Video: Raadsvergadering verdaag ná skermutseling

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Spesiale raadsvergadering in Nelson Mandelabaai kon nie Donderdag voortgaan nie as gevolg van ontwrigting deur opposisiepartye.

Verskeie mosies sou na verwagting ter tafel gelê word insluitend ʼn mosie om Athol Trollip, die burgemeester, te laat verwyder, maar ʼn skermutseling het uitgebreek tussen Zilindile Vena, ʼn EFF-lid, en Mmusi Maimane, die DA se leier.

Die situasie het vinnig tot bedaring gekom, maar opposisiepartye het geëis dat Maimane die kamers verlaat.

Jonathan Lawack, speaker, het die vergadering onbepaald verdaag en het gesê die bedoeling van sommige van die raadslede was duidelik om die vergadering te ontwrig.

Toe die vergadering kort na 08:00 begin het, het Mongameli Bobani, van die United Democratic Movement (UDM), ʼn verdaging van 20 minute aangevra vir partye om die volgorde van die agenda en die geheime stemming te bespreek.

Bobani se versoek is deur die ANC, die EFF en die United Front ondersteun. Die debat het vir meer as 40 minute aangegaan met Lawack wat op die ou end gelas het dat die verdaging nie toegestaan sal word nie.

Vena het toe geweier om die mosie van die EFF om Trollip te laat verwyder ter tafel te lê.

ʼn Normale vergadering sal glo later voortgaan.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

LouE ·

Ek sou dit baie graag wou bywoon, maar computicket was uitverkoop.

Aai ·

Toemaar LouE – vanaand word die hoogtepunte weer uitgesaai op die Disney channel.

Bennie ·

Die EFF het doelbrwus die vergadering ontwrig want hulle het geweet dat hulle sou verloor, dus maak amok en sorg dat die vergadering afgestel word om die engels te gebruik ” to save face” aan hulle kiesers. Belaglig.

TLC ·

Presies wat ek wou sê Bennie hul het al gister geweet hul gaan die 1 verloor so die vals geraas is vooraf beplan.

Rynhardt ·

Die video wys duidelik die chaos en nogmaals chaos.Dit is hoe SA voortploeter!???

Gerrit ·

Hoe ernstig kan n mens die narre in die rooi oorpakke neem hulle doen niks wat positief en opbouend is nie.

Flip Pretorius ·

Ja nee EFF gedink dis maklik ne, toe kry julle bloedneus. Julle gaan nog meer van die selfde teenkanting kry. Die mense begin agterkom julle is net lawaaimakers en kan nie veel anders doen as geraas maak nie.

Dommie ·

Ek is ‘n ou dame wat net wil weet wie betaal JM en sy volgers, waar kry hulle salaris. Ek meen daar is tog cost of living maar hulle is by al wat ‘n ding is waar amok kan uitbreek..en hulle sorg dat dit uitbreek.
As hulle salaris trek op wie se payroll is hulle en wat is die company se naam want ek sal ook wil aansluit vir betaling om te sing en dans…kan ook klippe gooi maar nie baie ver nie want soos ek se ek maar oud, sal ook eers die tyres check voor ek brand want as dit nog bruikbaar is my karretjie het vier nodig. Ek nie skerp in politiek nie maar hulle ook nie..

Vanessa Moore ·

Ek stem 100% saam jou Bennie. Niks verloop vlot waar hulle is nie. As ek ‘n “comedy” wil kyk gaan kyk ek net wat het die EFF vandag weer aangevang.

Cherokee ·

Ek is verbaas dat niemand dit noem nie. Hier wys net die raamwerk van die video.

Marina Appelgryn ·

Soos ek verstaan was die ongelukkigheid oor Maimane daar was? So dis eintlik hy wat die oorsaak van chaos was? Wat het hy daar kom maak? Hy Is mos nie op die Raad ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.