
Skermskoot uit die video
Die Gautengse regering en die munisipalewerkersvakbond Samwu onderteken Donderdag ʼn ooreenkoms om ʼn einde te bring aan die staking wat die stad Johannesburg in ʼn vuil toestand gelaat het.
Vullis is nie verwyder nie en rommel het opgehoop (sien video onderaan berig).
Jacob Mamabolo, provinsiale LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het in gesprek getree met albei partye en die gesprek sal uiteindelik die ondertekening van die ooreenkoms tot gevolg hê.
Die meerderheid van Pikitup se 5 200 werkers het aan die staking deelgeneem.
Die vakbond het ʼn salarisverhoging van R6 000 na R10 000 geëis. Die vakbond het ook geëis dat Pikitup moet ondersoek instel oor beweerde salaris-ongelykhede en die gebruik van kontrakwerkers. Stakers het ook daarop aangedring dat sommige bestuurders afgedank moet word.
Die bepalings van die ooreenkoms is nog nie bekend nie.
Lees alle vorige berigte oor Pikitup op Maroela Media.
Driving through Johannesburg cbd today. City of gold.
Posted by Renier Buys on Tuesday, 1 December 2015
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Waar ek in apartheid se tyd gewerk het sou jy met witvel en al weggejaag gewees het indien jy durf om te staak.
Slums of Johannesburg city,, guess who lives there, they the one’s who mad this bog mess in the streets so now time for them to clean it up.