Video: Polisieman betrap waar hy glo steel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Polisiekonstabel word ondersoek nadat hy glo op kringtelevisiekamera betrap is waar hy geld steel op ʼn misdaadtoneel in Pretoria.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vrugte- en groentewinkel in die noorde van Pretoria is twee weke terug beroof. Die konstabel, ʼn vingerafdruk-deskundige, is na die winkel ontbied om vir vingerafdrukke te soek.

“Die beeldmateriaal wys hoe die beampte geld steel nadat hy ʼn werknemer van die winkel uit die kantoor stuur. Daar sal kriminele en dissiplinêre stappe teen die beampte geneem word. Sy skorsing uit die polisie word tans geprosesseer.”

Volgens Kweza het die beampte in Maart 2008 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Geen wonder daar word gesê dat ons van die beste polisiediens ter wereld het nie. 95% van die misdaad gevalle is die SAPD reeds op die toneel.

Drieks ·

Ons almal kyk na hul as misdadegers. Ons meld as ons kan niks aan by polisie stasies nie. Daarom weet Suid Afrika die statestieke is baaaaaie verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.