[Video] Pelgrimsrus: Sommige sakelui steeds optimisties

Pelgrimsrus (Skermgreep uit eNuus-video)

Twee derdes van die sakeondernemings in die geskiedkundige Pelgrimsrus het hulle deure gesluit. Dis omdat die departement van openbare werke besluit het hulle moet weer tenders indien. Dié dorp is ‘n erfenisterrein en die provinsiale regering besit alle geboue.

Lees alle vorige berigte oor Pelgrimsrus op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Penellope Jones ·

Departement stel nie belang in toerisme nie, nog minder in erfenis.

Dagbesoeker ·

Hulle doen niks om die ervenis te beskerm nie. As jy voor die karavaanpark staan en teen die heuwel uitkyk sien jy hoe misdadigers heeltyd elke dag die skroot uit die ou aanleg (wat klomp historiese geboue is) stuk vir stuk wegdra. Die plek word al vir paar jaar geloot, dit hou aan en die polisie doen niks daaraan nie al weet hulle daarvan.

Hendrik ·

Dit gaan gaan oor tenders en infrakstuktuur soos eers een van die besigste karavaanparke lyk pateties, veiligheid bestaan nie en die irriterende karwassers wat eenvoudig jou Kar was sonder toestemming al die informele stalletjies ens ens.Vir toeriste is dit vreeslik irriterend en bly eerder weg. Die dept is onbevoeg dra by tot werloosheid en gaan ook ly tot een van ons spook dorpe. Net vir info ek ken besigheidsmense daar en kom ook gereeld daar en ken frustrasie

Hans ·

Ek is nie te optimisties oor die oplewing in die dorp nie aangesien die tenderproses al weer verleng is.

laevelder ·

die department van openbare werke weet mos nooit wanneer dit met hulle goedgaan nie. een van die dae is die hele ou pelgrimsrus n spaza.

Johannes van Staden ·

As mens nou n dorp wil sien wat vertrap is is dit die plek …Sabie is ongelukkig ook heelbo aan die lys

Leendert ·

Johannes, ek huil vir my kuierplek, deel van my erfenis. Jy is ook reg wat Sabie betref, bykans onherkenbaar. Die Harleys ry darem nog daardeur. Daar is nie ‘n plek wat die regering nie opgebruik het nie. My hart is stukkend. en weet jy wat? Dit gaan nie hier eindig nie, hulle het geen sin vir waardes en bewaring nie, net geld, geld, geld, geld ……. tot daar niks oor is nie, snuif en as …..

Gideon ·

Alles wat ‘n staatsdepartement oorneem verander in ‘n gemors. Nog ‘n poging om betalende besighede oor te neem onder die naam bemagtiging en dan dit oor te dra na mense wat dit vir eie gewin plunder, maar weinig doen om dit in stand te hou. Moet die parasite nie ondersteun nie.

Johan. H. ·

Het die plek lankal ” Gespur” Die alewige karwassers was die laarste strooie,, En ek is al bietjie dik vir Afrika arts,,,

Lynne ·

Ai, dis jammer! Vir baie jare, baie lekker by Johnny in sy kroeg gekuier! Mense wat nie ‘n sin vir erfenis en die estetiese het nie, kan dood eenvoudig nie die plek waardeer nie! Vermoed hulle wil die plek omskep in ‘n lae koste behuisingsprojek!

Leendert ·

Ek dink terug aan my pa se pa. Daardie tyd het oupa hulle in die dor skaapwêreld gewerk om die kinders in die skool te kry, al het hulle kaalvoet kilometers in die stofpad moes stap, maar hulle het die rieme vir hulself styf gehou, sodat hulle ‘n beter lewe vir die kind kon gee.

My pa was net so, al het hy die geleënthede benut, ‘n hogere pos beklee, homself meestal tekort gedoen sodat hy weer vir sy kinders ‘n beter lewe kon gee. Vandag is ek afgetree, en ek spaar nog, sny die rieme dun om te oorleef, het nie kinders nie, maar sodat iemand dit kan erf en ‘n beter lewe kan hê, dit is aan opleiding bemaak.

Ons het dit nie deurgetrek en die toekoms moes maar self sien en kom klaar nie, die vleis van die been af tot daar niks vir bewaar is nie. Nee, ons sal eerder hongerly, vir dié na ons …

Jakobus ·

Terwyl ons in die Laeveld is, kyk hoe gaan dit by die watervalle, daar waar jy toegang moet betaal, jou deur die stalletjies deur wurm om uiteindelik ‘n uitsig op die waterval te kan kry, teen daardie tyd is jy knorrig verby, want die natuur is nie meer die natuur nie, dit het in ‘n gelmaakplek ontaard. so ook by God’s Window, geen plesier, geen …

Ronel ·

Jacobus ek stem saam. Ons was Aprilmaand daar en ek was bitterteleurgestel in Pelgrimsrus en al die watervalle daarrond en Gods window. Oral moet mens toegang betaal!!! Eken my manwas 16jaar terug met ons wittebrood en toe was dinge nie so nie!!! Baie lekker memories is vernietig deur mense se geldgierigheid. En ja hulle maak geld uit die pragtige natuurskoon van die Oos Transvaal. Baie hartseer.

Stiena ·

So van instellings gepraat wat deur staat oorgeneem word en dan ten gronde gaan…..een van ons banke waarvan Public Investment Corporation nou so groot aandeel het? Guptas wou mos hle eie bank begin het. Moontlik is my verbeelding aant weghol…..

Flintstone ·

Dis ‘n sprekende vb.van wat gebeur wanneer dwase die intellektuele verdryf en dink hulle kan ‘n ingewikkelde infrastruktuur beheer.Voordat die dwase nie self besef (en ek glo nie dit gaan gou gebeur)dat geen inherente vermoë daartoe bestaan,is dit die vooruitsig van die hele land.

Hetty ·

Kry al daai afrika-gemors vd sypaadjies af sodat die plek kan lyk soos in 100 jaar terug gelyk het!

Pelgrim ·

Die konsultante wat saam Jakaranda fm laasjaar daar was het die tendersituasie as die nommer een rede vir die dorp se ondergang uitgewys en het die departement van openbare werke duidelik daarvan bewus gemaak. So die departement was gewaarsku. Maar daardie departement stel niks belang in die welstand van mense nie, net soos die ANC probeer hulle doelbwus om die ekonomie te vernietig.

msp ·

Dit was een van die lekkerste kuier plekke maar ons het ook besluit dis nie meer vir ons nie.

Pelgrim ·

Die betrokke staatsdepartament was hard en duidelik bewus gemaak deur ontwikkelingskonsultante wat laasjaar die dorp besoek het. Hulle het nog genoem dat niks kan gebeur as die staat nie saamwerk nie, het duidelike riglyne gegee wat die staat moes doen wat nie eers moeilik was nie. Maar die staat het besluit om dit te ignoreer.

stefanie ·

Wat maak nog sin in Suid Afrika alles is net bedrog en n geldmaak besigheid dehel met die land maar onthou elke donker wolk het n goue rand

Veritas ·

Stefanie, dit is waar wat jy sê. Elke donker wolk hét ‘n silwer randjie. Onthou egter, dit gebeur slegs wanneer die son skyn en dié, smaak my, gebeur deesdae maar min.

Johann ·

En slaggate. Ek ry nou ‘n tyd gelede, die eerste keer in jare, die Kiepersolpad, na die aansluiting met die Sabie-Hazyview pad, op pad na Bosbokrand, en wat ‘n nagmerrie was dit nie, daar was seker meer gate in die pad as teer.

Wouter ·

Dit is baie jammer wat daar in Pelgrimsrus aangaan. Maar as ons mense die gemors op straat bly koop sal dit aanhou. As niemand hulle ondersteun nie sal hulle self oppak en geepad. Ons was laasjaar daar met ons motorfietse en behalwe vir die mooi omgewing sit ek nie weer my wiele daar nie.

Anta ·

Niks maar niks maak vir ANC regering en sy aanhangsels rerig saak nie.. Hul staan nie op en ry en se ek gaan hierdie geskiedkundige plekkie besoek.. Nee hul ry tot daar braai drink en dans.. Want als is ‘n grap.. As die plekkies nie bewaar word nie en soos mense nou doen in pelgrimsreis wat bly oor.. Ry jy kaap toe, elke dorpie lyk soos ‘n plakkerskamp.. Ek was 20j laas in Natal of by see… Klim jy uit moet jy was hou wat jy in jou hand het.. Dis ‘n gemors.. Ry jy kaap toe lyk elke dorpie al soos ‘n plakkerskamp.. Hartseer!!!

LB S ·

Ek kan jou verseker, Anita, kom net tot in die Wes-Kaap en jy sal ‘n heel ander wêreld sien. Ons omliggende dorpe is pragtig, jy sal nie teleurgesteld wees nie.

Andre ·

Die storie van Pelgrimsrus is, soos die NSA, ‘n manjifieke fiasko.

Johann ·

Lees gerus my skrywe, nogal langerig, hier onder, as Maroela dit gaan plaas. Dis al uitweg wat ek sien.

E.K. ·

Ek het gelukkig net baie goeie herinneringe van Pelgrimsrus. Ons was 25 jaar gelede daar…

BoLANDER ·

E.K. Ek voel ook so, was ook so 25 jaar gelede daar. Het gelukkig ook net goeie herinneringe.

Ansie ·

Ek voel positief oor groei in Pelgrims. Ons was ook teleurgesteld met ons eerste besoek in baie jare, maar ons het intussen moeite gedoen om die mense in die dorp te leer ken, na hul verhale te luister, dinge wat hulle kwel en dit waaroor hulle opgewonde raak, en besef hierdie dorp se inwoners wil daar wees en hulle werk baie hard om n sukses te maak. Daar is baie versteekte plekkies waarvan ons uitgevind het nadat ons positief begin raak het, en begin vrae vra het. Ingangsfooie is belangrik vir instandhouding van besienswaardighede. Ons maak ook n punt daarvan om oor te bly om alles 24/7 te kan beleef. Die vriende wat ons daar gemaak het, is vriende vir altyd, en ons het besef dat dit ons, as Suid Afrikaners, n plig het om Pelgrimsrus te bevorder, verby die negatiewe te kyk en eerder die mooi te soek. Ons is trots “Vriende van Pelgrimsrus”!

Boetman ·

Die kommunistiese staat dink hulle skep werk met hul idiologie. Hulle vernietig alles

graskopper ·

duidelik soon jy nie in pelgims nie ansie. daar om dat jy sulke snert praat en soveel “hoop” vir die dorpie het.jy het ook seker daar in oom Johnny se plek met hom en sy pelle gprastat. het jy gesien JJ het ook onttrek? as hulle nou petrol wil he is dit 15km graskop toe. aan gesien jy so positive oor due dorpie voel gaan maak die garage en kafee weer oop. dit mos volgens jou n goeie belegging.

sabiet ·

Mooi gese graskopper! Miskien het sy gekuier by stables. Deur die garage oop te maak sal van die mense meer positief raak. By gese en die pilgrims rest polisie uit kfc uit hou en op hul poste.

pie van die sky ·

Solank Suid-Afrikaners dink hulle regering kan dit beter doen as die mense self, sal die land bly tot niet gaan. Hoe groter die regering, hoe meer lomp en onbekwaam die amptenare en hoe hoër die belastings op die individu. Dis al ten volle bewys. Dis net n kort tydjie voor alles weggedra is en wie daarna wil huil, beter maar die trane terughou.

Louis Diedericks ·

Ek wil almal wat bietjie negatief is oor Pelgrims, vra om dalk positiewe kommentaar te lewer , want ek dink die situasie moet liewer positief bestuur word as iets anders. Wat pelgrims nou kort is positiewe insette van besoekers oor hoe om die situasie saam met al die inwoners te bestuur. Niemand op die dorp moet uitgesluit word nie, (nie dat ek se dit is wel die geval nie) want dan kan ons maar se “good bye” Pelgrims. Help mekaar selfs oor die kleurlyn, sterkte.

Johann ·

Louis, jy is 100% reg. maar kom ons kyk na die realiteit, ek het die vroeër gesê, wat Maroela nie wou plaas nie, juis omdat dit die realiteit is en ek dit uitlig, want dit is wat die remskoen is, maar as daar nie vir die swart mense direk voordeel uit te put is nie, geldelik, of andersins, sal hulle sodanige inisiatiewe nie ondersteun nie. En deesdae is alle dorpe en stede van dié mense se goedgustigheid afhanklik.

Die verdere realiteit is dat in Pelgrims word die geskiedenis bewaar, waarvan, by verre, die goudsoekers, die meerderheid was, dus blankes, en daar is geen behoefte van die departement om die geskiedenis van wit mense te bewaar nie, nie as daar nie ook enorme voordele in vir die swart mense is nie.

As mense van bv Afriforum, of bv die Voortrekkermonument, en ander geskiedkundige plekke uit die verlede nie betrokke gaan raak, dalk met behulp van ‘n borg, die terrein, daardie hele stuk wat ook die begraafplaas insluit, ook die prospekteergebiede, bekom, opkoop en bestuur nie, sal dit gedoem wees om binne ‘n kort tyd in ‘n spookdorp te verander.

Dus is my roep, kom ons klop by die kundiges van bv Afriforum, aan en daardie instansies wat hulle vir die bewaring van die historiese geboue en plekke beywer om te kyk of hulle kan help.

Johann ·

Nou vra ek vir myself, hoe sit mens kos in die mense, wat oral ‘n geleentheid soek, se mond, in die landelike gebiede varal? Die regering voed al oor die 15 miljoen in die land. Waarom drom hulle saam op plekke waar die ekonomie ‘blom’? Sodra ‘n plek floreer, is hulle daar, het die regering hulle gefaal om daar waar hulle woon geleenthede te skep, te blom?

Ongeag dit sit mens met die werklikheid, waar die gras groen is, sal mense na toe stroom. Watter ander alternatief is daar vir die mense, ook soos vir my, wat in die stad gaan werk het, en nie in die platteland nie? Dan weer, waarom faal die regering die mense, waarom het elkeen nie ‘n plek onder die son?

Of is daar net te veel van ons?

Houtbaai se mense, die wat in informele behuising gebly het, voor dit in die brand verwoes is, so oor die nuus berig, dat hulle na ‘n gebied 30 kilometer daarvandaan, nie ver van die lughawe af nie, verskuif gaan word.

En dit om ekonomiese redes, om die vooruitgang van Houtbaai en die gebied.

sabiet ·

Kom ek gee possitiewe kommentaar. 1. Pilgrims Rest is in swart hande. 2. Die skool kinders sit in hul skooldrag voor die drankwinkel en drink by dis hoek winkel. 3. Die car washers was jou kar sonder toestemming en wanneer jy hul aanspreek daar oor is hul agresief. 4. Die nut sellers smeer besmette en ou neute aan jou af. 5. Die hawkers koop hul gemors vir R5 aan en verkoop dit vir R300. 6. Dat daar kleinkies in die straat dans terwyl die ma agter die geboue le en slaap. So kan ek al die possitiewe dinge uitwys. Asseblief kom by! Net soos daar niks positiew oor die ander dorpe te se is nie glo ek nie pilgrims rest is kanaan en uit gesonder nie.

CHRISTA ·

Ek kan die ANC nie verstaan nie!! Hulle wil land wat REEDS eienaars het van hulle wegneem, maar land wat STEEDS staadsbesit is wil hulle nie onderhou nie – nee hulle wil TENDERS van mense kry om dit te onderhou!! Pelgrimsrust BEHOORT aan die staat, maar hulle laat dit verval en tot niet gaan. Mense wat daar besighede bestuur en werk aan die plaaslike mense verskaf moet TENDERS indien!! Hoe DOF kan hulle nie wees nie? Bestuur dit dan self – hulle WIL mos ALLES Hê!! Tot wanneer Zuma sy mond oopmaak is dit net HêHêHê!!!

Johann ·

Christa, as dit sou kon gebeur wat ek hier bo in ‘n kommentaar geskryf het, dan kan daardie plek tot sy vorige glorie herstel word, die hele gebied met prospekteerdery die lot, dit vir besoekers aantreklik maak om weer in hul getalle te besoek.

Jare gelde was daar soveel besoekers oor naweke, mens het sommer daar, heel aan die begin, en ‘n ent weg onder die eerste beste boom, of sommer in die oopte moes stop, dan af dorp toe stap en daar kuier mens dan vir so ‘n uur of twee, drie.

Indien iemand sou wil belê, kan daar kan mos selfs ‘n grondgebied ‘n ent weg buitekant waar bv ‘n hotel, oornaggeriewe, vermaak, danse, soos in die ou tyd, ens ens aangebied word, tot stand gebring word, waar mense vir ‘n paar nagte kan oorbly en vandaar die omgewing, ook verder noord te verken. Mens kan mos bietjie dink en die gedagtes laat gaan, gesels met die eienaars van die winkels, die wat daar woon, betrek hulle. Dink aan die toekoms, om blywend te bewaar.

Delia ·

Ek was in 1990 van vroeg oggend tot aand daar…..wat ‘n heerlike belewenes!
Wou my kinders aanspoor om Pelgrims ook te besoek, maar na alles wat ek nou hier bo lees, is daardie idee nou van die baan af! Hoe tragies!

Johann ·

Delia, was dit maar so soos jy dit daardie jare ervaar het, maar die tye het saam met die nuwe land verander, Sabie en Pelgrims sal nooit weer dieselfde wees nie.

Interessant genoeg, het Graskop nie veel verander nie, dit is nog maar Graskop, en glo ek dit is omdat die watervalle en Gods Window die mense lok, ook Bourkes Luck kolkgate waar hulle hul produkte kan gaan uitstal en dan toegang tot die uitsig oor die watervalle vra. Mac-Mac poele.

Dagbesoeker ·

Privatisering was verskeie kere al voorgestel maar Public Works wil nie afgee nie want hulle gesinne en vriende kan nou die verlate geboue kry om gratis in te bly. Die ekonome het laasjaar ook voorgestel dat as privatisering nie kan nie ‘n ander staatsinstelling wat goed met toerisme werk soos Nasionale Parke dit oorvat, wat nan baie goeie voorstel klink.

Johann ·

SanParke is ook net op geldelike gewin ingestel, nie bewaring soos ons dit geken het nie. Hulle sal verseker nie betrokke wil raak by ‘n projek soos Pelgrims nie.

Leendert ·

En wat die verlange na die goeie ou dae, wat ‘n pragtige heimwee gesig, sinkdak, die mooie Pelgrims met sy vergete van wat ons was,

omliggende gebiede, grasvlaktes, waar van ons oor die berge vandaan gekom het, gesoek het na vryheid, vroeër met die ossewa getrek het, ontdek het,

later in Pelgrims gedroom het van daardie een groot spoelklip wat ‘n verskil in ons lewe kon maak, rykdom, droom ek drome van ‘n vergete verlede.

En ek bid dat die droom vir ewig bewaar sal word in Pelgrims, mag ons jou nooit ooit vergeet.

Kobus ·

Pelgrimsrus is Afrikaner erfenis. Die regering moet versoek word om die dorp oor te dra aan sy regmatige eienaars, die Afrikaner. Dan kan ‘n trust gestig word om die dorp te bewaar en die dorp kan geherstruktueer word om die Afrikaner geskiedenis uit te beeld. Afrikaners kan belê in die dorp en dit ophef.

Jackii ·

I have had the pleasure of going to Pilgrims Rest and meeting the wonderful people that keep the town alive from sheer pride of it, i don’t think the government should have any say in what or how the town is run and it should be run by the people that live there and maintain the history and try keep the magic alive, surely when it boils down to something as beautifully historic as this its time to take a stand and make our voices heard, if not for the sake of the history that is Pilgrims Rest then for the people who put their lives into keeping that history alive?

lenie ·

vir my n Bron tot kommer is die stalketjies wat York vir die smouse in graskop bou. kosteloos. hulle gebruike munisipale geriewe sonder vergoeding. wat my pla is as die smouse die stalletjies gaan betrek gaan n klomp nuwe smouse net in hulkecplek op die sypadjie kom stalletjies oprig. binnekort gaan hulle begin protestreer en ook baksteen toesluit stalletjies eis. dan gaan York hulle skouers optrek en die dorpenaars sit met die gebakte pere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.