Video: Peperduur whiskey volop by weermagfunksie

Tafels kreun onder duur drank by ‘n funksie van die nasionale weermag. (Foto: Skermgreep/ Facebook video)

Genl. Solly Shoke, nou afgetrede hoof van die weermag, is die afgelope ruk by ʼn rits swierige gesellighede vaarwel toegeroep – maar dit was ʼn video van die tafels wat kreun onder uitsoekwhiskey wat talle mense laat gal braak het.

In die video wat op sosialemediaplatforms rondgestuur word, kan bottels peperduur drank duidelik gesien word waar dit op die tafels uitgestal word.

Bottels Johnnie Walker, Glenlivet, Glenfiddich en Bells kan onder meer gesien word.

ʼn Vinnige internetsoektog na die pryse van sommige van die bottels op die video het die volgende opgelewer:

  • Glenfiddich 15 YO Solera Reserve Single Malt: R829
  • Jameson 18 YO Limited Reserve Irish Whiskey in Gift Box: R1 749
  • Glenlivet 15 YO Single Malt: R899
  • Johnnie Walker Green Label: R819

Die video van die lokaal is glo geneem by die leër se steunbasis in Bloemfontein waar een van die gesellighede – daar was glo ook geleenthede op onder meer Oudtshoorn en Makhado – vir Shoke gehou is.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê die video is ook onder sy aandag gebring.

“Dit is verontrustend. Dit is al die uitsonderlike whiskey-handelsmerke en ʼn skreiende skande dat dít die weermag se prioriteit is,” sê Marais.

Hy het reeds skriftelike vrae oor verskeie afskeidsgesellighede wat glo vir Shoke gehou is, ingedien.

Daar is ook vrae oor uit watter begrotingsitems die drankies betaal is, asook wie dit goedgekeur en eindelik afgeteken het.

“Dit is van die topdrankhandelsmerke en dit staan op elke tafel,” sê Marais.

Hy sê indien die drank vir die funksies geborg was, wil hy ook weet wie die borg daarvoor was.

Marais sê in die lig van kwaai begrotingsbesnoeiings en fiskale beperkings wat die weermag onder groot druk plaas, moet daar gevra word of die funksies – en die drank wat oënskynlik daar bedien is – die weermag se hoogste prioriteit is.

Ingevolge ʼn opdrag van die nasionale tesourie mag die betaling vir alkoholiese verversings nie ingesluit word in die reis- en verblyfkoste van amptenare of departemente, grondwetlike instellings of openbare instellings nie.

Uitgawes vir alkohol mag ook nie geëis word as deel van vergoedbare uitgawes nie.

Luidens die bepalings mag geld slegs aan alkoholiese verversings bestee word by staatsbankette, geleenthede wat gehou word vir die bevordering van Suid-Afrika, sy goedere of dienste, of wanneer buitelandse afgevaardigdes onthaal word.

Marais sê selfs al sou dit die geval wees, moet vrae oor die weermag se bestedingsprioriteite steeds gevra word.

Maroela Media het Dinsdag ʼn navraag aan die weermag gerig en wag steeds op terugvoer.

Posted by Susan Puren on Monday, June 7, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Frank ·

MM, wanneer julle uiteindelik die Weermag in die hande gaan kry, gaan hulle net sê: ” Maar ons het julle herhaalde kere geskakel, en julle het nie geantwoord nie…”.
Dis mos die nuwe norm in SA vir swak dienslewering.

Misky ·

Hulle gaan met een of ander simpel verskoning vorendag kom en alles sal soos gewoonlik onder die mat gevee word

Samuel ·

Geen probleem nie. Die gewone belastingbetalers sal betaal.

Wielspore ·

Hierdie is nie heeltemal iets nuuts nie, ek kan onthou gedurende my diensplig jare (1981) het ons gehelp om ‘n saal in Voortrekkerhoogte vir ‘n weermag funksie op te maak. Die tema was ruimte-eeu en die plek is omtrent blink opgemaak, daar was duisende rolle tin foelie gebruik, ligte ens. Die tafels en stoele met wit oorgetrek en die kos was uit die boonste rakke, kaviaar was ook bedien en dan natuurlik drank, KWV, net die beste, dit alles vir die offisiere en hulle gardes.

Richardt ·

In daardie tyd was funksies gehou en betaal met lede se eie geld uit die verskillende menasie fondse en soms uit die regimentsfonds.
Dit was nie belasting geld nie.
Hou maar die skape en bokke apart, hulle is nie in dieselfde kraal nie…

Madz ·

Ek reken dinge in SA het op daai stadium ietwat beter gelyk…. instandhouding, eskom, paaie, medies, skole noem maar op – ek keur dit nie GOED nie maar die vet weet hoeveel kinders loop KAALvoet skool toe, met leë magies, loopneuse, bo-oor paaie vol potholes ens. en dan lyk ‘n tafel SO? Wat van al die wat agter in die stoorkamer lê en huistoe gedra word NA die funksie!?? Na al die kos natuurlik in ‘n handsak of enige leë ding ingekrap is….

Aai ·

Werk beteken vir die meerderheid niks maar status beteken alles.Dit is wat op die tafels staan hoeveel is by hulle huise?

Sandra ·

En die volk bly in plakkershutte. Mooi man , mooi! Suip julle in julle kanon in.

Johanna ·

MARIE Anoinette her met die Franse Rewolusie gese
“Gee die volk koek…” toe hulle net brood gevra het
Daarna is sy onthoof…
Ons volk se mense en kinders krap in asblikke vir kos en die hoës drink drank wat meer as R800- per bottel kos.
Dit is n SKANDE, VOLKSMOORD!!

Ovelia ·

Defnities ons wat vir dt betaal. Plaas hul di weermag eerder opleiding gee met die geld

Objektief ·

Daar is n video van ANC lede wat hande was met JW Blue label by een van hulle funksies

Persheks Adri ·

Net ‘n vraag: so hou hulle hulle vuurwapens by hulle as die funksies aan die gang is???

Indien dit die geval is moet hulle almal onbevoeg verklaar word vir vuurwapens volgens artikel 102 van die vuurwapen wet!

koos10 ·

Persheks, Weermag lede dra as reël nie sy wapens. SAPS lede wel.

Daniel ·

Kolonialisme het darem voordele ingehou? Glo nie daar sou whisky gewees het as dit nie daarvoor was?

koos10 ·

Kom ons kry eers die feite soos:
Hoekom was ek nie genooi vir die party nie?

Deon ·

Ons het ons self oor n mik gedrinknin 84,85,86 daar in die “army”

Heinrich ·

Nou ja hoekom dan geld mors op koëels en petrol as jy whiskey kan koop…tipies ANC mentaliteit.

Anoniem ·

Kon hul nie maar die duisende spandeer het vir beter opleiding vir die weermag nie.
Gelukkig was ek nog in die weermag toe daar wet en orde was. Toe ons nog Vrydae voor die bevelvoerder op die skaal moes klim om ons gewig te beheer. As jy oor gewig was moes jy uit jou uniform en jy is ‘n spesifieke tyd gegee om weer jou regte gewig te bereik. As jy nie grimering aangesit het nie, is jy teruggestuur baraks toe om te gaan grimeer, vroue was nog vroue in daardie jare.
Goeie ou dae gewees

MakersMark ·

Weermag……wat ‘n grap dis ver van ‘n weermag af. Meer generale as troepe en elkeen probeer net skep so veel as moontlik.

Di ·

Jare terug was die weermag ons trots, nou is dit ‘n sirkus. Party van die lede is SO oorgewig, verslons en het geen trots nie.

DEON ·

Baai baai belasting betalers se geld.
Weereens betaal ons maar net.

Jakes ·

Kyk, drink kan hulle goed doen maar of hulle die land sal kan verdedig betwyfel ek sterk.

marius ·

Why don’t you march when I tell you ?? Because corporal now is June …

marius ·

Gaan kyk maar welke kader het miljoene vir die onthaal gekry .

Genis ·

Nou weet ons waar hulle al die medaljes vandaan kry- Een vir Duur Wiskey Drink en bky staan….

LANA is ELANè ·

Dit is om van naar te raak, die oorvloed vir ‘n groepie uitgesoekte gaste en ek kan julle verseker menigte van die gaste is weg met dit wat oorgebly het in die bottels of sommer vol bottels.
Het die president nie gesê ons mag nie sosiale funksies hou nie, of is dit net die gewone man op straat wat COVID kan kry?

Adam Adriaan ·

Dit is die manier van onbevoegte mense wat deur hulle swier en spandabelrigheid wil verbloem die onvermoeë wat hulle totale lewenswandel omvou en uitbeeld.

Jacobus ·

Die hardehout in die middel is niks anders as “doggybags”. So ‘n skreiende skande!

Strandloper ·

Klink na n bargain….goekoper as om n duikboot uit te brand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.