Video: Pippie se storie in boek omskryf

Pippie se boek sal op 23 Augustus op die rakke beskikbaar wees.

‘n Video van die boekbekendstelling volg onderaan die berig.

In 2012 het Isabella ‘Pippie’ Kruger die wêreld verstom toe sy ʼn grensverskuiwende veloorplanting ondergaan het nadat sy brandwonde op 80% van haar lyf opgedoen het.  Pippie se storie het ontelbare harte geraak en nou het Pippie se ma, Anice met Colleen Naudé saamgespan om Pippie se verhaal in ʼn boek te omskryf.

Die boek bevat inhoud wat nog nie voorheen met die publiek gedeel is nie.  Pippie se pa, Erwin Kruger, vertel ook van sy ervaring na afloop van dié tragiese Oujaarsaand.

Volgens Naudé was daar meer as een ding wat haar gedryf het om die boek te skryf. “As ʼn joernalis het ek gedink hier word stukkies en brokkies van hierdie verhaal vertel, daar is ʼn groter verhaal wat geskryf moet word,” vertel Naudé. Sy sê ook dat dit haar as ʼn ma geraak het. “Ek het gedink hoe op aarde oorleef ʼn ma? Hoe staan jy elke oggend op en weet jou kind lyk soos wat Pippie gelyk het?”

Die boek bevat ook foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie en Pippie se ma vertel dat die skryf van die boek vir haar terapeuties was.

Pippie sal 23 Augustus op die rakke beskikbaar wees. Vir meer inligting oor die boek besoek gerus CUM se webtuiste. Klik hier om die eerste hoofstuk van die boek te lees.

Maroela Media was by die boekbekendstelling van Pippie en het met Anice en Colleen oor dié boek gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.