Video: Polisie gereed vir verkiesing – Cele

(Argieffoto: SA Polisie)

Bheki Cele, minister van polisie, het die versekering gegee dat die polisie slaggereed vir die verkiesing is.

Die minister sê hy en die nasionale polisiehoof, genl. Fannie Masemola, het die afgelope paar weke die hele land vol gereis en met elke enkele stasiebevelvoerder vergader ter voorbereiding vir die verkiesing.

“Hulle weet wat hulle moet doen,” sê Cele.

Die polisie werk ook nou saam met departemente soos justisie en verdediging asook die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK). Die nasionale veiligheidsraad, waarvan pres. Cyril Ramaphosa die voorsitter is, word ook op hoogte van sake gehou.

“Ons is tevrede dat ons alles gedoen het wat gedoen moet word,” sê die minister.

In hierdie stadium word 632 stasies as “moontlik problematies” beskou en bykomende hulpbronne en ʼn groter polisieteenwoordigheid sal daar gehandhaaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

domheks ·

Nou toe nou! Kan jy glo sapd is voorbereid! Hahahaaaahhhaaaaah

Amelia ·

Die 632 stasies is seker waar daar nie so baie anc ondersteuners is nie

JohanR ·

Wel hulle is darem gereed vir iets! Pasop vir die polisie wa’s met kiesers boxe op wat in sloote gegooi word!

Di ·

LOL – die polisie kan nie eers daaglikse misdaad in SA hanteer nie! Die verkiesing gaan in elk geval net een bedrogsprul wees, hoor my lied. Die korrupte KADERS sal seker maak hulle bly aan bewind, come hell or high water. Kyk maar na Zimbabwe se verkiesing, dieselfde gaan hier gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.