Video: Petroljoggie glo deur motorfietsryers aangerand

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn voorval waar ʼn petroljoggie glo deur ʼn groep motorfietsryers aangerand is in Witbank.

“Ons ondersoek die voorval en volg wenke op en ons is positief dat ons binnekort mense in hegtenis sal neem,” het brig. Selvy Mohlala gesê. Mohlala het gesê volgens beeldmateriaal van die voorval wat aan die polisie oorhandig is, is dit duidelik dat die groep mans die petroljoggie aangerand het.

Dries Marx, eienaar van die Engen-vulstasie waar die voorval plaasgevind het, het aan Sapa gesê dat twee motorfietsryers geïrriteerd geraak het toe die petroljoggie Saterdag vroegoggend vir hulle gesê het om nie naby ʼn petrolpomp te rook nie.

Die motorfietsryers het glo hul vriende geskakel waarna agt motorfietsryers glo by die vulstasie opgedaag het. Die petroljoggie het die winkel by die vulstasie binnegegaan en drie motorfietsryers het hom glo agtervolg en aangerand.

Marx het gesê van die motorfietsryers het glo probeer om die geveg stop te sit. Die petroljoggie is vir mediese behandeling geneem. Volgens Marx het die man herstel en is hy reeds terug by die werk. “Ons het ʼn saak van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak en ons is hoopvol dat die polisie sal aksie neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

pikkewyn ·

Ja nee dat dit wit mans is wat swart man of n kleurling by gekom het word toe gesluit wat van die plaas moorde en en en

Pietsnot ·

Verkeerd bly verkeerd. Jy kan nie ‘n klomp boelies toelaat om ‘n man wat in ‘n swakker posisie is, aan te rand net omdat daar op ‘n ander plek mense is wat afskuwelike dinge aanvang nie.
Die Ingelsman sê “Two wrongs don’t make a right”.
‘n Klomp idiote maak nou al ons bikers (en wittes!) se naam gat.

gatvol#Bornfree ·

sies julle behoort julle te skaam ! wens mense wil ophou kleur aan alles sit. dit is onmenslik en lelik en kinderagtig.as een begin anders optree sal ander mense ook. waar is julle menswaardigheid. sies sies sies ek skaam my dood

Petrus Swanepoel ·

Die persoon het nog bikers gebel nadat hulle twee aangespreek is oor rokery by ‘n vulstasie, wys net hy is ‘n bangat en soek sy veligheid in getalle. Die arme ou het seker grootgeword om aan mamma se rokspante vas te hou, nou dat hy groot is word die posisie gevul deur mede bikers. Gelukkig is sy soort in die minderheid en die meerderheid bikers doen die regte ding. Ou seun, vat jou pak soos ‘n man en dra die gevolge daarvan soos ‘n man.

Sarie Potgieter ·

Onopgevoede blanke mense. Dit is so sat dat hulle soos n klom pirates optree. Mense soos hulle maak my skaam om blank te wees. hoop hulle almal word toegesluit.

Charl ·

Die joggie moes alle ander mense gewaarsku het om weg te kom en die roker net daar gelos het……

pop ·

Die tipe is nog altyd met ons, verkeerde kant van die spoor. Ek skaam my so as ek so-iets sien.

Grassie ·

T…Hierdie manne het groot drooggemaak en en ongelukkig ‘n gaping geskep vir negatiewe kommentaar.
Dit is goed om jou weer terug te sien – hoop nie jy verdwyn weer nie. Moenie jou aan ou koos steur nie. Hy is nie aandag werd nie.

Cornel ·

Net omdat dit wit op swart is ,is dit nou racisties, wat van swart op wit is dit nie ook racisties nie, hoekom moet dit altyd Racisme in bring, dit is net n gewone aanranding

Eish! ·

Wie se dit is wit bikers? Vra maar net. Ek weet van baie swart bikers ook. As dit wit mans was, is ek skaam om wit genoem te word. JOU VELKLEUR GEE NIE DIE REG om enigiemand aan te rand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.