[Video] Polisie na Tuks-kampus ontbied

Foto: Adéle Changuion

Foto: Adéle Changuion

Gemoedere loop hoog op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) waar die polisie nou ontbied is om die situasie in bedwang te bring.

Die polisie en kampusveiligheidsbeamptes staan tans voor die dierkundegebou tussen twee groepe studente, met talle EFF-lede aan die een kant en baie AfriForum Jeug-lede aan die ander kant. Die groep studente wat betoog vir die skrap van Afrikaans op kampus wil glo na die Amfiteater beweeg om met die bestuur van die universiteit te vergader, maar die ander groep verhoed hulle glo om verby te kom. Berigte van beserings is ook ontvang nadat studente glo klippe en ander voorwerpe gegooi het.

Een van die studente het aan Maroela Media gesê hulle weier om ʼn ompad na die Amfiteater te stap aangesien Suid-Afrika ʼn vry land is en hulle die reg het om te stap waar hulle wil. ʼn Student in die tweede groep het op sy beurt aan Maroela Media gesê dat hulle sal veg vir Afrikaans en nie sal toelaat dat gewelddadige studente hulle van hul moedertaal ontneem nie.

Klasse op die kampus is Maandag opgeskort nadat betogers weereens die kampus bestorm en klasse ontwrig het. Van die studente het bevestig dat hulle SMS’e van die universiteit ontvang het waarin hulle versoek word om die kampus te verlaat om veiligheidsdoeleindes.

Baie van die studente, Engels én Afrikaans, het aan Maroela Media gesê die manier waarop die taalbeleidkwessie aangeraak word, is teenproduktief en word nie deur die meerderheid studente ondersteun nie. Studente wou egter nie hul name bekendmaak nie uit vrees vir viktimisering.

Maroela Media wag op kommentaar van die universiteit.

[wpvideo JUOHuPGz]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Michael ·

Dit is reg so julle het albei wange gedraai nou moet julle julself verdedig

Irene ·

Gee vir ons ook buste om vir die afrikaanse studente mense asn te ry
Julius wil alles na sy sin he regering ondersteun hom as dit a eit man was hy toe gesluit hoe kan hy alles in SA ontwrug en loop vry uit

Andre ·

Studente leer en draf klas, hulle betoog nie en veroorsaak nie chaos nie. Hierdie betogers is nie student nie hulle is terroriste en die wit student prober net keer dat die kampus beskadig word.

Nakkie ·

Hoe kan Tuks toelaat dat sulke dinge gebeur? ‘n Student skryf in en kies ‘n taal om in te studeer. So as jy Engels kies kry jy klas in Engels, en dieselfde met Afrikaans. As ‘n oud Tukkie, kan ek sê baie klasse was slegs in Engels aangebied. Ek verstaan nie hoekom soveel geweld ontstaan daaroor nie. Hoe kan dit die Engelse studente benadeel as ander studente in Afrikaans klas kry? Ek het ook in klasse gaan sit wat in Engels aangebied is, soms net om te sien wat hulle anders kry as die Afrikaanse studente. Daar was geen verskil. Die materiaal was dieselfde. Die argument is ongegrond. Dit gaan nie oor gelykheid nie. Dit gaan oor haat. Die EFF en trawante wil die Afrikaner uitwis. Niks te doen met hul eie regte nie.

DD ·

Nakkie, jy is 100% reg. As ouer van tweedejaar BSc student kan ek as feit stel dat AL haar vakke, behalwe een NET in Engels aangebied word. Afrikaanse klasse benadeel glad nie die massas nie. Woon eerder julle Engelse klasse by en konsentreer op julle studies. Dis tog waarvoor julle daar is.

anna ·

Vra die universiteit vir julle geld terug want die Afrikaanse studente wat wil studeer se reg tot studies word onderbreek.
So kan dit nie aangaan nie.
kry julle geld terug totdat alles normaal is daar en Afrikaanse stuente in Afrikaans kan klaskry.
Indien iemand ‘n probleem daarmee het kan hy na ‘n Universiteit toe gaan waar hulle in ander tale kan studder.
Daar is sulke Universiteite.
Trek af en plak toe.
Kry julle geld terug.
Hulle sal gou ‘n ander deuntjie sing.

Tokkie ·

Ek voel presies dieselfde. Ons het 1ste jaar student ingeskryf by Tukkies; terwyl sy keuring vir Kovsies en by Pukke ook gehad het… Wat nou?! Is vir my ook onaanvaarbaar. Hul veiligheid is in gedrang. Klasse word afgestel. Dink eerlikwaar Kovsies sou beter keuse gewees het!

Andrea van Vuren ·

Ek stel voor die alumni moet hulle skenkings vries. Dan sal jy sien hoe gou spring hulle. Maar mens hoor net mooi niks van hulle (die alumni ) nie!

Barnabas ·

So nou stook AfriForum-jeug geweld. Maar dit staan natuurlik nie in die artikel nie… #skryfnetwatmensewilhoor

Zander ·

Ek het nog nie een video of ander bewys gesien op kampus van geweld vanaf Afriforum-jeug nie, sal graag wil weet wat steun hierdie stelling aangaande Afriforum-jeug.

Zander ·

Ek het ook die kommentaar gesien voor dit afgevee was warna jy verwys. Moet nie woorde sit in iemand se mond nie, dit kon baie dinge beteken onder anderre dat mens die saak kan teëstry met soveel ywer soos wat die EFF na die tafel bring.

Christo Visagie ·

Barnabas, hulle stook nie geweld nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,hulle staan net op vir hulle regte om in Afrikaans te studeer,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,of het hulle volgens jou nie die reg om dit te doen nie.

Stv ·

Hulle staan saam vir hul reg om onderrig in Afrikaans te kry. Stook nie geweld aan nie. Mooi so Afri-Jeug, trots om te sien dat julle saam-staan en nie net terug-staan nie.

Zander ·

Barnabas jy is duidelik gekant teen Afriforum en die stryd om Afrikaans. Ek wil net sê : Ek het die reg om op te staan vir my kultuur en taal en so het ander ook dieselfde reg. Geeneen se reg is om iets van die ander weg te neem nie. Afrikaans staan in niemand se pad nie, hierdie lot wil net die tevredenheid kry daarvan dat hulle jou van jou trots beroof het. Hulle word nie gedwing om in Afrikaans klas te hê nie en boonop betaal ek nog ook vir die voorreg om te kan kies. Die besigheidswêreld is dalk Engels maar wie kry deesdae graad en kan nie Engels praat nie? #Losdiehitsmerk – dis nie Twitter nie.

Hannetjie ·

Nonsens hulle staan op vir dit wat vir hulle belangrik is. Dis juis ons volstruiskop taktiek wat ons het waar ons vandag is.

StopTheMadness ·

Die redakteur van Beeld skryf dat Afriforum Jeug nie n rooi doek voor n bul moet gaan rond swaai nie. Die vraag moet gevra word, wie is die bul en wie waai die doek??

Vixie ·

O, so ons kinders moet maar net hande gevou staan en die uittartery en toesnouery verdra?

Lola ·

Ek praat onder korreksie maar dis wat met Potch gebeur het laas jaar en die EFF het daar gefaal?

Martha ·

As jy nie van Tukkies hou nie kan jy mos op ‘n ander Universiteit gaan studeer. Niemand verplig jou om op Tukkies te studeer nie!!!. Dis ‘n voorreg!!!

DD ·

Hulle woordeboek bevat nie die woord voorreg nie. Hulle verstaan net die drie-letter woorde eis en reg.

Monica Muller ·

Martha, waar val jy uit die bus uit? Dit gaan hier om dat Tukkies ‘n inrigting van hoër onderwys is waarheen ouers om bepaalde redes hulle kinders stuur om akademiese kwalifikasies te verwerf en met hulle swaar verdiende geld daarvoor betaal en boonop nog belasting betaal om dit vir die agitators moontlik te maak om die kampus onregeerbaar te maak. Dit is elke ouer en elke kind se REG en verwagting dat hy/sy in ‘n veilige omgewing moet kan klas draf. Sê jy by implikasie dat ouers en studente dit nie van die universiteitsbestuur van UP moet verwag om hulle veiligheid te verseker nie. Bly jy dink dis ‘n voorreg om op Tukkies te studeer – ek dink hier speel ‘n hartseer verhaal voor ons oë af en mense soos jy is blind vir wat aan die gebeur is.

Zander ·

Wag tot jy sien watter eise gestel word, miskien sing jy dan ‘n ander deuntjie. Die eise behels : Die skrap van Afrikaans as onderrigtaal, die afskaf van “koshuistradisies”, die hernoem van UP as “Universiteit van Tshwane”, verpligte “Afrika”-klasse, die skep van verteenwoordigende openbare ruimtes en studente-inname wat demografies verteenwoordigend is. (Soos gekry vanaf Netwerk 24 http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/tukkies-ontruim-20160222)

Pieter van der Merwe ·

Ons kleindogter, 18 jaar oud is ń eerstejaartjie by Tuks. Sy is nog nooit ooit aan sulke barbaarsheid blootgestel nie. Vrydag was sy so getraumatiseer en vandag weereens dat ons haar tot bedaring moes bring. Sy is fyn en tengerig en is absoluut bevrees om terug te keer kampus toe. Wat gaan UP bestuur doen om weerlose studente te beskerm. Sy het nie ń beurs nie en haar universiteitsfooie beloop R 45,000 +. Universiteitbesture in die land is slaprug en onbevoeg om die krisis onder beheer te bring.

Rynhardt ·

DD, Afriforum is ysters????? Het hul die EFF pak gegee??? Sover ek weet moes die polisie ingryp!Ek sien geen super, kragtige manne van Afriforum wat die EFF opgefoeter het nie.Ekskuus, dalk het hul agter fris Kallie Kriel geskuil!Dan is hul beslis ysters!

Loeis ·

Rynhardt, hulle hoef nie die EFF ‘pak te gee’ gee om op te staan vir hulle regte nie. Afriforum Jeug is teen die gebruik van geweld en daar is ander maniere om weerstand te bied. Jy voeter net iemand wie jou te lyf gaan en die groeppe het (nog) nie aan mekaar gespring nie. Deur daar te wees verg al moed. Jou kommentaar is heeltemaal uit plek.

Trolle ·

Hoekom sit julle nie die goed op utube nie,want vid loop nie op my pc nie?weet nie of ek eers iets moet opset nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Trolle

Ons kan ongelukkig nie aan ons kant ‘n tegniese fout opspoor nie. Watter webblaaier gebruik jy (Chrome, Firefox, Internet Explorer, Safari?) Watter weergawe van die webblaaier gebruik jy? Watter internetverbinding het jy? Gebruik jy Wi-Fi of ADSL?

Kontak ons gerus by [email protected], dan kan ons probeer bepaal waar die fout lê!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rynhardt ·

Loeis my kommentaar is nie uit plek nie, maar wel jy en Afriforum.As Afrifoeum wonderlik is, hoekom duur ons afrikaners se ellende vooet? Organisasies het nog nooit iets beteken vir ons afrikanets nie.Jy gaan alles verloor in SA, want jou land stuur af op n reqolusie, maar talke “slimmes” wil dit nog steeds nie weet nie!!!

Rynhardt ·

Anc is so besorg oor land se vooruitgang fat hy sy militante-boelie stuur om moles te gaan maak by Universiteit.SA raak nou vinnig onstabiel en verval nou vinnig in chaos! 2016 is die jaar vsn groot moles en onstabiliteit! Mense, die Nuwe SA gaan nog baie skokke oplewer vir jonges!Afrikaanssprekendes mag nie vryheid en sukses ervaar nie!De Klerk, sien jy jou gekonkelry? Waar is jou wigte en teenwigte nou? Waar is jou wonderlike SA nou?

Max Berg ·

Hierdie taal kwessie is maar net deel van die tweede fase van die revolusie .

Ben ·

Waarom betoog hulle nie eerder om meer Afrika Tale in die universiteite te kry nie, waarom betoog teen Afrikaans?

Johannes ·

Ben, want dit gaan nie oor onderrig in “Afrika” tale nie – dit gaan oor ‘n toenemende HAAT vir blankes en spesifiek Afrikaners.

Attie ·

Soet is die stryd vir die stryder word daar gese. Tog gaan Afrikaans afgeskaf word of geleidelik of vinnig dit is demografie en jy kan nie protesteer teen demografie nie want dit help nie. Ons moet n Universiteit op Orania bou; dit gaan tyd vat dit gaan geld kos en dan nog n bietjie van albei. Maar dit bly die enigste uitweg.

Trolle ·

100% met jou daar Attie weet nie hoekom hulle nie al begin het nie want dan sal Oranja ook uitbrei en geld inkry.

Andrea van Vuren ·

Attie, ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat Oranje ‘n interdik teen swartes verloor het wat daar wou intrek. Orania gaan moontlik nie meer so lelieblank wees nie. Sê asb. ek is verkeerd!

Jaco Kleynhans ·

Andrea. Dit is ‘n opmaakstorie wat deur mense versprei word. Daar bestaan glad nie so ‘n saak nie. Orania het die volste reg om as Afrikanergemeenskap voort te bestaan. Ons sal in elk geval daarvoor bly veg! Jaco (Uitvoerende Hoof: Orania Beweging)

alida ·

Pieter Van Der Merwe, gaan haal jou kleindogter onmiddellik en neem haar huistoe. Eis onmiddellike terugbetaling van alle gelde. Daar sal ander instansies wees wat haar sal vat. Mens kan nie ‘n fyn opgevoede dogter aan sullke barbaarse gedrag blootstel nie. Die volgende ding gaan seker wees om die koshuise aan die brand te steek. Ouers moet hul kinders gaan haal, hul geld terugeis en die hekke en deure vir hierdie mense oopgooi en kyk wat gebeur. Daar sal NIKS van Tukkies oorbly nie want die regering wil mos nie ingryp en die weermag ontbied om te help nie.

Vixie ·

Johannes, ek stem volkome saam, maar tot en met die tyd reg is, moet ons alles anders in ons vermoe doen. Daar is al amper 10,000 handtekeninge op die petisie en dit in een dag! Is dit dan nie ‘n bewys dat ons Afrikaners tog darem nog kan saamstaan nie?

Johannes ·

SUG…. jy’s reg Vixie, ek besef dit. Ek raak net ONTSETTEND kwaad as ek hierdie dinge moet sien gebeur. Maar ons moet geduldig bly, die dag kom nader wat ons uiteindelik sal sê: “genoeg is genoeg!”

hans ·

Met die lees van berig oor die geweld raak ek baie bekommerd dat dit nie by klipgooiery gaan bly nie maar dat gevaarliker instrumente gebruik kan word. Van die afrikaanse studente kan dalk permanente letsels ens opdoen. Kan nie verstaan dat die EFF en hul meelopers nie van kampus deur die SAPD verwyder word nie.

Rakker ·

Mense ons moet BID!!!! Daar is net 1 wat ons deur hierdie beproewinge kan help en dit is ons Hemelse Vader!!! Ek is in staat tot alles deur HOM wat my krag ( en wysheid) gee!!

anna ·

“Demand” julle gelde terug van die Universiteit af.
Julle het nie ingeskryf hiervoor nie maar om te studeer!!!
Julle kry nie waarvoor julle betaal nie!!
Kry julle geld terug!!!!!!!!!!!

Will i am ·

Gaan vra hul geld terug? Watter geld? Hul kry dan als verniet so niks om terug te vra. Hulle moet net verwyder word

suzaan ·

Mense gaan lees aab op praag.co.za wie staan agterMalema en die EFF. Wie finansier hulle en wat die werklike storie is wat in ons land aangaan. Julle hare sal rys.

Koos ·

Ag asseblieftog!
Praag was nog nooit van enige betekenis of hulp vir Afrikaners nie.

ou tannie ·

Die universiteite moet besef dat die Afrikaanse studente se ouers betaal. Hoe gaan hulle oorleef as hulle slegs studente het wat net heeltyd demand dat als moet fall? Die universiteite gaan dan dieselfde paadjie loop as die voormalige model c skole wat verengels het. Lae standaarde en kwalifikasies wat niks werd is nie. My seun se rente alleen is R5000 n maand agv sy studie lenings. Maar hy het n kwalifikasie waarmee hy orals in die wereld kan werk kry. Lank lewe PUK!!!

net n ma ·

My kind is eerste jaar CHemiese Eng, nie enige ou swot dit nie, ek betaal daarvoor met my salaris spaar ek waar ek kan. Met 4 onderskeidings kry sy ie beurs nie maar hulle wat beurse het waardeer dit nie en gaan en se dankie vir my kans in die lewe nie…Iemand vra hoekom is Afrikaans so, weet jy hoekom want jy wat jou naam onder afrikaans hier sit kan nie eers saamstaan met ;n groep mense vir wie die meer om ‘n stukkie son en jou kind en haar/sy toekoms gaan nie. Ek betaal vir die klasfooi per dag vir haar losies, so ja ek het ‘n reg om op te staan vir wat nie reg is nie, wens ons ouers kan ook gaan want die vet weet kommin of nie ek is daar

Koos ·

Welkom net ‘n ma
Alvorens jy ander Afrikaners verder verkeerdelik wil beskuldig – jy is toe al die tyd slegs een van derduisende Afrikaanse ouers en enkelouers wat hul kinders se studie- en verblyfs-gelde betaal. Medies, ingenieurswese, regte ens ens ens.

Roger ·

Die stilte van die regerende party en sy amptelike opposisie is oorverdowend in hierdie krisis. Dit is ‘n net kwessie van tyd voor ‘n student gaan sterf. Sal die opportunistiese “leiers” dan eers wakker skrik!?

Ben ·

Stuur julle kinders landuit om ‘n ordentlike opvoeding te kry. Gee hierdie leë doppe die bodem van die drom.

Loeis ·

Volgens Netwerk24 se artikel hieroor steun die DA die wegdoen met Afrikaans (loer gerus self). Hopelik onthou mense dit wanneer hulle later vanjaar hul kruisies gaan trek.

Erik ·

Dis waar ja DA ondersteun aborsies, grondhervorming dit sluit aandeellkemas in vir plaaswerkers in, transformasie ens. So ek noem hulle sommer die Blou ANC, al verskil hul doen hulle werk as regeerders beter maar hulle fondasie/grondwet is dieselfde as die ANC sin.

En so ver ek weet erken hulle ook nie God (Christus) in hulle fondasie nie, alle gelowe is gelyk volgens hulle.

Hoe langer ons Die liewe “mens” dit sluit menseregte, transformasie en demokrasie ens belangriker ag as God kan ons mos nie verwag Hy gaan ons land help of red nie?!?

Kom ons kry ons preoriteite reg, God heelbo en dan volg die res. Elkeen van ons wit en swart moet bietjie stil word en voorraadopname doen is God werklik heelbo?

As ons as volk ons sondes belei en Hom weer as ons leier aanstel Sal Hy al hierdie moeilikheid met die ekonomie, rasse spanning, ongelykheid ens uitsorteer, eks oortuig daarvan.

Maar as ons voortgaan soos nou kan ek nie anders as om dink dat al hierdie dinge gaan ontaard in ń bloedbad nie.

Vrede!

hans ·

Kan Mre Buys, Kriel en Hermann en ander by Soldariteit en Afriforum met hulle kontakte oorsee die gebeurtenisse, diskriminasie,haatspraak en anti-afrikaans//wit by die universiteite versprei by wyse video’s ens. Dit is noodsaaklik dat die buitelandse regerings bewus gemaak word hoe daar met minderheidsgroepe gewerk word.

Ronel ·

Ek is vreeslik trots op ons wit kinders hulle wys selfbeheering en begin nou met trots vir hulle regte opstaan. Nie soos n klomp barbare wat verwoesting saai nie. Ek dink ons almal weet hierdie betogings gaan nie regtig oor Afrikaans nie. Dis net n front. Ons wonderlike regering sit agter alles. Hulle wil SA op sy kniee bring. Dis tyd dat ons oe oopgaan. Gaan kyk bietjie wat gaan aan in die land. Hulle vestig ons oe op die universiteite maar daar anderkant broei die regte bollie (nes n kaart kunsternaar focus ons oe op die een ding terwyl hy ons kul met die ander hand)

Christine ·

Afriforum Jeug…..druk deur, hou aan en hou uit…julle “rock”. Sal stem en aanhou bid.

PJ ·

Wil de klerk en sy trawante nie net gou by die universiteite gaan inloer en hulle verseker dis net een van sy wigte en teenwigte wat nou ingeskop het en daar rèrig geen rede tot kommer is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.