Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video

'n

‘n skermskoot uit die video.

Die video volg onderaan die berig. Waarskuwing: die inhoud van die video kan sensitiewe kykers ontstel.

Studente van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het Woensdag ʼn klag teen ʼn dosent ingedien oor beeldmateriaal van die Nazi-tydperk wat tydens ʼn klas vertoon is.

Die studenteradiostasie PUKfm berig prof. Linda Stewart, ʼn dosent in die fakulteit regte by die Puk, het glo ʼn debat in die klas aangewakker oor berigte dat studente as deel van ‘n koshuisgroet ‘n gebaar uitgevoer het wat glo herinner aan die saluut van Nazi-Duitsland. Stewart was glo van mening studente is nie bewus wat dié Nazi-kultuur werklik behels nie.

Sy het ʼn video met beeldmateriaal van Hannah Arendt se Dialogue with Evil aan die klas vertoon, maar meer as die helfte van die studente het opgestaan en uitgestap. Volgens PUKfm het Stewart glo nie die studente gewaarsku dat die beeldmateriaal dalk sensitiewe kykers kan ontstel nie.

Wynand Mulder, een van die studente, het Woensdag aan Maroela Media gesê die klas het besluit om ʼn klag teen die dosent by die Akademiese Raad in te dien omdat hulle meen die debat en video is irrelevant tot die vakgebied.

Die dosent wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie, en het slegs aan Maroela Media gesê die beeldmateriaal was deel van ʼn lesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ek wonder of die Minister van Vervoer al daaraan gedink het om ‘n ander metode te kry vir verkeersbeamptes om motorbestuurders te stop. Ek is vanmiddag afgetrek vit ‘n roetine motorondersoek en die wyse waarop ek gewys is om te stop lyk presies soos die Nazi groet! So wat nou?

Eugenie ·

Skop ‘n bohaai op, maak soveel lawaai as wat jy kan, maar………………………….jy gaan net mooi nerens kom nie, want …………………………..!!!!!

Die hele storie is uit verband geruk, danksy Adriaan Basson, en die spul beswaardes.

GAAN GROOT PUKKE!!!

Kobus ·

… Ek … stem … saam … met … jou … Eben … se … suster … !!!

Kraai thine ·

Welgedaan aan Prof. Linda vir die initiatief wat geneem is m.b.t die video. Hierdie is ‘n baie sterk boodskap van onder andere MENSE REGTE. As jy deel is van die REGS afdeling van PUK, hetsy ‘n Student of Dept. Hoof/Lektor en geen relivansie kan sien in die video nie en nog minder hou van debateer is jy wa-RAG-tig in die verkeerde veld. Het jy ook uitloop in die klas gedurende jou Maandag oggend Hoerskool dubbel priode Wiskunde klas as die 1ste span die naweek teen die “aards vyhand” naburige skool verloor het en die debat breek uit in die klas? Word groot en waardeer die tyd wat mense in jou toekoms investeer ongeag van relevansie tot ‘ n klas. Die boodskap en les wat jy daaruit neem is wat saak maak.

Ant ·

Kraai, die tyd is verby waar Afrikaners mekaar moet sleg maak en aanvat. Hierdie aanslag gaan ons ondergang beteken. Dink die liberale Afrikaners werkilik daar gaan ‘n lewensvatbare toekoms vir julle oorbly in Suid Afrika. ‘n Knaap soos Adriaan Basson moet ook oudword in hierdie land en die vrugte pluk van sy hande werk oor die afgelope paar weke. … Dis moeilik om te verstaan dat daar Afrikaners is wat eerder wanvoorstellings maak oor hul eie mense as om die verval in die land saam met ander Afrikaners aan te spreek.

Antw 99 ·

Sekere media het te groot vir hul skoene geword. Die skade wat hulle die week gemaak het, aan hul self en Afrikaans, sal nie vergeet word nie. Die fiete is duidelik dat die media nie hul huiswerk gedoen het nie. Hoe kan so n media dan oorleef wat teen sy eie optree sonder behoorlike bewyse? Alles le nou in skerwe, vertroue daarmee heen..

Chris Beukes ·

Die interpretasie van n NAZI saluut deur die studente is uitstekend om uitleg te verduidelik. Dit kommer my dat studente die inhoud van lesings wil bepaal. Wynand Mulder moenie ‘n NAZI saluut verdedig nie. Ons kan dalk ‘n kampvuur aansteek (braai ons saam) of blus jy die vuur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.