[Video] Puk-studente maak self skoon ná ontwrigting

Foto: South Afri-CAN/Facebook

Foto: South Afri-CAN/Facebook

Studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het Vrydag self die kampus skoongemaak nadat betogers onder meer asdromme omgekeer het.

Volgens die rektor, Fika Janse van Rensburg, het ʼn groep mense onwettig in die Amfi vergader. “Die groep mense kon eers tydens die vergadering geëien word. Die organiseerders is ons studente wat hul grondwetlike reg op protes uitgeoefen het. Hulle het egter onwettig vergader en onregmatig die werkers van diensverskaffers, wat ’n kontrak met die NWU het, by hul protesoptrede betrek.”

Janse van Rensburg het gesê die studente wat betrokke was, sal onmiddellik aangekla en dissiplinêr verhoor word. “Die werknemers van die diensverskaffers het hul kontrak met hul werkgewers verbreek. Hulle word belet om die kampus te betree, en ons vereis dat die diensverskaffers sal optree. Die veiligheid van ons studente en personeel bly vir ons die hoogste prioriteit.”

Janse van Rensburg het sy lof uitgespreek teenoor die universiteit se veiligheidsdienste en die SAPD. “Geen eiendom is beskadig en niemand is fisieke leed aangedoen nie. Rommel is wel gestrooi. En wat doen ons NWU-Pukke? Spontaan kom hulle – wit en swart – en in ʼn japtrap is die kampus skoon.”

Volgens Janse van Rensburg is daar wel besluit om veiligheid op te skerp. “In die proses het ons ook lesse geleer. Ons het besluit om van vanaand (Vrydagaand) af die toegangsbeheer te verskerp. Ons het minder hekke oop, en élke insittende van ʼn voertuig moet met sekere dokumente geëien kan word. Ons studenteleiers word verder toegerus om uitlokking te hanteer, en om die nodige inligting aan medestudente oor te dra. Die beveiliging van geboue word ook opgeskerp.”

Janse van Rensburg het sy lof uitgespreek teenoor die studente. “Ons raak nie ‘verskrik’ nie, maar met ons geoefende knieë en vér-kyk-oë pak ons deur genade elke uitdaging met vertroue aan. Waarborg hierdie vertroue dat dit ook vorentoe nét goed sal gaan? Nee, maar ons weet dat alles uiteindelik ten goede meewerk.”

Graag terugvoer oor die dag se gebeure. Kyk ook video hieronder.Die groep mense wat onwettig in die Amfi vergader het, kon eers tydens die vergadering geïdentifiseer word. Die organiseerders is ons studente wat hulle grondwetlike reg op protes uitgeoefen het. Hulle het egter onwettig vergader en onregmatig die werkers van diensverskaffers, wat 'n kontrak met die NWU het, by hulle protesoptrede betrek. Die oortreders is geïdentifiseer. Studente wat oortree het, word onmiddellik aangekla en dissiplinêr verhoor. Die werknemers van die diensverskaffers het kontrak gebreek met hulle werkgewers. Hulle word belet om die kampus te betree, en ons vereis dat die diensverskaffers optree.Die veiligheid van ons studente en personeel bly vir ons die hoogste prioriteit. Ons kan ons Departement Beskermingsdienste, onder leiding van Des Ayob, groot lof toeswaai. ‘n Verdere groot gerusstellende faktor is dat ons in die Suid-Afrikaanse Polisiediens absoluut effektiewe rugsteun het. Geen eiendom is beskadig en niemand is fisiese leed aangedoen nie. Rommel is wel gestrooi. En wat doen ons NWU-Pukke? Spontaan kom hulle – wit en swart – en in ‘n japtrap is die kampus skoon.In die proses het ons ook lesse geleer. Ons het besluit om vanaf vanaand die toegangsbeheer te verskerp. Ons het minder hekke oop, en élke insittende van ‘n voertuig moet met dokumentasie geïdentifiseer word. Ons studenteleiers word verder toegerus om provokasie en uitlokking te hanteer, en om dit aan medestudente oor te dra. Geboue-beveiliging word ook opgeskerp.Ons grootste enkele probleem is die verspreiding van vals boodskappe.. Ek doen 'n beroep op elkeen om die egtheid van berigte te verifieer by PukkePraat@nwu.ac.za, per sms na 31750 of kontak ons by 018 299 2776 of 018 299 2712. Vandag het ons ervaar dat ons Universiteit nie net histories nie, maar ook geestelik diep wortels het. Ons raak nie “geskrik” nie, maar met ons geoefende knieë en vêr-kyk oë, pak ons deur genade elke uitdaging met vertroue aan. Waarborg hierdie vertroue dat dit ook vorentoe nét goed sal gaan? Nee, maar ons weet dat alles uiteindelik ten goede meewerk.NWU-Puk groeteFika J van Rensburg

Posted by NWU-Pukke on Friday, February 26, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sarel Strydom ·

Dit sal seker net Maroela Media wees wat die berig sal versprei. Te mak vir ander media asook die feit dat wit en swart saamwerk. Trots op julle.

François ·

Mooi Potch! Doet só voort! Wys die ander hoe werk dit. Trots op julle!

jan ·

Dit is n riem onder die hart om dit te sien. Baie trots op julle almal. Wys almal dat julle kan saamwerk sonder n probleem.

Sarie ·

Ai!!! Lekker om dit te sien…. ‘n Pràgtige voorbeeld vir andere!!!.TROTS OP JULLE!!!

HEVW ·

Fika jy en Jorrie, ons het gedurende 1973 – 1975 Grieks by julle onder die knie gekry. Deeglike manne. Doen soos dit behoort gedoen te word. Bly daar is nog student van ons vroeere kaliber. Hier uit Suidwes.

Chris ·

Wys net die wat wil leer ongeag van die vel kleur en hulle maak my trots om te se ons is van Suid Afrika. Dit is net n klein meerderheid wat die land wil ontwrig om hulle eie doelwitte te laat seevier. Trots op hulle. Dankie Maroele vir die positiewe nuss berig. Daar is hoop vir die land soos altyd was.

Adrie Hoffmann ·

Dis stunning – Kan nie glo dat hierdie nuusberig nie reeds 100de kommentaar het nie – dis die mooi van ons mense – dis wat mense wil sien en hoor!

Oom Boer ·

Welgedaan Fika, so verblydend om te kan hoor dat hierdie Studente veilig is en so kan saamwerk. Met saamstaan en korrekte optredes kan hierdie elemente van onrus en vernietiginge uit jul stelsels verwyder word en ‘n Universiteit en Kampus van goeie gehalte en gerespekteerde fasiliteite word. Uitstekende werk en optredes wat jul doen, bou voort op die gehalte van positiewe optredes en met goeie gehalte Bestuur gaan daar ook uitstekende studente rade asook studente wees waarop jul trots gaan wees.

Will i am ·

Pragtig PUKKE. Dit is hoe dit gedoen moet word. Trots op julle. Puk ouer

FM ·

Nou gaan die skoonmakers van die kampus seker weer deur die radikales geteiken word, veral die goeie opruimingswerk wat deur die studente van kleur gedoen word.Goeie werk studente. Moet julle nie laat afskrik nie. Hoop vurige kole op die betogers se koppe. Hou net so aan. Julle gee ten minste om vir die Puk. Ek hoop die betogers laat sak hul koppe in skaamte, as hulle ooit skaamte het of n gewete het.

Johann Marx ·

Dankie my twee PUKKE, ek is trots op julle. Staan op vir julle kampus……As Mafikeng wil brand, laat hy brand, maar by Potch sal dit NIE gebeur nie…..

Arina ·

WOW NWU-Pukke julle maak ons trots en is ñ voorbeeld vir al die ander!
Puk ouer

yolandi ·

Gaan die PUKKE die land kan leer van n hoe n reenboognasie saam staan? Pukke julle is awesome!!

Johannes Meintjes ·

Mooi so studente! Jull tree in waar leierskap in SA faal. As die regering en die kerke se mense tog maar ook net hulle werk (altyd en gereeld op tyd) reg sal doen …

Dan ·

Die gematigtes doen soos gewoonlik die vuilwerk, die ander beplan hulle volgende target

Nestus Venter ·

Trots op die studente. As ek die skoonmakers is sal ek nie staak nie. Netnou kom die universiteit agter dat hulle nie die skoonmakers nodig het nie.

Klaas ·

Dit maak my nederig-dankbaar om met hierdie kampus geassosieer te kan word. Ek en my vrou is oud-student uit die vroeë 1970’s en drie van ons vier kinders het daar gestudeer. Laat al ons almal op ons knieë bly en die leierskap, personeel en student aan ons Vader in die hemel se sorg toevertrou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.