[Video] ‘Polisiekarkaper’ vas ná jaagtog, botsing

Die verdagte ontvang behandeling ná die ongeluk. Foto: Verskaf

ʼn Hoëspoedjaagtog deur die strate van Alberton aan die Oos-Rand het tot ʼn dramatiese einde gekom toe ʼn verdagte glo geskiet is en ʼn gekaapte polisiemotor in ʼn ongeluk betrokke was.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die Gauteng-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn polisiebeampte het omstreeks 14:00 op die N12 roetine patrollie gedoen toe sy twee mans langs die pad sien “baklei” het.

“Die beampte, ʼn vrou, het stilgehou en probeer om die mans uit mekaar te dryf. Een van die mans het haar skielik gegryp en vasgehou, terwyl die ander man in die polisiemotor gespring en weggery het,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini het ʼn motoris tot die polisiebeampte se redding gekom en het die man wat haar vasgehou het op die vlug geslaan.

Die beampte het die polisie van die kaping in kennis gestel en ʼn soektog na die motor is van stapel gestuur. Sy is daarna met geringe beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Die motor is kort daarna in Alberton opgemerk en ʼn jaagtog het gevolg.”

Die man het glo op die polisie geskiet en die polisie het teruggeskiet.

Die man het naby die hoek van Jan Coetzeestraat en Kritzingerweg beheer oor die voertuig verloor en was in ʼn botsing betrokke, waarna hy aangekeer is.

Hy is deur paramedici op die toneel behandel en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Die Alberton-polisie ondersoek ʼn saak van motorkaping. Die soektog na die ander man wat in die “geveg” betrokke was, duur voort.

Die verdagte ná die ongeluk. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marous ·

Die regering het die polisie hul magte en bevoegdhede ontneem. Hulle mag hulself nie beskerm nie . Mag diegene wat die chaos aangeblaas het een vir een deurloop , en die polisie met hul arms gevou staan en toekyk.

Middelburg ·

Ek dink nie die skoot in die kop kon hom enige skade gedoen het nie, want iemand wat ‘n polisie motor “kaap” en wegjaag het sekerlik nie veel breins nie!

Adam ·

Sou julle reaksie dieselfde gewees het indien dit een van julle familielede was wat gekaap was?

Jaco ·

Sien ek reg? Is die kaper n blanke man? Ons land is werklik in sy ####

Martin ·

Misdaad onderskei nie tussen ras nie. Ek wonder net wat was hulle motief vir die kaping want dit was nie n baie bright idee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.