Video: Polisie fnuik rooftog by Jhb-vulstasie

Die toneel nadat die polisie ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Melrose, Johannesburg gefnuik het. (Foto: Intelligence Bureau SA via Facebook)

Vyf verdagtes, wat glo van plan was om ʼn BP-vulstasie in Melrose in Johannesburg te beroof, is in hegtenis geneem voordat hulle dié plan kon uitvoer.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het inligting ontvang dat ʼn groep op pad was om die vulstasie by Corlettrylaan te beroof. “Die verdagtes wat gepas het by die beskrywing wat aan die polisie gegee is, is gesien waar hulle in twee stilstaande voertuie, ʼn grys Toyota Etios en ʼn grys Nissan Almera, by die vulstasie sit,” sê Masondo.

Polisiebeamptes het die voertuie genader en een van die verdagtes het uitgespring en ʼn vuurwapen op die polisie gerig. Volgens Masondo het een van die polisiebeamptes hom in sy been geskiet.

Die verdagtes is omsingel en op die toneel in hegtenis geneem. “Die polisie se voorlopige ondersoek het daarop gedui dat een van die [verdagtes se] motors onlangs in Jeppestown gekaap is.”

Verskeie video’s van die voorval is op sosiale media versprei en gebruikers het vertel hoe hulle skote in die gebied hoor klap het. Talle polisievoertuie kan op die toneel gesien word, terwyl die verdagtes agter die polisiesperstrook op die grond lê.

Masondo sê daar word tans ondersoek of die verdagtes nie moontlik met ander misdade verbind kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Jammer die skurke kan nie wettig behoorlik uitgehaal gewees het nie. More/oormore is hul uit op borgtog en met hul volgende rooftog sal hul dus versigtiger wees

Andre Stander ·

Dis jammer, hulle moes hom in sy Snoet geskiet het.

Tiger ·

Andre beter kon ek dit nie gese het nie!Baie skerp van jou!Maar ek stem saam,dis ‘n groot jammerte ha-ha!

Marelize ·

As ons almal net wil saamwerk, wil saamwerk, wil saamwerk tra-la-la … dan kan die polisie mos meer skurke skiet.

jakes ·

Welgedaan polisie. Beloon die verklikker met R100,000 dan sal ons sien hoeveel misdadigers word vasgetrek voordat hulle misdaad pleeg. Geld praat en sulke belonings sal vrugte afwerp.

Anni ·

Ai so Bly om Darm kommentaar te lees Wat SAPD bedank word vir goeie werk. Hul word mos net altyd af gekraak. Dankie baie mense word waardeer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.