeluk

Skermgreep uit die paneelbordkamera-video wat Crime Watch op YouTube gelaai het van die ongeluk op 15 November 2016 in Christiaan de Wetrylaan, Johannesburg

Skermgreep uit die paneelbordkamera-video wat Crime Watch op YouTube gelaai het van die ongeluk op 15 November 2016 in Christiaan de Wetrylaan, Johannesburg

Die Pedal Power Association (PPA) eis vinnige en beslissende optrede deur owerhede ná ʼn Gautengse fietsryer, Darren Fitzgerald, vandeesweek deur ʼn minibustaxi omgery is.

“Ons het die ergste verwag toe ons die video vir die eerste keer gekyk en nie geweet het wat gaan gebeur nie,” het Robert Vogel, uitvoerende hoof van PPA, in ʼn verklaring gesê. “Ons was telefonies met Darren in verbinding en hy is baie gelukkig om slegs met geringe beserings weg te stap. Hy het ʼn dag lank in die bed aangesterk en was Vrydag weer op sy voete ná die ongeluk.”

Vogel het gesê hulle het ook kontak gemaak met die betrokke owerhede in die nasionale departement van vervoer, die Gauteng-provinsie en die stad Johannesburg. “Ons het die beeldmateriaal vir hulle aangestuur en versoek om hulself vertroud te maak met die saak en die proses te volg. Daar moet vinnige en beslissende optrede en gevolge vir die taxibestuurder wees. In te veel gevalle word fietsryers met minagting op die paaie hanteer, alhoewel hulle meer weerloos is enige ander padgebruiker. Motoriste moet baie versigtig wees wanneer hulle verby fietsryers ry, net soos hulle doen wanneer hulle ʼn ander motorvoertuig verbysteek. Beide is wettige padgebruikers.”

In die video wil dit voorkom of die taxibestuurder reeds ʼn aantal padwette verontagsaam het en heeltemal onbewus is van die fietsryer voor hom. “Die taxibestuurder het ook die lewens van ander motoriste op die pad, sy passasiers en voetgangers langs die pad in gevaar gestel. Statistiek dui daarop dat die getal ongelisensieerde en onpadwaardige voertuie op die pad toeneem,” het Vogel bygevoeg.

“Die tyd het aangebreek vir owerhede om op te tree en verkeerswette toe te pas. Fietsryers is mense met families. Hulle oefen, gaan werk toe, ry skool toe, besoek ʼn vriend, of geniet sommer net ʼn alternatiewe manier van beweging met geen ander beskerming as ʼn valhelm nie.”

Hy maan motoriste om meer geduldig te wees en stadiger agter ʼn fietsryer te ry en slegs verby te steek wanneer dit veilig is, en om dan seker te maak hulle steek minstens een meter ver verby.

“Die PPA is bewus daarvan dat sommige fietsryers ook die padwette oortree, en dat dié seldsame optrede alle wetsgehoorsame fietsryers benadeel. Om veiliger paaie vir almal te verseker, moet almal aan die padwette gehoorsaam wees.”

Die gebruiker Crime Watch het die volgende video op 17 November 2016 op YouTube gelaai. Volgens die beskrywing onderaan die video het die voorval Dinsdag, 15 November 2016, in Christiaan de Wetrylaan, Johannesburg plaasgevind.

https://youtu.be/BrpF6cGilew

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

zoom zoom ·

Taxi bestuurders en hulle vakbond is verheuwe bokant die wet en gereg. Hulle betaal nie boetes nie en ook nie etoll nie. Hulle is untouchable

wilma ·

Owerhede wat moet optree? Wonder net na watter owerhede verwys word. Die hele spul is slapgat en kan self ni onderskei tussen wats reg en verkeerd ni

Buitestander ·

Vra maar net, het bestuurder ‘n geldige bestuurs lisensie?

Johann ·

In n naiewe ooblik glo ek dat die taxi bestuurder wel aangekeer word en wel verhoor gaan word…MAAR realiteit is dat die deel van ons samelewing eenvoudig doen wat hulle wil…VER verhewe bo normale reëls en regulasies en wette! Net NOG n voorbeeld van selfaangewese onaantasbaarheid. Geen respek vir lewe nie!

pieter ·

Hulle maak mos wat hulle wil die land behoort mos aan hulle dan nie.

Ettienne ·

Ek stem saam dat Taxi bestuurders geen respek het vir die wette en ander padgebruikers nie. Ek wil graag vir Mr. Vogel nooi om bietjie ‘n naweek Krugersdorp, Muldersdrift en Magalies omgewing te kom besoek en sien hoe sy fietsry maatjies alle wette ongehoorsaam. Vanoggend op die N14 by Muldersdrift het en meer as 10 fietse op die snelweg gekry. Op die roete van Lanseria na Sterkfontein is daar geel stippel lyne vir fietsryers, dit word nie gebruik nie want daar is mos ‘n bree stuk teerpad waar die motors ry. Vogel sê mens moet stadig agter hulle ry en verby steek as dit veilig is???? Hoekom het hulle dan hulle eie baan wat nie gebruik word nie?? Nee meneer Vogel, ek glo jy is ook een van hierdie fietsryers wat nie motoriste respekteer nie en dan wil huil as jy raakgery word. Kyk so paar weke terug hoe een van jou fietsryers ‘n vroulike motoris en haar man aangerand het toe sy dit gewaag het om haar motor se toeter vir hom te druk.

Smile and Wave ·

Dit is ongelukkig waar, fietsryers wat nie respek het vir mede padverbruikers nie en so hul eie lewe in gevaar stel. Respekteer jouself en jy sal reels en wette respekteer

Du Toit Maritz ·

So as ek die vorige paar Einsteins reg verstaan, kan die taxi maar die fietsryer in die video doodry omdat daar ander fietsryers is wat regs van die geel streep ry? Kostelik! Ek kan net dink watter soort bestuurder-tips julle is met só ‘n houding.

DC ·

Daai Einsteins slaan die spyker op die kop. Fietsryers betaal nie vir die gerief om op hoofpaaie te kan fietsry nie, Anders as motoriste, wat duisende rande per jaar moet betaal vir daardie gerief…. Maar tog ry hulle asof die paaie aan hulle behoort, langs mekaar en met parmantige houdings as jy waag om te toet.

Woutertjie ·

Verkeersreels geld mos nie vir Taxi bestuurders nie. Dis dan ook iets wat die kolonialiste hierheen gebring het.

Gert ·

Mense, mense, verstaan julle nog steeds nie. As dit nie vir ons was wat die land kom beset het en die inheemse mense verplig het om van Westerse vervoermiddels gebruik te maak nie sou hierdie tipe voorvalle nie plaasgevind het nie. Dit sou nog steeds ʼn rustige plekkie gewees het met geen vinnig vloeiende verkeer nie. Onthou net, daardie taxibestuurder verontagsaam reëls wat nie deur hom gerespekteer hoef te word nie want hy het geen deelname in die opstel daarvan gehad nie

Riaan ·

Ekt dit ook raak gesien…maar moet nie kla nie die antwoord van hul gan wees ..hy was van diens af en hyt dit nie gesien nie

gonna ·

ek wil nou nie snaaks wees nie maar asdie taxidrywer oortree het, hoekom is die fiets aan die regterkant?

TL ·

Werklik? Die vermoë om te verstaan en begrip te hê vir wat mens sien is klaarblyklik nie almal beskore nie. Nee kyk. Ek skud my kop

Uys ·

Gonna
Want die raxi ry in die noodbaan waar die fiets “veilig” uit die verkeer ry links van die geelstreep en regs voor van die taxi.
Maak dit nou sin of moet ons dit eendag op n witbord vir jou verduidelik?

gonna ·

noodbaan? dus…. nie n fietsbaan nie. die fietsryers is nooit verkeerd nie uys. nie eers wanneer hulle in n bondel in small kronkelende bergpasse ry nie. dis altyd die motorbestuurder was on daardie draai kom en dan n bondel fietsryers oor driekwart van die padoppervlak vind se skuld dat fietsryers nie agter mekaar aan die Kant van die pad ry soos dit hoort nie.

Uys ·

O Gonna”tjie Piet”
Was di ongeluk in n bergpas
Was daar meer as een fietsryer
Was daar n fietsbaan waar hy in kon ry
En so kan ek asngaan.
Jy ry seker nie fiets nie en laat ook nie kinders toe om fiets te ry nie.
Of jy bly in Nederland waar daar n baan gebou is vir fietse
Dink net bietjie verder as wat jou neus lank is.

Ben Prinsloo ·

Wat gaan hy oorkom? Niks nie, hy is swart en verhewe bo die wet veral omdat hy nog n taxidrywer ook is. Geen westerse reels vir hom, slegs westerse vooruitgang van teerpaaie en voertuie.

Justice ·

Ek bewonder die fietsryer se deursettingsvermoee om te wil of moet oefen op so `n potensieel dodelike pad – ek kan verstaan dat hy moontlik nie `n alternatiewe roete of tydsgleuf het nie. Met afleidings soos selfone, radios, CDs, kinders en passasiers in motors / taxis het ek hopeloos te min vertroue in `n bestuurder se konsentrasie vermoeens en / of ingesteldheid op fietse. Sommige taxi bestuurders se algemene persepsie van spoed, `n noodbaan of links verbysteek verskil ook ongelukkig van wetgewing – ek twyfel egter dat hierdie ongeluk `n geisoleerde geval is – sekerlik `n rooi lig vir fietsryers wat van hierdie roete gebruik maak.

Anti- Fietsry ·

Ek is altyd jammer wanneer mens of dier beseer word. My kommentaar gaan oor platteland.

Ten eerste: `n Verkeersreël het bepaal dat die volgende vervoermiddels NIE op deurpaaie toegelaat word nie. Trapfiets, motorfiets < 50 cc (het later verander na <125cc), trekkers, donkiekarre ens.

Wat het geword van daardie verkeersreël ?

`n F is iets nie geregistreer as `n vervoermiddel nie. Geen lisensie betaalbaar, geen stopligte, geen flikkerligte ens, als wat nodig is om my motorfiets wettig te registreer. Deesdae het Quadfietse enjins van 750cc , met al die nodige ligte en nogtans mag hulle volgens wet ook nie registreer om op openbare paaie gebruik te word nie.

By ingang van Oudtshoorn is `n groot kennisgewing "Stay wide of the Rider 1,5 m "

Ja-well, no fine. Probeer dit op die Mosselbaai pad en raak dan maar gewoond daaraan om aan die verkeerde kant van die pad te ry. Daar is selfs nie eens plek om net 1 meter pad te gee vir `n fietsryer nie.

Gelede vragmotors is so wyd dat daar absoluut geen spasie is om voorsiening te maak vir `n fietsryer (s) waarvan daar hordes van hulle op die pad is.

Indien jy `n sport beoefen wat n gevaar inhou vir jouself of mede padgebruikers, moet dan nie kla indien dit soms skeefloop vir jou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.