Video: Platteland is treffer by die loket

Die Afrikaanse musiekrolprent, Platteland, wat Vrydag in teaters begin draai het, is ʼn treffer by die loket.

Die rolprent het reeds meer as R1,7 miljoen verdien en is derde op die Suid-Afrikaanse toptien-lys na die Hollywood-treffers Breaking Dawn en Happy Feet 2. Meer as 48-duisend mense het Platteland dié aflope naweek gesien. Volgens Indigenous Film Distribution was Platteland se bywoningsyfers 11% hoër as Bakgat 2 en 144% hoër as die gewilde Jakhalsdans.

Platteland vertel die storie van Riana van Niekerk (Lianie May) wat desperaat is om die familieplaas te red van Mike Ferreira (Steve Hofmeyr). Ferreira het sy eie agenda en is vasbeslote om Riana se grond af te neem. Wanneer Dirk Pretorius (Bok van Blerk) in die dorp aankom word nuwe alliansies gevorm en die liefde blom op onverwagte maniere. Die vervaardigers is Philo Pieterse (Lipstiek Dipstiek, Kringe in ʼn Bos) en Sean Els. Dit is geskryf deur Els en Deon Opperman. Die rolprent is Vrede en Verkykerskop verfilm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.