Video: Plek van veiligheid maak toe danksy TV-program; reusetekort aan kinderhuise

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jedidiah Safe Haven in Hartbeespoort, Noordwes, se deure is toegemaak nadat die televisieprogram, Carte Blanche, ongerymdhede soos verbale en fisiese misbruik, minderjarige seks en tienerswangerskappe ontbloot het.

Jedidiah was glo die enigste plek van veiligheid in die Hartbeespoortdam/Brits-gebied vir kinders of slagoffers van huishoudelike geweld.

Carte Blanche het Sondagaand videogrepe gewys van die voorsitter, Stephanie Bentley, wat op die kinders skree en dreig om hulle na ʼn plek te neem waar hulle glo seksueel aangerand sal word.

Isabel Faurie, maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is met afgryse vervul toe sy na dié blatante mishandeling gekyk het. “Dit kan onder geen omstandighede aanvaarbaar wees nie, en ons verwelkom die departement van maatskaplike ontwikkeling se optrede om die kinders dadelik te verwyder,” het Faurie gesê. “Ongelukkig plaas hierdie storie net die kollig op ‘n baie groter probleem – die kritiese tekort aan geregistreerde kinderhuise en plekke van veiligheid in ons land.”

Faurie sê maatskaplike werkers het al telkemale aan Helpende Hand bevestig dat sommige howe kinders by ongeregistreerde veiligheidsplekke plaas juis omdat daar so dringende tekort aan geregistreerde veiligheidsplekke is. “Hulle het bloot geen ander opsie nie,” het sy gesê. “Nog ‘n gevolg hiervan is dat kinders in sommige gevalle nie uit haglike omstandighede verwyder kan word nie, juis as gevolg van die ernstige tekort aan veiligheidsplekke. Maatskaplike werkers probeer dus eerder remediërend optree, wat dikwels nie in die beste belang van die kinders is nie.”

Volgens Faurie sit die departement met ‘n ernstige probleem op hande en dit moet onmiddellik aangespreek word.

Jedidiah Safe Haven het op sy webwerf bevestig dat hy amptelik gesluit is en dat hy nie aansoek gedoen het om sy aansoek, om ʼn plek van veiligheid te wees, hernu het nie. “Die minister van kinderwelsyn het op 2 April met ʼn groep van 30 mense en ʼn televisiespan hier opgedaag om al die kinders weg te neem,” staan op die webwerf geskryf. Volgens die verklaring is Jedidiah “valslik beskuldig van kindermishandeling met powere bewyse wat deur een van die gemeenskapslede verskaf is”. Klik hier om die volledige verklaring te lees.

Die video is deur Carte Blanche vervaardig en is Sondagaand, 13 April, uitgesaai.
WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel en is nie geskik vir kinders jonger as 13 nie.

Klik hier om die oorspronklike video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jasper ·

Skokkend ! Hierdie kinders het onbevoegde ouers, word na n onbevoegde persoon gestuur deur onbevoegde maatskaplike werksters en n onbevoegde minister pik n traan.

Bianca ·

Het sondag so gehuil toe ek sien hoe hierdie vieslike gemors van n mens en haar gemors kinders die klein mensies behandel wat n skande dat daar sulke mense daar buite is wat kinders so behandel! God slaap nie! Ek hoop van harte dat die mense om julle julle lewens hel maak julle verdien niks beter!

petro ·

Wat gebeur met hierdie mense? Word die plekke net toegemaak en niks word verder aan hul gedoen nie of wat?

Wat n SKOK ·

Dit was nou n skok toe ek Sondag Carte Blanche kyk, ek woon in Harties, het nie eens geweet van die plek nie, SKOKKEND, stem saam met jou Petro, wat gebeur nou met die vrou, wat heel duidelik haar posisie misbruik het, asook haar kinders?? Die Vader weet sulke mense hoort nie in die samelewing nie. Daai onskuldige kindertjies, stap van die een situasie binne in die volgende een in, dit is ondenkbaar dat hierdie mense wegkom met dit!! Sy moes eerder die wasgoed pennetjies vir haar eie Seuns gebruik het………………….

Riaan ·

Sulke mense besef ni wat hulle doen aan daardie kinders doen nie!!!! Ek is getroud met iemand wat as tiener in n huis van veiligheid was vir dwelm gebruik! Die kinders is in ruil vir seks dwelms gegee! My vrou is verkrag en is ook gedwing om te kyk tewyl ander verkrag is! Die persoon is skuldig bevind en was n lang tyd in die tronk! Hy is vry gelaat en bedryf weer n huis van veilgheid! HOE WERK DIT?!?!?!?

Venesa ·

Hardloop so vinnig as wat jy kan want as ek jou in die die hande kry gaan ek wasgoedpennetjies sit waar dit seer sal maak,jou vieslike ,onopgevoede, sadistiese vark! Jy moet uit die samelewing verwyder word. Jy het gedink aan die staats geld vir die kinders jou suurstof dief inplaas van die kinders.

Ina ·

Dis vir my so on aanvaarbaar dat die Welsyn kla oor te min veilige plekke vir mishandelde kinders dat dit my net van voor af woedend Maak. Mens kry alewig hierdie versoeke soos op facebook en ander plekke en as jy die welsyn bel om hulp aan te bied dan word daar met jou gepraat asof jy hulle pla. Ek het nou al 2 keer probeer betrokke raak maar sonder Sukses. “Ons sal u skakel en u besonderhede kry” wat nog net nooit gebeur het nie. Het ons nog werklik ‘n instansie wat werklik omgee ?????????

karien strecker ·

Mag hul haar asb net EEN F#$ken dag in n kamer saam my sit. Asb net een dag…..

Bertie Botes ·

Daar is soveel GOEIE mense wat beryd is om kindertjie aan te neem wat self graag kinders sou wou gehad het,maar weens omstandighede nie self kan he nie.Maar word afgewys deur simpel goed, dan lees of hoor jy van kinders wat by onbevoegde mense gelaat word. Wat gaan met ons wit mensdom aan. Raak ons nou dieselfde as diere? Dis tyd dat ons moet opstaan en die regte besluite vir ons nasie begin vat, en al die gemors uit skuif.

Marietjie ·

Stephanie Bentley jy is ‘n patetiese verskoning vir ‘n Ma, vrou en witmens en om kinders wat by jou in “veiligheid” geplaas is so sleg te behandel is om van naar te word. Om nie eens te praat van wat jou seuns gedoen het nie en asb moenie vir my sê jy het nie daarvan geweet nie. Ek lees die stukkie op julle webwerf en sien dat jy die land se onderwys en kindersorg aanvat – miskien moet jy dalk by jouself begin en leer spel en dan ‘n kursus in kindersorg loop om te weet hoe jy na kinders omsien. Hierdie is nie ‘n aanval op jou om stemme te werf nie, dis net JY wat die blaam kan dra oor wat hier gebeur het. Daar word ook gesê dat julle wag om te sien wat God wil doen – hoe op dees aarde kan jy enigsins geloof hierby betrek?? As jy ‘n gelowige was en na Sy wil geleef het – hoekom het jy die kinders so mishandel?

Melanie ·

Ek en my seuntjie het daar gebly vir 3 maande. Dit was hel op aarde. My seuntjie het in sy broek gepoef as sy naby hom gekom het. Ek het gesien hoe sy n 4 jarige alcol sindroom swart seuntjie slaan en hom gooi. Sy en haar familie het misbruik gemaak van die kinders, alle kos is in haar huis in gevat vir hulle. Dat ek vir kinders broodjies moet maak met NET jam op, mag nie botter kry nie. Dis net n begin wat ek kan skryf, maar kan n hele boek skryf wat daar gebeur het

Dirk ·

Ek het so ‘n bietjie ondersoek gaan doen. Dit lyk vir my dat die klagtes teen die safe haven net eensydig is. Kinders is verwyder van die betrokke safe haven en in ander mense se sorg gesit deur mense wat nie eers sosiaale werkers is nie! Die selfde mense wat die kinders so plaas doen dit sonder dat die mense wat vir die kinders sorg goedgekeur is nie. So ook stig hulle ‘n plekkie van veligheid wat nie geregistreer is nie en sit van die kinders daar. Is dit nie handel in kinders nie? Wat daar by die safe haven gebeur het is klein in verband wat in meeste huishoudings gebeur. Daai selfde kinders was verkrag deur hulle eie famielie leede en dan verder mishandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.