Video: Polisiebeampte daag glo dronk by klaers op

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdag laat hoor die polisiebeampte wat glo onder die invloed van alkohol was in ʼn video wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, word nou ondersoek.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens die stasiebevelvoerder van die Mountain Rise-polisiestasie het die konstabel Sondag om 01:30 reageer op ʼn klagte in Copesvillerylaan waar die klaers agtergekom het hy is hoogs besope.

“Die voorval is onmiddellik onder sy bevelvoerder se aandag gebring wat hom van diens af gehaal en die voorval by die stasiebevelvoerder aangemeld het. Hy en die konstabel wat hom daardie dag rondgery het, word nou ondersoek,” het Naicker gesê.

Naicker het gesê hoewel die bestuurder nugter was, het hy nie teen sy kollega opgetree nie en word dit ook as ernstige wangedrag beskou. “ʼn Senior beampte is aangestel om die kwessie te ondersoek.”

Op die video kan gesien word hoe die vermeende klaers die man afneem en vir hom sê hy is dronk. “Jy kan nie eens staan nie!” snou een hom toe, terwyl die beampte uit die voertuig klim. Sy dienspistool is duidelik sigbaar op die beeldmateriaal.

Volgens Naicker doen dié beampte nou net kantoorwerk en is sy vuurwapen van hom weggeneem terwyl hy ondersoek word.

Naicker het die fluitjieblasers in die gemeenskap bedank en gesê die polisie beskou dié soort gedrag in ʼn baie ernstige lig.

“Ons sal altyd optree teen skuldige beamptes aangesien ons glo polisiebeamptes moet van die hoogste kaliber wees om ons mandaat te kan uitvoer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

docpietza ·

Hi siestog dit is maar die standaarde wat hul regering en leiers vir hulle stel.

Sterkte ou maat.

James ·

Hulle kan bly wees hy was in die derde graad van dronk. As hy in die tweede graad van dronk was, het hy waarskynlik sy dienspistool uitgepluk, ‘n waarskuwingssarsie afgevuur, en more vertel ‘n klomp rassistiese Indiers het hom geprovokeer. As dit by SAPS kom – hoe dronker, hoe beter, vir die res van die samelewing.

Poot ·

@Johanna Botha
Wees versigtig om te veralgemeen. Ek het 33 jaar diens in SAPS met ‘n onberispelike record. Ja daar is vrot appels in SAPS, net soos in enige ander organisasie, staat of privaat. Hierdie dinge steek my ook dwars in die krop hoor.

Genieve ·

Is dit ooit n polisieman wonder ek my miskien hom langs di pad opgetel whooo aarde sluk my in.

grapgat ·

weet jy poot, daar is seker 95% vrot appels en seker net 5% nie vrot appels in die SAPS ek hoop jy is maar een van die 5%

jan ·

Waarom nie die lid dadelik skors sonder salaris nie totdat die saak klaar ondersoek is nie?
Skandelikke optrede!

Spark Plug ·

Daar was n bring en draai en dop by die stasie..hoekom pla die publiek as hulle sien die polisie is besig om te kuier. Kan mense nie wag tot more nie

Cherokee ·

Darem een kommentator wat redelikheid aan die dag lê. Jy’s ‘n vonkprop!

Bees ·

TIPIES!!!
Ek neem lankal nie meer die polisie ernstig op nie. Grap in blou.

Ryan ·

Hy sal seker net ‘n klein tikkie op die hand kry, “moenie weer nie nê, ander ooms en tannies hou nie daarvan nie” Dis mos hoe dinge is in SA. Sê net jy is lid van (ons almal weet watter politieke party) dan word jy as “previously disadvantaged” beskou en word beskerm..

Welkom ·

Die regering will wettige en meer verantwoordelike wapeneienaars ontwapen,
Roekelose en onverantwoordelike polisielede word toegelaat om met wapens ront te beweeg.

Hoeveel wapens word van polisielede geroof wat van diens af is?
Hoekom word polisielede toegelaat om wanneer hulle van diens af is, hulle vuurwapens huis toe te neem.
Hoekom kan dit nie soos met die weermag se geval by die stasies bewaar word en korrek uitgahandeig en beheer word soos dit hoort nie?

Dit laat mens wonder

Emma ·

Ag en wat gaan hy oorkom niks, dit is mos maar die norm. Dit is hoekom ons land lyk soos hy tans lyk daar is geen trots op jou werk nie.

Baardman ·

Hulle drink aan diens en in uniform dieselfde soos die “army” soldate meer dronk op straat as aan diens.

Alida ·

Baie respek vir die getroue SAPD lede wat n passie vir hul werk het. Hierdie lyk soos n werkskeppingsprojek en die lid voel n veer vir die amp wat hy/sy beklee maar die salaris is al wat tel.

En nou? ·

‘n Polisieman is ‘n polisieman… …is ‘n polisieman!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.