Video: R4 miljoen se skootrekenaars uit regeringskantoor gesteel

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in Limpopo ondersoek ’n voorval waar 185 skootrekenaars ter waarde van sowat R4 miljoen uit ’n regeringskantoor in Polokwane gesteel is.

Twee veiligheidswagte is glo kort na 03:00 Dinsdagoggend deur vier gewapende mans oorval in die gebou waar die provinsiale departement van landelike ontwikkeling se kantore geleë is.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die gewapende rowers die wagte vasgebind en in ’n vertrek in die gebou toegesluit.

Die verdagtes het trollies gebruik om die 185 skootrekenaars uit die gebou te vat waarna dit op ’n Toyota-bakkie in die onderdakparkeerterrein gelaai is voor hulle van die toneel gevlug het.

Die polisie ondersoek ’n klag van sakeroof en het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om sers. Maphutha Ngoepe te kontak op 082 685 9507 of kol. Linkie Mathebula op 064 756 8218.

Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe die donker Toyota-bakkie by die onderdakparkeerterrein inry. Daar kan ook later gesien word hoe die vier verdagtes in die parkeerterrein ronddwaal voor hulle by ’n deur van die gebou ingaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

En ALMAL weet daar staan 184 skootrekenaars rond in regeringsgeboue wat net wag om opgelaai te word…..

Nee wat, begin maar die ondersoek by of die sekuriteitswagte, of die personeel wat inligting laat uitlek het.

Strandloper ·

Dalk was die beplaning om die rekenaars as baksteene te gebruik om n muur te bou? Al wat sin maak.

Fedup ·

So isn’t this the ” land reform ” department?
Did they just walk in or did they had to break down that door first?
I actually smell a something fishy.

Tiptol ·

Die wolf is in die skaapkraal. Net iemand wat die area ken sal weet waar om te gaan.

Cornel ·

Hoeveel mense werk daar? Hoekom is daar so baie skootrekenaars…dis die dept van landelike gebiede….goed ge-orkestreerd…..”inside job”

Cindy ·

goeie vraag, en ek het nog een, waarvoor het hulle 21k skootrekenaars nodig…? Ek self gebruik ‘n 12k rekenaar wat meer as goed genoeg is vir alledaagse werk so mense moet wonder wie het die tender gekry vir daai rekenaars…

Frank ·

‘n Paar punte:
Kyk nou weer na hierdie video. Die kamera zoom en volg die mense. Beteken dit nie dat iemand vir hulle sit en dophou nie? Of is dit een of ander outomatiese kamera storie?
En kyk na die blou ou se lang arms. Dit hand amper langs sy knië! Ten minste het hy nie lang vingers nie….
Hoe kan daar 185 (ten minste) skootrekenaars by een departement wees? Stoorplek? Die goed is mos duur en word aangekoop soos wat daar behoefte is?

Sê Ook Maar Net ·

Die “kameraman” neem die beeldmateriaal af op ‘n rekenaar skerm daarom lyk dit of die kamera die mense volg en zoom. Dit is afgeneem lank na die skelms weg is.

CJSH ·

Die video is met ‘n selfoon afgeneem vanaf die sekuriteits monitor.

Vranet ·

Byna R22000 per Rekenaar. Wanneer, waarvoor en deur wie is dit aangekoop? Wie het goedkeuring gegee en in wie se sak het die kommissie beland?

Jakes ·

Hierdie kriminele beoefen maar net die land se algemene stokperdjie van diefstal en plundering.

isabelle ·

joh die beroep om te kies om ryk te word is om n krimineel te wees in Suid-Afrika kry net alles so maklik reg en bitter min kom die kriminele iets oor…vandag ontsnap hul sommer uit die tronk indien hul gevang word
net n vraag HOEVEEL KOS EEN REKENAAR DAN? is dit nie bietjie over priced……

Surfer ·

R22 000.00. Eintlik R6000.00 een, maar R6000.00 vir die ou in aankope, R6000.00 vir sy baas wat die PO teken, en dan R4000.00 vir die een waar hulle dit aankoopom n invoice van R22 000.00 een uit te maak. X 185 rekenaars, vining geld maak. Dan het iemand seker so R22 000.00 vir sy “Inside info”. LOL.

Genis ·

Inside job, beslis…. Die rekenaars ge-over price… Staat kry dit baie goedkoper as Jan Alleman… Maar soos ook genoem, daar is mense wat geld kry in die proses. Almal kry n Goverment Saluut (Geld in die hand)…

Keith ·

So the Dept of “Land Development” had 185 laptops lying around, unsecured, just waiting to be picked up. What happened to the normal practice of using desktop computers in offices ? Unreal.

Misky ·

Daai ouens is darem baie koel en kalm. Lyk nie eens op hulle senuwees nie. Definitief inside job of iemand wat die “voordeur” oopgelos het

Tanniepetoors ·

Was daar dan geen toegange, kantore of afdelings wat behoorlik gesluit was en alarmstelsels van een of ander aard gehad het nie? R4m se rekenaars wat blykbaar rondlê en net twee sekuriteitswagte om n gebou waar die ondergrondse parkering skynbaar geen toegangsbeheer het, te “bewaak” Blerrie verregaande. Kry vir julle landelike ontwikkeling. Soveel van onnoselheid en wanbestuur moet maar sukkel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.