[Video] Perd ná dae uit stormwaterdrein gered

Die perd word uit die drein gelei. Foto: Netcare 911

Die perd word uit die drein gelei. Foto: Netcare 911

ʼn Perd is Dinsdag uit ʼn stormwaterdrein in Tembisa, tussen Johannesburg en Pretoria, gered nadat dit vermoedelik oor die naweek deur ʼn inspeksiegat geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens die perd se eienaar het die 18 maande oue merrie drie dae gelede vermis geraak. “Die eienaar het na haar gesoek en haar uiteindelik in die drein opgespoor, waarna hy die plaaslike owerhede vir hulp ontbied het,” het Mathe gesê.

Mathe het gesê reddingswerkers van verskeie instansies het Dinsdagoggend vergader om die reddingspoging te bespreek.

“Dit het die reddingswerkers nagenoeg vier uur geneem om die perd te bevry,” het sy gesê.

Die merrie is na die Society for Animals in Distress, wat in Midrand geleë is, geneem vir verdere mediese behandeling en waarneming.

[wpvideo MkQSS90b]

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

DIS NOU VIR JOU GOEIE NUUS, soos per Herman Toerien se Opinie/Bydrae wat ek so pas gelees het. En ja, dit is waar – die mees emosionele, skokkende nuus word die vinnigste opgeraap; die goeie nuus bly maar agter – dit is menslike natuur vir jou, daardie.

Done ·

Waarom is daar n perd in Thembisa? Sover ek weet is daar nie enige stalle of wedrenbane nie, of is ek verkeerd? Of is daar dalk n slaghuis naby?

Willie ·

Hoekom was die inspeksie gat nog oop…net n vraag… want ons grawe maar is te lui om die taak klaar te maak…. Net bly die perd is ongedeurd!

KarooKlong ·

Die deksel is dalk alreeds verkoop aan die skrootmetaal handelaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.