Video: Polisie jaag grondbesetters uiteen

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.

Kapt. Elsabé Augoustides, woordvoerder van die Rustenburg-polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die grondbesetters het die afgelope week begin om “erwe” in die gebied, direk langs die N4-snelweg tussen die Dr. Moroka- en die Phokeng/SunCity-afrit, uit te merk.

Die grond behoort vermoedelik aan die regering en ʼn hofaansoek is gebring sodat die besetters verwyder kan word. Die hofaansoek is toegestaan.

“Die polisie en die munisipaliteit het Woensdag met betrokkenes vergader om die situasie aan die mense te verduidelik. Die munisipaliteit het dit aan hulle uiteengesit dat die gebied wat hulle wil beset nie geskik is vir menslike okkupasie nie. Daar is onder meer nie die nodige infrastruktuur soos lopende water, paaie en elektrisiteit nie,” het Augoustides gesê.

Volgens Augoustides het die polisie Donderdag in opdrag van die balju die balju bygestaan wat die uitsettings en verwydering van strukture behartig het.

“Die situasie is Donderdag weer aan die mense verduidelik. Daar was egter ʼn groep van nagenoeg 200 mense wat begin het om protes teen die uitsetting aan te teken. Die gemoedere het begin opvlam en die betogers het omstreeks 10:00 gedreig om die N4-snelweg te versper.”

Beamptes van die openbare orde -polisie moes die betogers uiteen dryf. Die polisie het as voorsorgmaatreël vragmotors voor die gebied voorgekeer en versoek om om te draai, uit vrees dat dit aan die brand gesteek sou word.

“Terwyl die swaarvoertuie omgedraai het, het daar mense in Toyota Quantum by die toneel stilgehou. Die insittendes het uitgespring en van die swaarvoertuie se sleutels uit die aansluiters gegryp en daarmee van die toneel weggejaag.”

ʼn Sementtrok, stootskraper en twee vragmotors is gestrand agtergelaat. Die snelweg tussen die Dr. Moroka- en die Phokeng-afrit moes in albei rigtings vir verkeer gesluit word terwyl daar gereël is om die vragmotors te verwyder.

Die polisie het ʼn soektog na die insittendes van die Quantum van stapel gestuur. Die voertuig is steeds soek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van saakbeskadiging in verband met ʼn gedeelte van ʼn heining langs die snelweg wat glo deur die besetters verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

smiley ·

goed so. hoekom kan of wil hulle niks koop nie, maaer wil alles hê.

Penellope Jones ·

Sal die polisiemag moet verdriedubbel om al hierdie goed wat gebeur onder beheer te kry!

Johann ·

Kan jy dit glo? Polisie wat actually nie net “monitor” nie?

Maar nou is al hulle aminusie vir 5jaar seker klaar?

Boland ·

Die probleem is die polisie is nie meer n force nie maar lewer eerder n diens.Dit is ook maar net as hulle opdaag.

Mauzi ·

Wat is die probleem? Malema het mos gesê hulle mag? Hy moet nou maar tot fie plakkers se redding kom….dit nogals regerings grond…hahaha

Elize ·

My vraag is – waar kom al hierdie wesens vandaan? Voor die son sak is daar niks net plat aarde maar o wee as die son opkom is daar plakkershuise oral. Kom hulle uit die grond uit of wat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.