[Video] R24-transitorooftog: Wegkommotors gevind

Die twee voertuie wat gevind is. Foto: SAPD

Twee voertuie wat Saterdag gebruik is in ʼn transitorooftog op die R24 naby Barbaraweg aan die Oos-rand, waartydens ʼn transitovoertuig ten aanskoue van motoriste opgeblaas is, is gevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die BMW en Mercedes Benz wat tydens die rooftog gebruik is, is later verlate in Isando gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes het omstreeks 11:40 op die transitovoertuig toegeslaan. Die verdagtes het die voertuig glo tot stilstand gedwing deur een van die bande stukkend te skiet.

Die veiligheidswagte is uit die voertuig gedwing voordat die verdagtes plofstof gebruik het om die voertuig op te blaas. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant en een van die wagte se vuurwapen gevlug. Die wagte is nie beseer nie.

ʼn Video van die oomblik toe die transitovoertuig opgeblaas word, is sedert Saterdag wyd op sosiale media versprei. Die video is oorspronklik deur Intelligence Bureau SA op Facebook gedeel.

In die onderstaande weergawe van die video is die klank weens kru taalgebruik verwyder:

[VIDEO] Cash in transit heist at R24 Barbara road in Johannesburg east this morning. (Audio removed due to strong language)Video from Intelligence Bureau SA

Posted by ER24 EMS (Pty) Ltd. on Saturday, April 1, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

w ·

Dalk is dit tyd dat die Valke die Transito Rooftogte se Rowers en oral wa groot bedrae geroof word se oorsprong oopkrap. Vertel vi ons SA ook asb wie sit agter hierdi sindikate. Dalk word geld geroof vi n politieke party. Rowers hoort die doodstraf opgele te word ongeag of mense tydens rooftogte gedood is maar in SA is nie die politieke wil ni

Johann ·

Ek het vanoggend my motor in my garage gevind. So wat is nuut?

Sê maar net ·

Is daar ‘n vroeë verkiesing op pad? Die manne maak vroeg geldjies bymekaar vir die “Beweging”.

SARIE VAN HEERDEN ·

Volgens foto’s wat ek op die media sien het die opblasing van die geldwat naby Barbaraweg geskied terwyl die paaie vol pasasiersvoertuie was. Hoe het die opblasers hul werk gedoen en toe te midde van die chaos en al die voertuie, weggekom?

Hannes ·

Dit is duidelik dat sulke operasies soos in Barbara weg ,deur en deur beplan is-polisie en noem dit maar is sekerlik ingelig oor en waneer hul op tyd moet funksioneer.Ek wil my se se,ek glo nie ek is verkeerd nie,en dit is dat mnr zuma en politieke partye deel is van hierdie moorde en rooftogte orals in Sa,Dit is werklik noodsaaklik dat ons bietjie SA ners sal moet opstaan teen hierdie aanvallers en teen hierdie aanslag teen ons as mens en ons land..SA is ons land, en is weggeruk en gesteel van ons af.Ek hoop en vertrou dat Mnr de klerk sy mond sal oopmaak en die rede stel oor hoe dit lyk vandag in SA,asook dit wat gelei het tot hierdie nie blanke onnosel regering.Die vraag is ‘gaan ons bly sit en toekyk’ of. Gaan ons opstaan en veg vir on kinders en nakomelinge”n bietjie slaap en n bietjie sluimer dan oorval die nag ons Suid Afrikaners-en te laat,Dis uiters twak dat hul ons monde toestop-maar hul kan se en doen wat hul. Wil.Nee die nonsens is bollie verby .STAAN OP SA

SARIE VAN HEERDENs ·

Dis opmerklik dat FW de Klerk tjoepstil is oor al die gemors wat in die land aangaan. Wonder waarmee hy besig is of miskien weet hy net nie wat aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.