Video: Petroltenkwa brand op N1 in Centurion  

(Foto: Skermskoot uit video/@rsa_trucker/Twitter)

Die N1-hoofweg naby die Bothalaan-afrit in Centurion is in albei rigtings vir verkeer gesluit nadat ʼn petroltenkwa aan die brand geraak het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê by hul aankoms op die toneel het die petroltenkwa op sy sy gelê en was dit in ligte laaie.

“Die toneel is deur reddingswerkers beveilig en is onder beheer. In dié stadium is daar nog nie enige skade aan nabygelee infrastruktuur gerapporteer nie.”

Volgens Mabaso was die bestuurder van die tenkwa in die wrak vasgekeer en is hy onherkenbaar verkool.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoe lank die hoofweg vir verkeer gesluit gaan wees nie. Die presiese oorsaak van die voorval is ook nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dana ·

My gebede is met die bestuurder se familie en kollegas. Kan jul jul sy angs indink toe hy besef hy is vasgekeer en gaan verbrand? Dit moes absoluut verskriklik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.