Video: Polisiemanne beroof; agter in vangwa gedruk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes helder oordag in Rabierif in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof en agter in hul eie vangwa gedruk is.

“Die drie persone, tussen 25 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Tembisa landdroshof verskyn,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Die drie staan tereg op aanklag van gewapende roof, kaping, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

“Die verdagtes het twee polisiebeamptes oor middagete genader terwyl hulle by ʼn kosstalletjie gesit het,” het Malila verduidelik. “Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die beamptes gerig en hulle van hul wapens ontneem. Hulle het die beamptes daarna in hul patrollievoertuig toegesluit en met die vuurwapens gevlug.”

Malila sê nog drie verdagtes het opgedaag en hulle het ʼn voertuig gekaap en daarmee gevlug.

“Lede van die gemeenskap het die vangwa oopgemaak en die polisiebeamptes bevry,” het hy gesê. “Die lede het bystand ontbied en die verdagtes is agternagesit.” Die verdagtes het verskeie skote op die polisiebeamptes gevuur voordat hulle beheer verloor het oor hul voertuig. Geen beserings is aangemeld nie.

“Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem en drie vuurwapens gekonfiskeer,” het Malila bygevoeg. “ʼn Derde vuurwapen word verbind aan ʼn voorval in September 2014 waar daar op Johannesburgse metropolisiebeamptes geskiet is voordat hulle van hul wapens ontneem is.”

Die polisie is op soek na nog verdagtes. Die ondersoek duur voort.

Intussen het Eyewitness News ʼn video van die voorval op sy webwerf gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eben ·

” …. twee polisiebeamptes oor middagete genader terwyl hulle by ʼn kosstalletjie gesit het” dis die probleem ‘daar gesit het’. Wat soek hulle daar. Geen wonder daar is nooit voertuie beskikbaar.

Eben ·

Andre hulle kan enige tyd eet … net soos ek en jy, maar om met polisie voertuig(e) te ry en hul privaat etes aan te skaf …. privaat sake te doen …. Mall toe ens is mos nie reg. Inteendeel as ek die mpy waarvoor ek werk se voertuig neem om kos te loop koop is ek weg!

anet ·

Mooi, kry julle eie medisyne ! Ek hoop julle het ook magteloos en weerloos gevoel soos ons daagliks voel oor hierdie krimenele wat los buite die gevangenis rondloop. Dalk sal die polisie nou meer paraat wees(Ek hoop)? Ek het geen simpatie oor wat met hulle gebeur het nie

Jasper ·

Ek het so n spesmaas dat hierdie maar net nog n bedekte ruiltransaksie was.

Riaan Slabbert ·

Jasper, dit was my eerste gewaarwording ook…die poliesiemanne en omstanders lyk net te kalm

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is geen wonder dat hulle oorrompel is nie .Die boewe het agtergekom dat die polisie alwat n beskikbare voertuig gebruik om tydens etensure kos te gaan koop Waarom neem hulle nie kos van die huis af saam werk toe sooswat al die ander mense doen nie..

martie ·

Jasper, hoekom kry ek ook dieselfde gevoel, dit lyk vir my ook te verdag!!!!!!

Amelia ·

Ennnnnnn geen worsteling, ennnnnnnn geen omstanders help of lig ‘n wenkbrou nie! Dit is die nuutste gereelde, gesamentlike roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.