Video: Polokwane-man jaag van gewapende aanvallers weg

polokwane kapingʼn Man van Polokwane (Pietersburg) in Limpopo kon Woensdagoggend daarin slaag om van twee gewapende mans wat hom na bewering wou kaap of beroof, weg te jaag.

Beeldmateriaal van die voorval versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Dit wys hoe die man in ʼn swart BMW op die hoek van Kierieklapper- en Genl. Maritzstraat stilhou, met ʼn wit Polo links van sy voertuig, aan die kant van die pad geparkeer. Die Polo ry dan voor die BMW in, in ʼn poging om die BMW se pad te versper, terwyl ʼn man agter uit die Polo klim. ʼn Voetganger nader terselfdertyd die BMW van die ander kant.

Die bestuurder vermoed onraad en slaag daarin om weg te jaag, terwyl een van die verdagtes op hom skiet.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval Donderdag aan Maroela Media bevestig. Die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind terwyl die man glo op pad was na sy werk. “Na wat verneem word, was drie aanvallers by die voorval betrokke,” het Otto gesê.

Sy het gesê die bestuurder het tot by sy werkplek gery en toe die polisie ontbied. Hy is nie gewond nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het sy bygevoeg.

[wpvideo 1mWfyTV6]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anton Smit ·

Ek hoop die ondersoek gaan in hulle eie geledere begin want as hulle bereid is om n kaping te probeer in die veld van n kamera is die kanse goed dat dit poliesiemanne is.

Hannelie ·

Wanneer iemand op ‘n ander skiet…… Is dit nie ‘n saak van poging tot moord nie?

Kobus van Pretoria ·

Goeie reaksies! Jammer Maroela Nuus praat van “Polokwane”…. Ons Afrikaners sê sommer Pietersburg!

Kobus van Pretoria ·

Goeie reaksies! Jammer Maroela Nuus praat van “Polokwane”…. Ons Afrikaners sê sommer Pietersburg!

SNEL ·

Polities korrek of de nie, hierdie naamsveranderrings is n pot %$#, ek stem Kobus, laat ons nog vashou waaraan ons kan, al is dit ook net ons wat die ou name gebruik. Aarde, niks is meer ons eie nie, ons is bywoners in ons land. Buitendien, die veranderring van al die strate en dorpsname, is net n ontwrigting en onnodige geld wat vermors gaan.

Paul ·

Snel, Ek stem 100% saam met jou. Pietersburg is Pietersburg vir ons mense. My ‘polities korrek’ store is maar net om te wys hoeveel Afriforum/Maroela Media al agteroor gebuig het na die polities korrekte kant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.