Video: “Plek vir waardes en geloof in skole”

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Te midde van ‘n vuurwarm debat en moontlike hofsaak oor die rol van godsdiens in staatskole het onderwyskenners gepleit vir groter fokus op etiek en morele waardes in die klaskamer.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Jy weet ek wens die godsdienstiges wil besef dat hulle nie die enigstes is met ‘waardes’ nie. En dat die afwesigheid van godsdiens nie die onmiddellike ineenstorting van die samelewing in `n Babiloniese orgie impliseer nie.

Indien die godsdienstiges nou wil kerm oor vandalisme en antagonistiese optrede deur studente dan is dit tog `n aangeleentheid vir die betrokke owerhede, nie `n geleentheid om nog meer publieke godsdiens in ander mense se keel gatte af te druk nie.

Ek vrees die klomp goed begin nou besef dat hul argumente vol gate is en dat die sekulêre wêreld hulle gaan bekamp omdat staats geld nie links en regs geblaas kan word op hulle persoonlike voorkere nie.

Ag foeitog Maroela, moet ek nou weer gesensor word mmmmm ?

Shannon ·

O vader mense !! Wat is nou fout met my kommentaar ?! Hoe beoog julle om ooit soos volwassenes in debat te tree as julle nie `n argument wil toelaat nie ?
Foeitog !

VerVanRyn ·

@Shannon, ek sal graag wil weet waarop jy jou stelling staaf dat waardes nie net geheg kan word aan ‘n godsdiens nie? (Wat jy met ander woorde impliseer is dat die ateïsme ook waardes kan opstel wat tot ‘n ordelike samelewing lei) As ek dit nie mis het nie wys die geskiedenis dat stelsels wat goddeloos verkeer van die ergste wette gehad het en skuldig is aan die ergste misdade teen die mensdom. Kommunisme in sy geheel wil vir my as die beste voorbeeld dien met Nazisme nie ver agter nie.

Ateïsme het net een gevolg: anargie, morelelose waardelose anargie. As mens die ateïsme se standpunt vat dat die ganse skepping net ‘n lukrake gebeurtenis is met lewende wesens se primere doel as oorlewing, kan mens nie ‘n ander afleiding maak as dat dit ‘n totale waardelose samelewing tot gevolg sal hê nie. Die mens word dan die bepaler van wat is reg en verkeerd. Weereens gaan ek kommunisme en nazisme oproep, beide het besonderse gruwels aangevang in die naam van waardes wat deur mense opgestel is. In ‘n goddelose bedeling is daar geen gesag om byvoorbeeld moord as verkeerd te bestempel nie, want as dit tot die oorlewing van ‘n ander mens dien pas dit mooi by die etos in. Saam met oorlewing gaan voortplanting. Verkragting sou dan ook nie verkeerd wees as dit dien tot die verkragter se nasate se bestaan nie.

Die Christelike geloof, waaraan ek vasklou, bied ‘n eksterne Skepper van waardes en orde. ‘n Gesag wat gesag gee aan die wette wat die ineenstorting van die samelewing verhoed. ‘n Babiloniese orgie is die enigste bestemming in ‘n samelewing sonder die waardes wat die Christelike geloof stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.