[Video] Pikitup-staking is verby

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Gautengse regering en die munisipalewerkersvakbond Samwu onderteken Donderdag ʼn ooreenkoms om ʼn einde te bring aan die staking wat die stad Johannesburg in ʼn vuil toestand gelaat het.

Vullis is nie verwyder nie en rommel het opgehoop (sien video onderaan berig).

Jacob Mamabolo, provinsiale LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het in gesprek getree met albei partye en die gesprek sal uiteindelik die ondertekening van die ooreenkoms tot gevolg hê.

Die meerderheid van Pikitup se 5 200 werkers het aan die staking deelgeneem.

Die vakbond het ʼn salarisverhoging van R6 000 na R10 000 geëis. Die vakbond het ook geëis dat Pikitup moet ondersoek instel oor beweerde salaris-ongelykhede en die gebruik van kontrakwerkers. Stakers het ook daarop aangedring dat sommige bestuurders afgedank moet word.

Die bepalings van die ooreenkoms is nog nie bekend nie.
Lees alle vorige berigte oor Pikitup op Maroela Media.

Driving through Johannesburg cbd today. City of gold.

Posted by Renier Buys on Tuesday, 1 December 2015

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Waar ek in apartheid se tyd gewerk het sou jy met witvel en al weggejaag gewees het indien jy durf om te staak.

SNEL ·

Ja, ek stem Peet en dis asof stakings net meer kopuitsteek deesdae en daar word absoluut niks daaraan gedoen nie. Kyk in watse gemors is die mynbou om net n voorbeeld te noem na n ses maande staking en sulke goed word net geduld en glad nie aan die gevolge gedink nie. Kyk ook hoe lyk die strate nou hier. Daar sal nou harder gewerk moet word om dit weer skoon te kry. Dis nou te sê, as hulle dit gaan skoon maak. Dit moet nou ons land en ons trots wees wat nou soos n rommelhoop lyk. Mens se hart raak seer om te sien hoe alles net agteruitgaan in ons land.

jessica ·

Slums of Johannesburg city,, guess who lives there, they the one’s who mad this bog mess in the streets so now time for them to clean it up.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.