Video: Polisie ondersoek onderonsie tussen Clicks-klante

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Saak van crimen injuria word ondersoek na aanleiding van ʼn rusie tussen twee klante in ʼn Clicks-winkel in Pretoria – ʼn voorval wat nou deur talle as ʼn rassevoorval bestempel word.

Die voorval het op 23 Augustus in die Clicks-winkel in The Grove-winkelsentrum in die ooste van Pretoria gebeur. Die voorval is gedeeltelik op video vasgevang en die video word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Op die video kan gesien word hoe ʼn ooglopend woedende vrou by die kasregisters in die winkel op ʼn ander vrou skree. Sy vra herhaaldelik “who is a monkey?”. Daar kan gesien word hoe Clicks-werknemers probeer om die woedende vrou en ʼn ander vrou wat ook deel van die konflik is weg van die ander klant te hou.

In die agtergrond van die video kan gehoor word hoe een van die omstanders herhaaldelik sê: “No, she didn’t say she is a monkey.”

Dit is onduidelik wat die konflik voorafgegaan het, maar volgens talle sosialemediagebruikers het die vrou glo vir ʼn “mandjie” gevra en het die ander klant verkeerdelik gehoor dat sy haar ʼn “monkey” genoem het. Verskeie ander mense op sosiale media hou egter vol die voorval is rassisties en vergelyk dit met die Penny Sparrow– en Adam Catzavelos-voorvalle.

Clicks het intussen bevestig dat die voorval in een van sy winkels gebeur het en beklemtoon dat die konflik tussen klante was en dat geen Clicks-werknemers daarby betrokke was nie. “Ons het ons interne ondersoek afgehandel en bevind dat ons personeel niemand se kant gekies het nie en baie professioneel opgetree het om hierdie baie moeilike voorval te hanteer,” lui die winkelgroep se verklaring.

“Ons het opgetree om ons klante te beskerm en het die polisie ontbied. Die saak word deur die SAPD hanteer en ons gee ons volle samewerking aan die owerhede.” Clicks het beklemtoon dat hy enige vorm van rassisme veroordeel en nie sal duld nie.

Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, het aan EWN bevestig dat die vrou wat meen sy is ʼn “monkey” genoem, ʼn saak van crimen injuria by die polisie aanhangig gemaak het. Maroela Media kon ondanks verskeie pogings nie die polisie Woensdag vir kommentaar bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

Laurika ·

Ek het nou so hard gelag… Mandjie – Monkey – klink baie dieselfde maar is twee totaal en al ander dinge. Hoe ‘n onskuldige woord so ‘n gemors veroorsaak aai tog.

JSG ·

Tipiese voorbeeld van indien jy weier om Afrikaans te verstaan.

Santjie ·

ek vra maar net…. Clicks sê dat die voorval tussen 2 klante was, maar die video se opskrif sê “Watch Clicks employee go wild after being called a monkey” – wat is nou reg? Ek hoop ook dat die persoon wat gesê het “No, she didn’t say she’s a monkey” sal hier ook na vore kom indien nodig.

Laurika ·

Ek dink sy moes maar eerder ‘n trollie gevat het. NET nie ‘n mandjie nie…

Naamskending teen gillende vrou ·

Al naamskendingbewys is teen die vrou wat so skree.

RN ·

Miskien moet daar meer ore gewas word, alles klink mos deesdae vir hulle soos M en K woorde. Dis absurd, regtig.

Eish ·

Sjoe, maar die mense is woedend vir mekaar!
Die laat my dink aan die Ghostbusters fliek van die 80’s waar die negatiwiteit in sulke dik pienk slymstrome onder New York gevloei het en mense tot anti sosiale gedrag gestem het. Dis byna of die rassehaat in die helhool bonatuurlik op soortgelyke wyse gestook word.

Uitlokkend ·

Ek begin al hoe meer sien hoe hulle veral onder die swart vrouens mens uitlok en iets uit niks probeer maak nie. Ek woon self in Pretoria oos en het in die week reeds 2 sulke gevalle beleef. 1. Waar die pakker heel duidelik met opset die 2l coke omstamp en dan met so uitdagende glimlag na jou staar.
2. In n klein bakkery winkel wat redelik besig was op die oomblik , en somiges weet mos nie hoe werk n lyn nie. Toe die eienaar my roep om my te help , toe word daar tekere gegaan oor die ras was voordele trek.
Nou wat doen mens?

Susan ·

Dit is die waarheid. Veral in Dischem, ek was al by 2 verskillende dischemme, een keer in Kolonade het die een vrou my gestamp toe almal geduldig in die ry staan en bloot gaan indruk voor in die ry. Toe ek daaroor kla, want ek is rustig, sê die wit bestuurderes vir my, los eerder, dit gaan net ‘n rassistiese voorval raak. Met ander woorde ons het absoluut geen reg mee om te kla oor ongeskikte mense wat jou uitlok nie

Tragies ·

Dit is tragies dat die sake so baie aandag kry, ondersoek word en gestraf word wanneer daar elkedag groepe van 8 tot 11 mans rond loop in strate en mense helder oor dag tussen baie ander mense roof deur hulle in ń chokehold te wurg tot hulle flou val. Die slagoffer val dan daarna in die pad so uit soos ń kers en weerloos.

Lindtjies ·

Ek dink sy het verniet haar toys gegooi. Mandjie kan nogal na monkey klink. So groot bohaai en dit oor niks. Hulle moet altyd van niks iets maak.

Blits ·

Glo my di een en ha chommie sal tot die dood toe volhou dat dit wel gese is want hulle kry nou lekker aandag, ek het een dag met my werkers huistoe gegaan en die polisie het ons voorgekeer, die wit polisie man se almal uit met julle baggies en die mense hoor julle blackies, o genade maar daar was hel to pay en maak nie saak wat ek se nie hulle glo tot vandag toe dat die man dit gese het en hulle vertel dit ook so aan die hele wereld, hulle kan dood eenvoudig nie erken as hulle verkeerd is nie en ook nie aanvaar dat hulle dalk maar net verkeerd gehoor het nie

Lindtjies ·

Ek dink sy het verniet haar toys gegooi. Mandjie kan nogal soos monkey klink. So ‘n groot bohaai en dit oor niks. Hulle moet altyd van niks iets maak. Sy het seker die mandjies toegestaan dat die arme vrou nie daarby kon uitkom nie en toe vra sy maar vir een. Ek dink sy moet nederig omverskoning vra.

Lourens ·

Die groter plobleem hier is, waneer die mense skukdig bevind word, word die “slagoffer” duisende rande betaal… hulle doen dit vir die fame en dan die geld!!!!

piper ·

da t mense so sensitief kan wees. mense kan my noem wat hulle wil en dit sal niks saak maak aan my nie want ek weet presies wie en wat ek is.

Sonya ·

Ons het altyd op skool gesing: “Sticks and stones may break my bones but names will never harm me.”

minnie pretorius ·

Ek stem 100% saam. My identiteit kan deur GEEN woorde van my weggeneem word nie. Dis karakter!!

Snowball ·

Ag nou ja, GAAP, GAAP ! Nog ‘n belaglike affêre…Mandjie, Monkey? Bwhahaha!

Jordaan ·

Dit is nou ‘n wafferse probleem, maar mens kan dit ook nie sê nie, dalk hoor iemand dit ook verkeerd!

Henry Horne ·

Skitterend skerp Jordaan. Dis nou ons Afrikaners…..humor sal ons altyd deurtrek. Vernaam met sulke sinnelose insidente.

Jerry ·

Afrikaans is jou werklikwaar in groter moeilikheid as wat ons gedink het. Die woord mandjie moet nou vervang word met trollie, dit is n tragiese affere, wonder waar gaan dit nog alles eindig

Se maar net ·

Dalk beter opgelet en geluister het in skool dan was dit anners. Een van die dae moet ons ons monde ook toehou want as jy hom oopmaak word jy krimineel vervolg vir wat as daar dalk n verkeerde woord uitglip. SIEK

Anoniem ·

He he , ek is ‘n ou monkey en jy vang nie ou monkeys met nuwe truuks nie.

Johan ·

Party mense moet tog net leer om hulle ore oop te maak. Die agressiewe dame is besig om ‘n gek van haarself te maak.

ekke ·

een van die dae sal niemand meer met iemand kan praat nie, te bang jy se iets verkeerd….beste is vra niemand niks en se ook niks………

JDM ·

As jy nou eers so ‘n tantrum gegooi het oor monkey en selfs ‘n saak oopgemaak het en jy hoor later dit was dalk mandjie en jy dink “o vrugte, dit kon dalk mandjie wees” dan is dit nogal moeilik om terug te draai en om verskoning te vra …….. tensy jy natuurlik glo daarin om die regte ding te doen. Totaal en al belaglik.

Anni ·

JDM, gaan probeer jy die vrou oortuig dat sy verkeerd gehoor het. Die kans dat die maan wel van kaas gemaak is, is groter as die kans op sukses. Daar is geen salf te smeer nie, jy kan nie sinvol met so persoon redeneer nie, jy sleep net jou eie siel hel toe, en gee die duiwel kos.

JDM ·

Dit is inderdaad die hartseer waarheid, maar ek hou darem van kaas ook. (smiley face).

bea ·

siestog hulle hoor ook net wat hulle wil…net om die media te haal…gee liewer aandag aan die Malema problem asb…kinderagtig verby!!!

jo ·

Wel genoeg gehad! Tot Clicks die vrou afdank sal ek hulle nie meer ondersteun nie! Genade tog. Kan ons nou saamstaan!

jo ·

Sorry sien nou dit was twee klante, humeur was nou te vining gewees!!!!

Stuiwer ·

Volgens die video onderskrif was daar ook ‘n werknemer betrokke (watch clicks employee go wild after being called a monkey).

Trots Afrikaans ·

Ons gaan seker een van die dae belet word om Afrikaans te praat in SA…

Hendrik ·

Gaan Clicks nou dieselfde boikot paadjie as Spur en MyWay?

Leser ·

Hendrik, Clicks was nie betrokke nie, dit was die kliente! Dit is duidelik dat Clicks niks hiermee te doen het nie, ongelukkig net in hulle winkel – en ongelukkig dat hulle ‘mandjies’ aanhou daar, in plaas van net trolleys!! O nee, die storie het my eintlik kliphard laat lag!

Swartmens=rasisme ·

Die berig se opskrig moet lees: Rasistiese aanval op wit vrou.

Shelley ·

Die blanke dame is nou die verkeerd persoon maar die person in rooi top het die blanke gestamp????

karen ·

Dit lyk asof die voorvalle aspris vooraf beplan word – dis amper net te toevallig dat daar altyd ‘n video cam-phone beskikbaar is om dit af te neem…..

Lourance ·

Nou is jy net paranoies. Dit vat nie eens 2sekondes om af te begin neem nie.

karen ·

Nee lourance slim man ek is glad nie paranoies – om in winkel tot besef te kom iets is besig om te gebeur, foon uit te kry wat 10/1 met password gesluit is en effektief video clip te maak …… dit wil binne 2 sekondes gedoen wees !

Nokia 3310? ·

Nee Karen, watse foon hang dan om jou nek? Ek stem saam Lourance, ek myself het ‘n iphone MET ‘n password. Ek hoef letterlik net my duimpie te vat en na links te “swipe” dan is my foon op kamera sonder dat ek ‘n password hoef in te sit, dit sal my dus effektief minder as 2 sekondes neem om ‘n video te maak – soos meeste algemene fone van vandag. Hoekom dink jy mense post so baie selfies – want dis te maklik om jou kamera aan die werk te kry!

Ronel ·

Gaan die ook nou soveel aandag geniet soos ander rassevoorvalle??? Gaan die vrou – wat duidelik verkeerd gehoor het – die ander dame omverskoning vra? Seker nie…

Casper Labuschagne ·

Met die sien van die eerste foto wonder ek hoekom die polisie dan so ‘n onderonsie sal ondersoek in ‘n land waar etlike honderde vandag nog verkrag sal word en vyftig ander in geweldsmisdaad sal sterf. Maar enkele sinne verder lees ek, “rassegeweld” – natuurlik sal die polisie dit ‘n prioriteit maak want soos ons almal reeds weet, “racism is very serious.”

Kathleen ·

Dit is duidelik dat daai swart vrou uit was om n bohaai te maak net omdat hulle dink hulle kan, juis omdat hierdie goed so baie sosiale media aandag geniet.Dit was duidelik dat sy die situasie probeer uitbuit. Hulle dink mos hulle kan met alles wegkom.

Ai!! ·

Was nou die dag in spar- nie blanke kasiere sit till toe bordjie agter my. Sal ‘n nie blanke klient ne vra – is it because i am black? Genade rasisme vir alles!!!

Casper Labuschagne ·

En jy antwoord toe nie met ‘n “Off course, yes!” nie?

Tokkolos ·

Net dalk gaan ek ook 1 dag op voorblad wees
Maar as ek tension aanvoel vra ek dadelik
Is it because I’m white dan draai ek om en loop

Esaias Steyn ·

Mense hoor wat hulle wil hoor om tog net moeilikheid te kan maak

ELIZE ·

Ons gaan seker nog lank hiervan hoor maar wat het geword van die “man” met sy seuntjie wat die swanger vrou in Faitherbrook in die Steers aangerand het? En nog vele ander waar die bordtjies na die anderkant verhang is. Maak ‘n mens siek en kan net bid dat daar ‘n vinnige oplossing sal kom sonder al die geweld

Jaco ·

Well. Ons ken die land nou… sy gaan 3jaar kry. Niks wat ons kan doen nie al weet ons die waarheid. Sy is wit en het gepraat van n mandjie maar ja volgens social media is hulle op haar spoor en die kommentaar daar… die lewe is verby

Monica ·

Nee regtig, nou word dit net eenvoudig te erg… dood onskuldig vra jy ‘n mandjie en die volgende oomblik bars alle hel los…. as di mense bietjie meer geinterreseerd is om Afrikaans te verstaan, dan sal ons nie by hierdie belaglikhede uitkom nie!

Al ·

Op ñ ander noot – indien ñ mandjie as ñ monkey gehoor word, is ñ treffende voorbeeld die King Price advertensie waar die boer dans voor sy trekker omdat die dr gesê het hy ‘must do something to attract her’ om sy huwelik oemf te gee.
Ek glo daar is tog mense wat provokerend optree, videos maak daarvan om hul 10 sekondes van ‘roem’ te hê.

JSG ·

Laat my ook dink aan ‘n staaltjie uit die vroeë 1900’s. Jannie staan met ‘n koei aan ‘n leiriem by ‘n lindelam bruggie. Aan die ander kant van die brug staan ‘n Engelsman die bruggie en beloer. Hy skreeu vir Jannie, “is this bridge passeble?” Jannie verstaan nie Engels en skreeu terug. “Nee oom, dis ma se koei”. Ander voorbeeld is Bluegum wat Bloekom geword het. Gaan lees taal toffie blad vir nog voorbeelde. Misverstande oor uitsprake tussen tale kom al ‘n lang pad, maar stem saam, nie nodig om ‘n bohaai daaroor op te skop. Baie kleinlik, of dalk beplan? Hof sal maar moet beslis.

Saam staan ·

Die arme jong dame word geweldadig aangeval en somer nou aangekla ook en gaan seker nou duisende rande moet betaak vir n woord wat sy nie eers gebruik het nie. Ons as afrikaaners gaan moet erinstig begin vir mekaar opstaan, saam staan, en mekaar ondersteun. Ek hoop maroela media sal opvolg met die saak

Yolandi ·

Ek is so dankbaar dat clicks nie kant gekies het en die wit vrou belet het nie… ek is mal oor clicks en sien nie kans om hulle te booikot nie! :-D

Niel ·

oortoetse asb vir die vroutjie wat verbeel sy het daardie woord gehoor. Net jammer dat alles so uit verband geruk word deesdae. Mos lekker om faam te kry op sulke tipe van dinge. deesdae is dit mos lekker om aandag te kry.

pienkie ·

Wys jou hoe gevaarlik ‘slegte gehoor’ in die moderne lewe kan wees. Alternatiewer op mandjie: dra-bakkie, om-die-arm-trollie ens.

Stef ·

Vra maar erder in die toekoms vir ‘n armgeposisioneerdeminitransportfassiliteit .

Papa G ·

Wat’n pragtige woord! En korrek gespel; ek’s beïndruk. Ek spreek dit met gemak uit.

Koffiemoer ·

Ek was met walging aangekyk toe ek lank terug in Checkers die woord “kaffëine” in ‘n gesprek met my seun gebruik het. En dit by die koffie-rak !

Nel ·

Dit laat my dink aan H&M se “coolest little monkey in the jungle”- klere advertensie wat uit verband vertolk is en tot groot skade vir die winkelgroep gelei het. Nou wonder ek wat dit is met die arme ‘monkeys’…sulke oulike ou diertjies.

DS ·

Alles word uit verband geruk deesdae. Nou die dag klim swart vrou uit taxi sonder om te kyk loop sy reg voor my voertuig in. Soos wat ek met enige iemand wat so stupid ding doen (wit, swart, bruin pienk of pers) druk ek die toeter. Sy stop en ek kan aanry. Kry parkering. Toe ek uiklim is die vrou by my en dis die lelikste white b woorde en sy gryp my aan arm en who do you think you are. Ek was rustig en het vir die sekuriteits persoon ‘n swart man (wat haar probeer keer het) gese om vir haar te se as sy weer aan my raak skiet ek haar (snaakste is ek het nie my pistool by my gehad nie) en om haar te se dat ek het toeter gedruk om haar te waarsku. Hy het met haar in haar taal gepraat en dit was vinnigste wat sy omdraai en weggeloop het. Sy was arrogant en wou moeilikheid maak. Dis onaanvaarbaar hulle dra alle situasies deesdae om dat dit rassisties moet wees.

Anoniem ·

Sjoe, jy moet versigtig wees!!!! Hulle kan klag teen jou le vir doodsdreigemente!

Sjtttttttt ·

eintlik moet ons wittes OPHOU om met ander mense te praat .. hulle soek skoor, hulle soek in alles rassisme .. jy se absoluut niks .. soos hulle met jou maak .. Bly net stil, koop jou goed, swipe jou kaart en loop . ek begin dit oorweeg om alles online te koop dat ek niks met die MANDJIES te doen hoef te he of die TROLLIES nie ..

Jj ·

Ek was gister by die werk aangespreek oor ek met n mede kollega afrikaans gepraat het en sy nie kan verstaan wat ons sê nie. Sy wil seker wees ons skinder nie van haar nie. Moes maar jammer sê en my opinie vir myself hou. Daar word Xhosa voor ons gepraat maar ons mag niks daaroor sê nie.

Papa G ·

Lag my slap! Verlore in vertaling. Mens moet maar nougeset op jou taalgebruik let. Moet liefs nooit vir iemand vra om aan die ander KANT verby te loop nie. Nederlands behoort heeltemal verban te word in SA…

JSG ·

Sal my nederlandse vriende waarsku. Ons Afrikaanse mense dink alreeds hulle vloek baie, maar dis maar hoe hul taal klink en dan seg hulle ook net wat hulle wil. Wat sal die lot dink wat weier om Afrikaans te verstaan?

Nel ·

As sake so aanhou sit ons een van die dae met ‘n erg verarmde taal.

Bernadette ·

Ai wat word van ons. Gister in Pick en Pay Olympus Plaza Pretoria. Die ou voor my word vriendelik totsiens gegroet. Ek groet toe vriendelik en kry n ignore,…groet weer…weereens niks. Mond staan waar opgeblaas deur die hele transaksie. Why…..is it because im white? Just asking

Gatvol ·

Een van die dae word afrikaans verban omdat dit ‘n “offensive” taal is en moet dit uit respek tog asb net nooit weer gepraat word nie. Maak nie saak wat mens deesdae in jou eie taal sê nie is jy in die moeilikheid…
Ek is so siek om dieselfde stories elke dag te moet lees oor hoe iemand se gevoelens weer seer gekry het en daar n saak gemaak is en dat die persoon heel moontlik ‘n fine gaan betaal. Ek begin wonder of dit ‘n geld maak storie is, cry wolf en kry geld.

Hennie ·

Sal die persoon wat die video geneem het vervolg. Volgens my opinie moet jy toestemming van die persone kry voordat jy net video of fotos van hulle kan post op sosiale media of enige media waar die publiek toegang het.

Stuiwer ·

Miskien het dit tyd geword dat ‘n entrepreneur ‘n bril maak wat sal keer dat mens kan sien of ‘n mens wit of swart is. Maak almal sommer pienk. Wonder wat die klagte dan weer sal wees. Seker omdat die entrepreneur wit is?

WJ ·

Dit is nou die twak wat gebeur wanneer jy nou begin woorde verban. Daar moet `n saak teen die rasistiese swart dame gemaak word, dit is nie die wit dame wat rasisties was nie maar die swart dame onmiddelik rasisme geskree het nadat sy nie behoorlik geluister het nie.

hh ·

Kom ons maak die boek toe en beweeg aan. Hier kan niks van kom nie. Dis net te belaglik.

Ouma ·

Ek bly al Langer as 13 Jr in ‘n kompleks en kan seker hier maar as “almal se Ouma” beskryf word. Deesdae kan ek nie meer durf waag om
‘ n seunskind te groet met die gebruiklike “hallo,my boy” nie.
Só sensitief het hul ouers geword… Nou groet ek maar liefs “hallo,my son”

$ ·

‘n Vriendin is by haar werksplek skuldig bevind aan rassisme omdat sy na ‘n jong meisie (kollega) verwys het as “the girl that (en die rol wat sy in die werkspkek vervul genoem) …” in ‘n epos.

Michael ·

Ek sal graag wil sien in watter sin die woord mandjie en monkey met mekaar verwar kan word.

$ ·

As mens Afrikaans nie verstaan nie, sal jy – behalwe die woord ‘mandjie’ – die res van die woorde in die sin ook nie verstaan nie. Dus hoef daar nie ‘n sin te wees waarin die twee woorde verwar word nie; daar is waarskynlik iets gesê soos “as ek net by my mandjie kan uitkom” of “kan iemand dalk asb my mandjie aangee?” en die persoon wat aanstoot geneem het, het net (verkeerdelik) die woord “monkey” gehoor en haar eie afleidings gemaak. Die res van die woorde in die sin is (vir haar) onverstaanbaar en irrelevant.

Gery ·

Het die vrou nou regtig haar albasters verloor?! Wie in sy normale verstand sal in vandag se sameleweing net op stap na iemand toe wat jy van geen kant af ken nie, en haar n “Monkey” noem. Dis duidelik n mis verstand!! Die rasse kaart moet altyd oorals gebruik word. Miskien moet hierdie vrou eerder gaan vir berading vir “anger managment isues”. Wie tree ooit so op in die publiek??

Gail J v Rensburg ·

As julle baie mooi na die video kyk, sal julle duidelik sien, dat dit wel oor die vrou se mandjie gaan. Ek het die video oor en oor gekyk.
Die vrou se trollie (mandjie) is op anderkant vanwaar sy staan. Jy kan duidelik sien hoe sy 2 keer probeer om dit nader te kry, Haar handsak op die trollie oop, sy het haar beursie in hand.
Die vrou is deur Clicks se werkers geklap. {Dit is vrou met die lig blou hemp}
Jy kan duidelik sien die vrou met die swart kleur kort bob gesnyde hare kom van agter die toonbank, wat ek aanneem waar die vrou betaal het, en haar trollie daar gelos het.
Sy squeeze deur almal en kan jy sien sy haar hand lig, sy klap, en die vrou wie aangeval word, se kop lyk of iets haar tref.
Die vrou wat aangeval is, het al die reg om klag te gaan le teen Clicks asook die ander vrou.
Ek is Engels, en ek verspreuk my gereeld, met mandjie of trollie. So ek glo, dat sy wel gevra het vir haar mandjie.
Hoeveel, van die ander groepe, wat nie goed is in ons moeder tale verspreek hulle in ons eie taal, en ons help liewer reg waar ons kan.
Een ding wat ek wel kan se, ek glo Die Here was by die vrou’tjie, sy was so kalm, en het rustug aangegaan. Ek glo sy het seker gekook binne-in.
“Miskien ‘n baie goeie les vir ons almal”

Ekke ·

Gaan “mandjie” nou ook n verbode woord word wat jy nie mag gebruik nie.
Alles in die land is so belaglik. So bly my kinders en kleinkinders is hier weg. Dit maak my bekommernisse net soveel minder.

Marra ·

My kinders was maaitjies met ons bure se kinders. Soms het die kinders mekaar hek toe geroep, maaitjie,maaitjie kom speel! Langs ons was n nie blanke en sy gesin. Ek was besig om kos te maak vir my gesin toe ek op ons cctv oplet daar is iemand besig met slot by hek. Ek het natuurlik gaan onder soek instel. Dit was my nie blanke buurman met n mes in sy hand. Hy wou my dood maak want my kinders skreeu elke dag vir hom hy is n monkey. Ek kon nie verstaan waar hy vandaan kom nie en die kinders oor en oor gevra wie noem die man n monkey? Dag of twee later het dit my voor geval toe die maaitjie weer na mekaar roep. Dit word selective hearing genoem!!!! Ek sien dit elke dag meer en meer. Ek het nou die dag n groot bedrag groceries gaan koop. Scratch gedoen en gevra vir my slip. Nou kyk ek is baie oplettend en het gesien my slip het op grond onder haar voete beland. Ek vra haar asb om te kyk vir die slip. Sy het na haar voete gekyk en gese sorry…. next time. Uhm nee ek moet by die deur uit gaan, met geen slip. Aspris verby, ek vrees vir my kinders se toekoms in hierdie land

Carol ·

Ag asseblief! Gesels lekker in Clicks se gange. Hoekom sal ek Clicks boikot? Hoop hulle het genoeg mandjies vir al hul klante.

Lindalee ·

I wonder how much merchandise will be missing when its time to do stocktaking,?

JSG ·

Laat my ook dink aan ‘n staaltjie uit die vroeë 1900’s. Jannie staan met ‘n koei aan ‘n leiriem by ‘n lindelam bruggie. Aan die ander kant van die brug staan ‘n Engelsman die bruggie en beloer. Hy skreeu vir Jannie, “is this bridge passeble?” Jannie verstaan nie Engels en skreeu terug. “Nee oom, dis ma se koei”. Ander voorbeeld is Bluegum wat Bloekom geword het. Gaan lees taal toffie blad vir nog voorbeelde. Misverstande oor uitsprake tussen tale kom al ‘n lang pad, maar stem saam, nie nodig om ‘n bohaai daaroor op te skop. Baie kleinlik, of dalk beplan? Hof sal maar moet beslis.

Sue ·

Daar kan duidelik gesien word dat n Clicks werknemer die blanke vrou wil klap en haar kollega het sy hande vol om haar te keer. Sy het Clicks se klere aan. Hoe kan hulle sê daar was geen kant gekies nie

HPV ·

Ek dink Clicks behoort nie mense soos daardie skreeuende gillende vrou in diens neem nie, uiters swak advertensie vir hul besigheid. Sit my voete nie weer in hul winkels tot en met aanvaarbare terugvoer insake hierdie voorval…

LEES!!! ·

Maak oop jou oë en lees reg. DIE VROU WAT GESKREE HET WERK NIE BY CLICKS NIE!!!!!! dit was KLIENT. ALTWEE was KLIENTE.

Ai julle mense wat half lees en dan nog dink julle kan saam die groot mense gesels!!!!!

HPV ·

Lees, ek stem saam Sue, Kyk na die twee Clicks werknemers, die een wat die ander keer. Dit is waarom ons terugvoer vra. Indien so iets in my besigheid gebeur sal ek beslis die media deur terugvoering op hoogte hou.

Werner ·

Nou waar is wonderlike Afriforum nou nog nie n piep gehoor nie

Klaar gepraat ·

Ek gaan beslis my voorskrifte skuif na ‘n ander apteek nader aan die huis. Ta ta Clicks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.