Video: Petroljoggie se eerlikheid beloon

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Toe ‘n vrou van Pretoria ‘n paar dae gelede ‘n tas misplaas het waarin daar onder meer sporttoerusting ter waarde van R100 000 was, was sy verpletter.

Nadine Klopper het nie gedink sy gaan dié goedere ooit weer sien nie. Wat sy nié geweet het nie, is dat ʼn petroljoggie dit sy plig geag het om die tas én die inhoud vir haar veilig te hou.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kowie ·

Kan dit waar wees ! Kry mens nog vandag eerlike mense.
Hoop die ander petrol joggies sal sy voorbeeld volg .
Dame ek hoop van harte jy het hom goet beloon , mens sien
selde sulke uitsonderinge.

CHRISTA ·

Kowie, ek dink nie NET ander petroljoggies moet sy voorbeeld volg nie, maar ALMAL (VERAL ons regering)!!!

Pieter ·

Maroela Media.

Baie dankie vir die insetsel. Ai, dit is darem maar lekker om so iets te kan lees!

Dae van wonderwerke is nog nie verby nie.

Groetnis…
Pieter

P Calitz ·

Ek is so bly dat die storie die nuus gehaal het! Ek kan egter nie glo dat mense so verbaas is dat daar nog eerlike mense is nie. Die gemiddelde Suid Afrikaners gee nog om vir mekaar. Ek hoor gereeld soortgelyke stories, nie altyd so groot nie en haal nie die nuus nie. Iemand wat ‘n selfoon, sleutels, beursies ens vind en aan die eienaars terugbesorg. Kom mense, daar is baie meer “omgeemense ” as wat julle dink!

Pietman ·

Wonderlike storie uit my geboorteland !! Hier in Kiwiland sal dit nie die nuus haal nie ….. want dit is wat verwag word. Ek lig my kêpsie vir hierdie man en sy eerlikheid !

van Meerbergen Werner ·

ek reeds 1keer my visa kaart verloor en terug gekry ander keer myn reispas verloor en terug gekry so er syn nog eerlijke mensen selfs van ander kleur

Sonia ·

My wese weier om op te hou glo in die goedheid van mense, al sien ek elke dag soveel sleg rondom my. Dankie Maroela Media vir julle artikels oor Goeie Goed. Dit verlig al die slegte nuus!

Rita ·

Iemand vra of dit nog kan waar wees……
Ja ek glo dit….lalmal kan nie sleg en skelm wees nie
Ek is terug vanaf oorsee na twee jaar.
Almal het gevra of ons mal is om terug te kom….
Mense sulke stories maak dat al meer sal terugkom na ons pragtige siek land….
Eendag sal dit weer beter gaan….ons moet net Bid en saamstaan….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.