[Video] Pta-slimkop het Musk-planne

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Jong wetenskaplike van Pretoria is op die regte pad om sy droom te bewaarheid – hy wil volg in die voetspore van die Suid-Afrikaanse uitvinder Elon Musk.

Armand Duvenhage is ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Garsfontein, en een van die jongste lede van die koerant Mail&Guardian se 2016-lys van 200 Jong Suid-Afrikaners wat dopgehou moet word.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oom Ekonoom ·

Alle ouers, mense wat loopbaanbesluit of loopbaanskuif wil maak, hierdie tegnologie staan bekend as Internet of Things (IoT) en is die groei bedryf vir die toekoms. Bemagtig julself hierin en bemagtig julself en ons nasie. Akademia, neem kennis.

Izzy ·

Wonderlik om te sien hoe ons Afrikaanse kinders so uitblink. Baie sterkte Armand!

Justice ·

BEE sal een of ander tyd sy sprokie ook be-eindig as hy in SA aan bly.

Kestrel ·

Nee BEE hoef nie, entrepreneurs moet net geleer word om in die regte sektor en in regte formaat te funksioneer. Dit verg aanpassing maar dit hoef nie geleenthede toe te maak nie.

Adpvil ·

Ons het nie sulke kommentaar nodig nie. Positiewe denke lei tot ‘n positiewe lewe. Ons word omring deur aaklige dinge, maar baie keer kla ons met die witbrood onder die arm. Die pessimis se glas is altyd half leeg, die optimis se glas is altyd half vol, die realis sê die glas kan weer volgemaak word. Armand – die wêreld het mense soos jy nodig.

Johett Oberholster ·

Ag aarde, die witbroodkommentaar is tog só onvanpas! Die werklikheid staar ons in die oë. Die eerstewêreld ontvang diesulkes soos briljante Armand met ope arms! Trots op jou! Juf. Obie

Armando ·

Die armes van gees à la “Justice” sal ons altyd by ons hê. Gee gas, Armand, ons hou duim vas vir jou. Voorspoed!

Hendrik ·

Die tegnologie is beskibbaar en ‘n mens moet net die jongmense leer op dit toe te pas en aan te pas.

Maria van Dieweeck ·

Armand dis wonderlik, ek sou net graag meer wou verstaan. Ek het gedink die tipe tegnologie is al reeds n wyle beskikbaar. Kry ook niks op Google.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.