Video: Petroltenkwa brand op N1

Die verkeersopeenhoping op die N1 naby Colesberg. (Foto: Jason Wayne Knell)

Die N1 in die omgewing van Colesberg in die Noord-Kaap was Sondagaand ure lank gesluit nadat ’n petroltenkwa vroegaand aan die brand geslaan het.

Die voorval het hom omstreeks 18:00 sowat 30 kilometer buite die dorp afgespeel. Die bestuurder van die petroltenkwa het ongedeerd daarvan afgekom.

Die vragmotor het dwars oor die pad gelê, wat ’n verkeersopeenhoping in albei rigtings tot gevolg gehad het. Motoriste het toegekyk hoe die vlamme die petroltenkwa verswelg. ’n Dik, swart rookwolk het uit die wrak van die petroltenkwa geborrel.

Die verkeersopeenhoping op die N1 naby Colesberg. (Foto: Jason Wayne Knell)

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die brandweer het ingespring om die brand te blus en die N1 is omstreeks 22:00 weer vir verkeer oopgestel.

Dit is nie bekend hoe die petroltenkwa aan die brand geslaan het nie.

’n Ongeluksverslag is geopen en die ondersoek duur voort.

’n Dik, swart rookwolk het uit die wrak van die petroltenkwa geborrel. (Foto: Jason Wayne Knell)

Die verkeersopeenhoping op die N1 naby Colesberg. (Foto: Jason Wayne Knell)

Die verkeersopeenhoping op die N1 naby Colesberg. (Foto: Jason Wayne Knell)

’n Dik, swart rookwolk het uit die wrak van die petroltenkwa geborrel. (Foto: Jason Wayne Knell)

Video verskaf deur Jason Wayne Knell. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriana ·

Dis tyd dat die regering spoorvrag begin instel en reg kry, die vragmotors is ñ gevaar op die pad vir ander pad verbruikers. Die vragmotors is regtig ñ nuisance, hul ry so onverskillig, party ry op mekaar dan kan jy nie hul verby gaan of hul gaan mekaar verby op opdraende of sperstrepe, jy moet maar gee pad en op die geelstreep ry. Dis tyd dat daar iets aan die probleem gedoen word, die N1 vanaf Johannesburg tot in die Kaap is ñ gevaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.