[Video] Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag

Die oorspronklike plasing op Facebook.

Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word.

Die vrou wat vermoedelik die video geneem het, het dit Maandag op haar Facebook-blad gedeel. By haar plasing skryf sy in Engels: “Die vrou is besig om haar DStv-rekening uit te sorteer terwyl ek langer as 30 minute by die toonbank moes wag, net om aangesê te word om môre terug te kom.”

Volgens die inskrywing op haar Facebook-blad is die video by die Buccleuch-polisiestasie in Johannesburg geneem. Die plasing is intussen van haar blad verwyder, maar nie voordat die video gekopieer en wyd versprei is nie.

In die 1:27 minuut lange video kan ʼn mens sien hoe die polisiebeampte, glo ʼn konstabel, rekeninge voor haar hou en in haar uniform met behulp van ʼn staatstelefoon ʼn skynbare probleem met haar MultiChoice-rekeninge uitsorteer. Dit eindig waar die beampte sê sy is nie gelukkig met geld wat afgetrek is nie.

Genl.maj. Nomburuza Napo, die waarnemende polisiekommissaris van Gauteng, het Woensdag gesê die polisiebestuur het “met kommer” kennis geneem van die video wat die ronde doen.

“Die video beeld uit dat ʼn polisiebeampte voorkeur verleen aan persoonlike behoeftes bó dié van ʼn lid van die publiek,” het Napo gesê.

“Sulke optrede deur enige beampte van die polisie is onbetaamlik en kan nooit goedgepraat word nie. Die polisie se belangrikste prioriteit is om die publiek te dien en te beskerm.”

Napo het met onmiddellike inwerkingstelling ʼn interne ondersoek na die beampte se optrede ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jaco Venter ·

Ek ondervind dieselfde swak dies by Dstv en Telkom. Ek weet hoe gefrustreerd die dame moet wees.

Leahim ·

Jaco dit is jou keuse om met DSTv en Telkom besigheid te doen jy het nie n keuse waneer dit by die polisie kom nie sekere noodsaaklike dinge kan net hulle doen en daar sien jy hoe hulle jou help.

Giel ·

Jaco jy was seker by DSTV terwyl hulle na hierdie vrou geluister het.

Afrikaanse Knaap ·

Wat is daar om oor te bekommer? Dit is hoe dit gaan.
SAPS is deesdae niks anders as misdaad “data caprurers” nie. Hulle voorkom niks.
Ek moet egter noem dat Sandton polisie kantoor my nog elke keer flink gehelp het met my versekering eise se dokumentasie.

Willem van coller ·

Regtig Mnr J Venter……….. persoonlike sake moenie in werks tyd afgehandel word en diens nalatig wees nie…….

Daan Erasmus ·

Ek stem saam met J Venter. Dit is ‘n pyn om DSTV te kontak. En jy kan dit net sekere ure doen. SAPD lede het ook ‘n lewe. Wees menslik.

Willie ·

Dis platante moeswilligheid… dis nie snaaks nie, dit gebeur orals… Ek stem DSTV en Telkom net so…. gee net die verkeerde n bietjie mag… I have it, you want it….

Daan Erasmus ·

Sy kan dit in haar lunch uur of haar 4 teabreaks doen. Of sy kan skuif dat n ander konstrabel die persoon help…. mens kan mos hoor hoe moedswillig die klomp lag…

Theresa B ·

Jip – Ek stem. Dis net uiters moedswilligheid. Niks anders nie. Hulle SAL nou vir jou wys dat hulle sal doen wat hulle wil wanneer hulle wil. Basta met jou!!
Sy gaan ook net oor die vingers getik word – hiervan gaan niks kom nie.

Leahim ·

Vir dit wat hulle doen behoort hulle net 10 % te kry weet jy hoe duur is sekuriteit wat ons moet kontrakteur juis oor hulle nie eers weet wat die woord misdaadvoorkoming beteken nie.

Hannetjie Harvie ·

Buitestander, hulle moet eintlik glad nie betaal word nie, want hulle doen niks. Pateties, hulle dink hulle het mag omdat hulle die uniform dra, maar o wee, die ligte is aan, maar daar is niemand tuis nie.

Leahim ·

Hierdie is 95% van die tyd wat die diens by enige polisie stasie is en dit is die rede hoekom dit so gaan geen dissipline geen leierskap en ook styging van misdaad ontbind die polisie en “start a fresh”

Johan ·

Hou op kritiseer en gaan sluit by polisie aan. Aangesien jy dink dat jy beter kan doen.

LB ·

Ons krag was af weens ‘n boomtak op die kragdrade geval het. Ons het ‘n paar keer tydens die aand probeer inbel om dit te rapporteer, telkens was die telefoon opgetel en weer neergesit in jou oor. Later is dit per sms gerapporteer net om 2 dae later ‘n sms boodskap te kry dat die sisteem af was en dat ek weer moet rapporteer as die krag nog nie herstel is nie. Ons krag was vir byna vier dae af omdat dit langnaweek was en hulle nie meer geld het om vir oortyd werkers te betaal nie!! Dus gaan dit by elke staats departement presies so, soos wat hierdie video bewys en as jy kla is jy ‘n rassis.

Outoppie ·

Die gebruik van werkstelefone vir persoonlike sake is diefstal. Indien ‘n kassiere R50 kort is met haar invorderings moet sy opdok . Wat van die tyd wat hulle gebruik om privaatsake doen en dan verwag om daarvoor betaal te word ?

Daan ·

Ja by DSTV is dit more is nog ‘n dag. Almal wat so kerm is dieselfde mense wat as daar ‘n DStv probleem is moet dit NOU reg. Wat my standpunt ook is. Niemand moet betaal vir ‘n diens wat hy nie kry nie. Daai 5 min is nie die einde van die wêreld nie.

gys ·

Dieselfde gebeur met vuurwapen lisensie aansoeke. Jy kan net af kry in jou tee tyd of middag ete tyd. Wanneer jy by die polisie aankom dan is hulle almal met tee tyd of middag ete tyd. En hulle begin vroeer met hulle tee of middag ete tyd en hou vir langer aan as wat hulle moet. Of soms is hulle net nie op kantoor nie.

Vermeende ·

Die eerste gedagte is om te dink ANC maar wie se dat sy nie dalk die DA ondersteun nie, polisie stem mos ook.

Pieter B ·

LOL sy wou net seker maak sy mis nie die rugby die naweek nie dis al!!!!

Pieter ·

Kom nou mense, WIE van julle het nog NOOIT in werkstyd gou ‘n persoonlike ou sakie uitsorteer nie….. Ja. sy is aan diens, en moes dalk haar bel tyd beter beplan het… In die agter grond is dit donker, so, sy werk die nagskof…. Dalk by die huis genoeg slaap gekry om nie aan diens te slaap nie, dalk kinders met huiswerk gehelp, selfoon opvangs tuis is ‘n grap ens ens…

LET PEOPLE IN GLASS HOUSES NOT CAST THE FIRST STONES

O ja, Ek is NIE in die polisie nie, en ja, ek gebruik my werktyd partykeer om privaat sake te doen….

@ PIETER ·

Hel maar jy het lae standaarde, ja het ons al vinnig gebel, natuurlik, maar ek het nog in my lewe nie terwyl ‘n klient vir my staan en kyk en eers my DSTV probleem uitsorteer nie, ek sit onmiddellik die foon neer sou ek met ‘n privaat oproep besig wees. TWEEDENS sy is ‘n polisievrou, hulle is veronderstel om in diens van die publiek te wees en ‘n baie belangrike taak te verrig. Dit is mense soos JY wat veroorsaak dat die standaard ORAL is waar dit is omdat jy dit goedpraat. Dit is een ding om vinnig te skakel, maar dit is iets anders om ‘n hele probleem uit te sorteer met ‘n klient of lid van die publiek wat voor jou staan. jy werk seker ook in die STAATSDIENS~! Geen wonder dit gaan so beroerd daar nie.

PIETER ·

Die persoon wat die video geneem het, lag die hele tyd… As ek in nood is, het ek daardie foon vir haar neer gesit… So, nee my standaarde is nie laag nie…. Vergelyk net appels met appels…
Tien teen een dalk een van haar maatjies, wat net so bietjie ons wit gemoedere wil koer… en hulle het dit nogal mooi reggekry dink ek.
Wat my opval, polisie stasie, geen ander lede op diens, een vrou, as daar nou ‘n malletjie sou inbars, is sy so weerloos soos nog iets… WAAR IS DIE skof bevelvoerder ens ens…
Ek sal liewer tandarts toe gaan vir ‘n wortel kanaal as om te probeer om ‘n misdaad te rapporteer by ‘n polisiestasie…. en ek en my gesin was al paar keer slagoffers van misdaad….
Het nou maar besluit om ‘n “honger” pitbull buite aan te hou en maak seker die boom slange in die tuin word beskerm…..

LB ·

Pieter dit is presies die probleem. Mense se mentaliteteit is presies soos joune nou blyk te wees. Geen trots, geen selfrespek, alles kan maar gaan dit is okey. Daardie uitkyk is wat ons land so in die knyp het. Sy werk vir die polisie!! staan regop, wees paraat, wees iemand waarop die publiek kan staatmaak in tye van nood en andersins wees vriendelik en behulpsaam as jy in daardie beampte se posisie is. Dit behoort te geld vanaf die aanklagkantoor tot die ouens wat buite diens doen.

Danie ·

Othou daar is nie voertuie as jy een dringend hulp nodig het nie .So wat bly oor bel maar die belating betaaler se geld op daar is mos baie ander plekke wat geld maar net oor geplaas kan word dit is mos vir nootsaklike dienste

Maggie van Zyl ·

Indien sy (enige personeel) die tipe van privaat oproepe wil doen, doen dit dan ten minste vanuit ‘n toe kantoor, en n jou etenstyd…. SAP personeel is daar om ‘n diens te lewer. Dit is waarvoor hulle aangestel is, to serve and protect.. met die klem op to serve, want die to protect gedeelte is baie skaars… Ek dink dalk moet iemand aan hulle verduidelik, dat dit nie to serve oneself is nie, maar to serve the public…

Pen ·

Hannetjie dit darm maar maklik om vir jou te se dat die polisie niks doen nie!! En dat hulle nie n betaal moet word nie want hulle doen niks. Wie dink jy hou jou veilig in die aand as jy lekker le en slaap? Dit is nie nodig om sulke kommentaar te lewer nie.. se eerder dankie vir die wat jou beskerm want wie weet eendag het jy hulle miskien nodig

Leahim ·

Die buurtwag patroleerders en chub gewapende reaksie hou ons veilig in ons buurt

M ·

Ons dorp se sekuriteitsmaatskappy is BAIE meer werd as die polisie.. So ja,hulle hou ons veilig,nie die polisie

Boet Fasie ·

Ag was ook al by ons plaaslik polisiestasie om dokumente te sertifiseer, die pesone in die aanklagkantoor het die wereld se tyd, kyk nie eers op van die lessenaar nie, Hulle het daardie houding van jy is verlee en sal wag tot ons by jou uitkom en hierdie is Afrika

Hanna ·

Mensig orals ia sit net sleg. Parys polisiekantoor gee die selfde soort siens. Polisie vrou kou kougom en is op haar selfoon…le so ver agter oor eks waa angstig dat sy op haar harde dop gaan val. Ons totaal geignoreer natuurlik.
Eks nuut in Parys en hoor die polisie stasie het nie n bevelvoerder nie. Nagskof lot slaap tot 4 uur die oggemd en cruise dan eers die nagclubs om memseeae vang.

Ons straat ligte was af vir 10 dae…met my gebel elke dag is dit nou weer aan. Frustreerend.

Apache ·

Veronderstel ek stap die polisie kantoor binne met n lewensbedreigende situasie en ek wil dit rapporteer moet ek dan maar wag totdat die diensdoende polisie lid klaar gepraat het oor die foon?
Al sou alles om die polisiekantoor en binne in totaal inmekaar stort of afbrand dan sou sy nog aan die telefoon hang.

Stofskoen ·

Wie van julle het die film Zootopia gekyk?

Die deel in die voertuig registrasie kantore van die film?

Of dit nou SAPS, SAP of wat ook al in SA, daardie deeltjie lyk al te bekend.

Jakkie ·

Dit is jammer dat mense fokuus op wat die dame mee besig was eerder as die werk waarvoor sy aangestel is , welke sekerlik die bystand aan die publiek is. Sy kon seersekerlik ‘n e- pos gestuur het of ‘n geleendheid gebruik het sou daar nie lede van die publiek gewees het wat hulp nodig gehad het waarop hul sekerlik geregtig is nie. Wat kommerwekkend verder is is dat die persoon versoek is om die volgende dag terug te kom sou ek dit nou reg verstaan. Wat is voud met ons samelewing? So ver ek verstaan is daar ‘n persoon aangestel vir ‘n sekere amp en ‘n persoon wat die persoon nader om hulp in die posisie waarin die eersgemelde persoon voor aangestel is.

Apache ·

Stofskoen ek sien absoluut geen verskil tussen Zootopia en die betreffende diensdoende polisie vrou nie, nou lekker gelag.

Pieter ·

Hoe betreunenswaardig is dit nie om te sien hoe mense opkom vir die polisie beampte se swak gedrag nie. Ek wonder wat sal die mense doen as die dokter in die spreekkamer skielik sy selfoon uit haal om ‘n whats app, sms te beantwoord of selfs ‘n videogreep begin kyk terwyl hy besig is om hulle te omdersoek en dit neem 10 of 15 minute van jou afspraak in beslag, dan moet jy nog betaal vir daai tyd wat jy daar gesit het en wag vir die dokter om klaar te maak … praat weer as dit jou eie sak raak.

Pieter ·

Jaco Venter, duidelik is jy nie gepla oor geld nie, dis jou belasting geld wat daar so gemors word deur die beampte, staats telefoon wat jy voor betaal, staats tyd wat jy voor betaal, haar salaris wat jy voor betaal, en jy vind dit heel aanvaarbaar dat jou belasting geld so gemors word – ????

Johanna Botha ·

Hulle is net daar vir die ”job” en nie om te werk of te dien nie ….wat n vrot spul ! Belasting betaal die vrou se salaris en sy moet die gemeenskap dien en eerste stel ….DSTV bv word nie deur balsting betaal nie en het jy n keuse

M ·

Sy het n selfoon voor haar. Sy moet dit gebruik vir haar privaat oproep en nie staats foon nie. Hoekom so misbruik maak van foon wat vir werks doeleindes daar is?

Paterties... ·

Wat is nou eintlik nuus? Dit gebeur oral. Mense kom dan weg met moord so wat gaan nou regtig met die een gebeur?

Sannie ·

Johan jy is seker een van daai polisielede wat in n groef geval het en dink die wereld skuld julle.
Sy was aandiens en dan lewer mens jou beste.As dit dan haar dienslewering is en haar beste dan moet sy liefs online Tellie sales oorweeg,Polisie is duidelik nie haar passie nie
EK HOOP REGTIG MAROELA MEDIA VOLG DIE STORIE EN LAAT WEET ONS ALMAL WAT DIE UITEINDE VAN DIE SAAK IS

johan ·

hulle werk 4 dae aan en 4 dae af ,sy het genoeg tyd om te bel in haar aftyd,daai foon is vir mense in nood is en nie vir lede nie, dit is sulke goed dat mens nooit deurkom nie en dood gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.