[Video] Polisiebeampte met hamer aangerand, beroof

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ʼn Polisiekonstabel is Maandagoggend wreed met ʼn hamer in Kaapstad aangerand en van sy dienspistool beroof.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die aanval het om 08:05 by die Woltemade-treinstasie in Voortrekkerweg in Pinelands plaasgevind.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die aanval word sedertdien op sosiale media versprei. Dit wys hoe twee mans, met wit pette op, die polisiebeampte ten aanskoue van leerders van agter af oorval. Die beampte word dan verskeie kere geslaan voor die verdagtes van die toneel vlug.

Traut het gesê die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die beampte se toestand kon nie dadelik bevestig word nie. Volgens onbevestigde inligting word hy in die waakeenheid van ʼn hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Skokkend ·

Hierdie is skokkend geen vrees vir die polisie maar die wreedheid waarmee die polisie man aangeval word hoe kan sulke wrede barbare toegelaat word om vry rond te beweeg.Ek wil nou sien wat die polisie nou gaan doen dit is ten minste een van hulle.

Skokkend! ·

Dis uiters skokkend om te sien dat soveel mense daar verbyloop en nie eers EEN persoon draai terug om die konstabel te help nie!!! Skaam julle!!
Sterkte aan die konstabel ek hoop hy herstel ten volle en dat sy kollegas moeite doen om daardie twee vas te trek en te hete waar hulle hoort!!

Woedend ·

My 1ste gevoel ook, niemand raak betrokke, die wreedheid is onglobaar. Hoekom nie ten minste net die hammer wegskop nie. of gryp en hol. Alarm maak nie, as jy dan fisies te bang is om betrokke te raak. Menseregte en Minister van Polisie waar is hierdie Polisie beampte wat ‘n eerbare werk doen se reg????????????????????????????????????

JP ·

Laat jy in daai situasie is en sien hoe braaf jy eintlik is. Ek glo sal ook weg hardloop en ten minste die polisie bel.

Coenie ·

Dit is wat die polisie nie verstaan weens hulle laksheid/luiheid vrees kriminele hulle nie eers meer nie wat van die gewone man of vrou op straat wat belasting betaal om veilig te wees maar ek wil vir elke polisie beampte wat nie sy werk doen nie sê jy of jou familie kan ook n teiken wees soos wat met julle arme kolega gebeur het.Sterkte aan die beampte ek hoop hy herstel gou.

Edward Schlodder ·

Dinge raak nou baie sleg in Suid Afrika as die polisie nie meer vielighied kan handaf be targets begin word.

Namgrl ·

Oh liebe genade, ek het soveel pyn gevoel vir hierdie arme siel. Dit is verskriklik!!!

LB ·

Vir hulle is die tipe gedrag alledaags daarom reageer niemand nie. Hulle word groot met geweld as oplossing as jy nie met iemand saamstem nie.

christa ·

Wat ‘n skande!!!!!!!!!!!! . Waar was al die mense wat saam gestap het., of het hulle gerieflikheidshalwe niks gesien nie. Ek bid sterkte vir die polisieman.

christa ·

waar was al die omstanders wat saam gestap het… Hoekom die polisieman nie help nie????? Ek bid vir sterkte vir die polisieman.

Hettie ·

Hoop polisieman is okey! Sterkte! So skok om so te kyk hulle is gevoeloos om mense seer te maak – met hammer geslaan dis eina!

Leon ·

Nou toe, kom ons watter grootkop van die regering, of selfs die polisie, die agbare minister ingesluit, het die “guts”, om na daardie familie en SAPS lid toe te gaan, en te sê dat dit sal beter gaan. Dat daar iets aan gedoen sal word. Dat geen steen gelos gaan word om die skuldiges te kry nie! Dat ‘n ouer, ‘n eggenote, ‘n kind vertroosting sal vind.

Leahim ·

Ek het geweet dit gaan nie lank neem vir hierdie tipe kriminele om die polisie te begin teiken nie .Ek dink hierdie is jou tipiese plaasaanvaller as gekyk word na die wreedheid waarmee aangeval word.Ek gaan weer sê die polisie moet verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie wetteloosheid en ek hoop Andrew en Fanie gee hulle insae hier oor hoe hulle die tipe misdaad gaan bekamp

Theresa B ·

Barbare – Ek kan nie glo dat NIEMAND die SAP-lid help nie.

Idris ·

Welkom in Suid-Afrika. Wat hartseer is, is die feit dat die meeste mense nie eers geskok gaan wees nie, want dit is wat jy in die land verwag.

SjN ·

Kyk hoe tree hulle op in die openbaar op om n vuurwapen te bekom, dink net wat doen hulle as dit op n afgelee plek is, Fikele, die sapd is nie in staat om wet en orde toe te pas nie. Sal graag jou kommentaar wil hoor.

Lydia Steyn ·

Lyk my dit is dieselfde hammer bende wat die ander trein stasie ook beroof. Mense wat saam met my trein ry is verlede Vrydag by De Grendel stasie aangeval deur mans met hammers en messe en vanoggend op Avondale is my trein vriendin se man aangeval ook met hammers, nadat hy haar by die stasie afgesien het. Dit is drie mans. Die een man wag in die kar terwyl die ander twee mense beroof. Hulle ry met n rooi CW (Worcester) golf.

Denise ·

hoekom sal hulle hom help of hoekom wil julle he een van die mense wat verbygeloop het moet hom help as die regering die tipe van gedrag oop arms verwelkom en dit besing en net mooi niks aan al die moorde , verkragtings, aanrandings van onskuldige mense elke dag ignoreer dink julle iemand gee om ek dink nie so nie my hart gan uit na al die boere , mense en oumense wat op die mees afskuwelikste maniere elke dag vermoor en aangerand word. Without prejudice!!!!!

tom ·

Hoop die mense wat wapens dra steek hulle onder klere weg jy gaan geteiken word

No ways ·

Dit was nie ‘n rooftog nie. Daai man met die hamer het geslaan om dood te slaan. Mens kan elke nou en dan sien hoe hy eers wag en mik voor hy verder slaan. Hulle wou die polisieman doodmaak. Ek vermoed dis ‘n bende wat vir iets wraak neem. Die polisie in SA het regtig ‘n ongelooflike gevaarlike werk.

anton ·

Wel die polisie beskerm nie meer die publiek/man op straat nie, dus hoekom moet die publiek hulle help as hul aangeval word???
Net n vraag.

Attie ·

My liefste kollega ek ken jou nie maar waardeer jy is, is ondenkbaar, my hart gaan uit na jou dit kan met eniger van ons gebeur. Maar hulle sal gevang word. Sterkte vir jou en jou familie vir die hartseer weerdeer hulle nou gaan. 1. Coenie net ter inligting staatsamptenare betaal ook belasting, so nie asof jy ons salarisse betaal nie. 2. Leahim geweld op polisiebeamptes is ‘n algemene ding wat elke dag plaasvind, daar word blindelings open ons geskiet by tonele, ons word aangeval by ons huise, onse moet altyd vrees dat ons families geteiken kan word. 3.Denise ken jy die betrokke beampte, weet jy hoe voel sy familie, dit is ‘n gevoellose opmerking wat jy maak wat sou jy sê as dit jou man, seun of selfs dogter was, en dan is jy seker ‘n kerkmens. 4. Anton ons probeer ons bes om ons land en mense te beskerm, ons moet elke dag ons werk doen onder moeilike omstandighede, politiek, oningeligte publiek,ens.Ja daar is vrot appels onder ons maar ons is nie almal vrot nie. Ek wens jy kan hoor hoe praat julle as die publiek met ons as ons klagtes bywoon, maar ons moet dit verdra. Onthou julle almal net dat van die lede wat nog nie geloop het nie naby aftree staan. En van die nuwe lede probeer baie hard, gee ‘n man krediet waar dit toekom.

Ada ·

Dit is nie civilasation nie. Wat is dit – anargie – die polisie het nie meer ‘n kans nie. – Helfte van die polisie is korrup – en dit help ook nie. Ook hulle offisiere is korrup – en ook die wat bo die offisiere aangestel is. Nou waar laat dit ‘n mens.

kat ·

Dit gebeur wanneer ;n regering nie in beheer is nie. Anargie. Vir die regering gaan dit net oor hoeveel hy in sy sak kan steek. Verder niks. Geen waardes – geen moraliteit – geen rugraat – geen godsdiens – niks. Dan gebeur hierdie dinge. Alles waaraan die regering geraak het – is tot niet – verval.

Des ·

Hoe gaan dit met die offisier.
Dis so so wreed. My hart breek in stukke om te sien hoe mense mekaar uitmoor

Pop ·

En daar het hulle nog n wapen om mee te moor. Dìt is hoekom mense bang is om betrokke te raak. Hulle skiet jou voor die voet dood. Hulle het met voorbedagte idee gegaan en gewag vir n geleentheid, dis hoekom hulle weg is by hulle huis met n hamer. Hierdie regering het nie n idee wat om te doen met al die anargie om hulle. Hulle moet oppas. Een van die dae word hulle ook so aangeval. Die wiel draai.

Johan ·

Ek wil nie weet wat hulle nou gaan aanvang met daai vuurwapen wat hulle gesteel het nie.Kan net dink wat hulle als kan doen met n vuurwapen.Ek hoop hulle word gou gevang.

Freud ·

Hmmmm maar die polisie, so word beweer, is besig om die misdaad hom te slaan…. God help us all!

anton ·

Attie,Op n skaal van 1 tot 10, wat sal jy se is die polisie se effektiwiteit tenopsigte van die beheer van misdaad in die land? Ek skat so max 3 uit 10.
Ek weet daar is n paar wat nog probeer maar baie van hulle het ook al oorgegee en ry nou maar die soustrein. (Ek ken persoonlik sulkes.)
En moenie vergeet dat julle die keuse gemaak het om die polisie jul loopbaan te maak nie.
Krediet kan net verwag word as dit verdien word!!!
Dit help ook nie om die publiek aan te val omrede hulle nie meer vertroue het in die SAP nie.
Dink hulle het die volste reg om so te voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.