[Video] Polisieman jak glo klaer af

Argieffoto

Argieffoto

Die video volg onderaan die berig.

Die polisie het gesê hy dra kennis van ʼn video wat die ronde op Facebook doen waarin ʼn beampte glo ʼn jong vrou van Pretoria se foon in ʼn polisiestasie uit haar hande klap.

Die vrou, Jeanevie Swart (19), het Sondag die video op Facebook gelaai nadat sy ná ʼn traumatiese padwoede-voorval glo nie die nodige ondersteuning by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ontvang het nie.

Swart het Maandag aan Maroela Media gesê sy was Vrydag in haar ma, Monique, se motor om vir hulle middagete te gaan koop.

“Ek en my ma werk saam. Ek was omstreeks 12:00 in Lynwoodweg toe ek kwansuis voor ʼn vrou in ʼn bakkie ingery het,” het Swart gesê.

Sy het gesê daar was ʼn ouer vrou en ʼn kind in die bakkie. “Die vrou, ek skat haar in haar 40’s, het vir my toeter gedruk en tekens gewys. Ek weet nie hoekom sy kwaad was nie, want daar was genoeg afstand tussen ons toe ek van bane verwissel het.”

Die vrou in die bakkie het glo verby Swart gejaag en voor haar ingery. Sy het glo probeer om Swart se motor van die pad af te druk en het die heeltyd voor haar gery en remme aangeslaan.

“Dit was vir my vreeslik. Ek wou net verby haar kom, maar sy het my die heeltyd met haar motor verhoed om verby te kom. In ʼn stadium was daar spasie en ek het probeer verby ry, toe stamp sy my ma se motor met opset.”

Swart het tot by ʼn nabygeleë Engen-vulstasie gery en daar probeer om haar ma te bel.

“Die ouer vrou, ek vermoed dit is die bestuurder se ma, het toe na my toe gestap en my uit die motor geruk. Sy het my rondgestamp, geruk en gesê sy gaan my doodmaak want ek is ʼn wit b***h. My foon het onder die passasiersitplek beland en ek het by ʼn ander motoris om hulp gaan aanklop om my ma te bel. Die vrou het toe twee van my ma se bankkaarte wat in die motor was gegryp en weggery.”

ʼn Getraumatiseerde Swart is direk daarna na die Brooklyn-polisiestasie waar haar ma vir haar gewag het. Die twee vroue in die bakkie was glo reeds by die polisiestasie. ʼn Beampte by wie sy onderskeidelik die ongeluk, aanranding, en diefstal van die kaarte wou rapporteer het glo geweier om haar te help. Swart sr. se twee kaarte het na bewering op dié beampte se tafel gelê.

“Ek het ʼn video op my selfoon begin neem van die beampte wat geweier het om my te help, toe klap hy my telefoon uit my hand uit.”

Swart en haar ma het dit nie daar gelaat nie en het by die Brooklyn-polisiestasie gebly totdat hulle uiteindelik deur iemand bygestaan is. Hulle het omstreeks 16:00 die stasie verlaat en later ʼn saaknommer gekry.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het by navraag aan Maroela Media gesê die stasie se bestuur dra kennis van die voorval en het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

“ʼn Senior beampte het die vrou ná die voorval bygestaan toe sy dit aangemeld het. Die klaer het ook onder meer ʼn aanrandingsaak teen een van die ander vroue oopgemaak, wat ondersoek word,” het Weilbach gesê.

[wpvideo JgyShcHv]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

anet ·

Ek hoop dat die polisiebeampte in die video aangekla sal word. Regte “bully” ek wonder of hy dit met ‘n man sou probeer het,of is hy die lafhartige soort wat net vrouens teiken

Asjas ·

Kom ek stel dit so … My man is ‘n groot ou en lyk sommer beduiweld – dus ek vat hom orals saam, veral Polisie Stasie toe. My kar gaan nie eers in vir ‘n diens sonder sy bystand nie. Dieselfde motorhawe het my bykans R1,000 meer kwoteer as my man vir dieselfde werk.

Tania ·

Op daai punt. Hoe hartseer is dit dat ons vroue offer bietjie van ons onafhanklikheid vir veiligheid? Byvoorbeeld: ‘n vrou wat alleen ry is nie so veilig as ‘n man wat alleen ry.

Lynette ·

Wat gaan aan dat die S AP en Metro polisie so klapperig is? Hulle moet dit tog ooit met my probeer!!!

George ·

Ek weet nie wie is skuldig nie maar wie het die bullebak polisieman die reg gegee om te oordeel? Sulke skuim moet uit die polisiemag verwyder word. Soos die spreekwoord lui: Elke hond kry sy dag en ‘n brakkie ‘n naweek.

neelsie ·

Laat ons nou maar die saak dophou.
Wanneer is dit nou rassisme?
Die arrogansie van die mense laat mens dink ………
Moenie die saak terugtrek nie …gaan voluit!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie gemors hoort nie in die polisie nie . Regtig hy is nie eers n verskoning vir n polisieman nie . Vat hom cleaners toe.

MM ·

Ek hoop sy dagvaar die Polisie en sit ‘n siviele eis teen die beampte in!

FC ·

Daar is erge arrogansie in die kommentaar hierbo. Ek het al gehoor van baie groot en sterk mans wat toegesluit is vir geen rede en erg getraumatiseer is. Jou fisiese grootte en of jy ‘n man is of vrou is het weining verskil.
Die klaer, en so ook baie mense wat kommentaar gelewer kan gerus die ou afrikaanse slagspreek, met die hoed in die hand kom ‘n mens deur die land gaan leer.
Let asb daarop dat ek nie die optrede van die polisie goed praat nie.
Laastens, ek is in ‘n beroep waar mense gereeld kwaad is vir my maar niemand het nog ooit so oo my geskree nie.

George ·

As ek die situasie reg lees het die betrokke beampte aanvanklik geweier om die klagte te registreer. Wie is hy om so ‘n besluit te neem?? Ek was al in ‘n soortgelyke situasie waar ek soos die beskuldigte behandel is. Hierdie is alles dinge wat bydra dat die polisie se beeld totaal vernietig word. Ek hou die situasie met groot belangstelling dop.

sarie ·

FC ..dalk moet jy in ag neem waardeur die dame al is voor sy die laaste strooihalm v geduld uit haar hoed moes ruk.
nie almal is koel kallie soos jy nie.
ek weet, my humeur sou netso opgevlam het na n slegte ondervinding en dan nog die belhalm se groot swart hand my foon wegklap.
ekt raad vir hom…MOET dit net NOOIT met n menopausale vrou waag doen nie!

Leon ·

Kyk mense hier is twee stories. Maar ja dit klink asof die polisie man nie wou help, maar wraggies as jy so met my praat en die cell foon in my gesig druk dan gaan ek dit ook verloor. Sy klink blerrie ombeskof en dis seker hoekom hy haar nie wou help. Wie sal nou regtig weet. Hier sien ek twee partye wat verkeerd op tree. Chill net.

Kobus ·

Dit is die reg van enige lid van die publiek om ‘n polisie beampte te vra om hom/haarself te identifiseer. Uit die kort video is dit duidelik dat hy nie van plan was om dit te doen nie. Daarom dalk die woede by die dame.
Tweedens is dit ook duidelik dat die ander bestuurder swart was, wat ‘n probleem is, en natuurlik haar gaan glo, en jou irriteer. Rassisme?
Ongelukkig is dit ook so dat die meerderheid polisie beamptes dan dink dat hulle die wet en reg is, maar ongelukkig vir hulle is hulle heel onder aan die regstelsel. Maw, hulle is maar die begin van alle sake, en so word dit op gewerk tot in die howe.
Hoe kan ‘n polisie man of vrou enige waardeer wees vir ‘n land as hulle so optree.
Wat hiervan, ek gaan ‘n polisie kantoor binne, Saterdag middag, daar is ‘n sokker wedstyd aan die gang op TV. Hulle skreeu en gaan te kere as of hulle in ‘n kroeg is, met bier bottels in die hand. Almal wat wag word geignoreer. Toe ek vra hoelank ek nog moet wag word daar vir my gesê as ek nie bereid is om te wag nie, moet ek maar na ‘n ander polisie kantoor toe gaan.
Ek het toe, gewapen met ‘n sel foon video en 7 getuies se verklarings.
Bly kalm, kry name, tye en ‘n getuie of twee, en gaan dan direk na die stasie bestuurder, en as jy nie daar regkom nie, die distrikskantoor. Dring aan om op hoogte gehou te word.
So kan die gemors verwyder word.

George ·

Dankie Kobus, puik gestel. Dit blyk dat jy ook met die realiteit al kennis gemaak het. Dit is moeilik vir mense om ‘n mening te vorm as hulle nog nie blootgestel was nie.

Manie ·

Die beampte kort ‘n opvoedkundige les!
Die arrogansie en minagting waarmee hulle die publiek hanteer kan lei tot Groot onaangenaamhede. Dit is geen wonder dat die misdadigers geen respek het vit hulle nie

Paul ·

In die eerste plek wat soek hy in privaat drag in die aanklagtekantoor? Wat soek die FM RADIO in die kantoor? Dit lyk my daai aanklagtekantoor is ‘n sirkus in elk geval. Hou die bestuur verantwoordelik wat sulke ongedissiplineerdheid toelaat.

Elize ·

Hy het nie n uniform aan nie?Tot die konstabels dra uniform!Wat soek hy in aanklag kantoor???

johan ·

Nee ek is jammer dan soek hulle simpatie by die publiek as hulle so behandel word. Verder gee ek nie om hoe jy uitgelok mag gewees het nie, teenoor in klient is so optrede nooit geregverdig nie. My ondervinding met die polisie is dat in groot persentasie van hulle reken sulke optrede is geregverdig, vroeer jare was die polisie waarnatoe jy gehardloop het as jy hulp soek deesdae hardloop jy weg.

Peet Schabort ·

Daar is ‘n KORTSLUITING tussen die SAP(Diens?) en die publiek. Iemand sal effe opleiding moet gee oor hoé om die publiek te behandel al lê die fout by die publiek. Daar moet onthou word dat wanneer iemand by ‘n polisiestasie instap om ‘n klag te lê dan is daardie persoon goed opgewen en hy/sy is nie lus vir verdere rondslomp en onwillige amptenare. Dit gaan nie hier of die klaer reg of verkeerd is want dit sal later in ‘n hof beslis word. So poeliesman, lig jou uit jou stoel en neem die verklaring af soos die klaer dit wil hê. Dit kan tog nie só moeilik en ingewikkeld wees ?

Jaco ·

Die video bevorder nie eintlik die klaer se saak nie. Dis egter kort en moontlik was daar ander onaanvaarbare optrede voor die video deur die polisieman. Ek sou tien teen een haar foon sommer stukkend gegooi het as sy so met my gepraat het en die foon onder my neus gedruk het?? Maar wie weet. Die video is slegs n moontlike punt van die ysberg.

Tania ·

Ek het die video op Facebook gesien en ek voel dat die vrou het dit baie oor ras gemaak in plek van ‘n gebrek van die polisie ondersteuning. Hierdie artikel is feitelike geskryf en moet gedeel word op sosiale media, eerder as die rasgebaseerde beskrywing wat by die video is. Sodra ons iets oor ras maak, ophou ‘n klomp mense te luister, of kry ontsteld en negatief, dit maak nie saak nie wat gesê is. Dit is ‘n voorval van mense, hul ras is nie belangrik nie.

Sandy ·

Sarie, ek het nou so lekker gelag vir jou kommentaar, jy praat die waarheid, moet dit glad nie met ‘n menopausale vroutjie try nie, jy gaan beslis jou Moses teekom ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.