Video: ‘Rassistiese’ man dreig egpaar met mes

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Paartjie van Sunninghill in Johannesburg leef in vrees nadat ʼn buurman in hul veiligheidskompleks rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het en met ʼn mes in sy hand gedreig het om hulle harte uit te sny.

Die paartjie, wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle was Vrydag omstreeks 05:30 op pad gimnasium toe, toe hulle die man in die parkeerterrein van die kompleks opgemerk het. “Hy was dronk en het ʼn rusie met ʼn vrou, vermoedelik sy meisie, gehad.”

Die paartjie is op die kompleks se beheerliggaam en het tydens die uur by die gimnasium talle oproepe van ander inwoners in die kompleks ontvang, wat oor die man se optrede gekla het.

“Toe ons terugkom van die gimnasium af, het ons hom gekonfronteer en gesê ons is moeg daarvoor om klagtes oor hom te kry.”

Die man het na bewering sy humeur verloor en die paartjie “wit rassistiese varke” genoem. Hy het ʼn mes gaan haal, hulle daarmee gedreig en die mes in hulle rigting geswaai. Die paartjie het skuiling in hul huis gaan soek en die man se optrede op video vasgelê.

Op die video kan ʼn mens sien hoe die man hulle vloek en dreig om hulle harte uit te sny.

Hulle het die polisie ontbied en toe hulle 31 minute later opdaag, het die man homself in sy huis toegesluit. Die polisie het aan sy deur geklop, maar hy het nie vir hulle oopgemaak nie.

“Die polisie het gesê hulle mag nie sy huis oopbreek om hom in hegtenis te neem nie en dat ons hulle moet bel wanneer hy uitkom.”

Die paartjie het ʼn klag van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak.

“Die man het eers Saterdag uitgekom, maar toe ons die polisiebeamptes wat Vrydag reageer het ontbied, het hulle gesê ons het reeds ʼn saak gemaak en dat die nuwe ondersoekbeampte dit moet hanteer.”

Die nuwe ondersoekbeampte was Dinsdag by die paartjie se huis om hul verklarings en dié van ooggetuies af te neem.

“Die beheerliggaam het intussen opgetree en die man ʼn maand kennis gegee om die eenheid te ontruim. Hy het Dinsdag sy uitsettingskennisgewing aanvaar en moet teen die einde van Maart uit wees.”

Die paartjie woon al 18 maande in die kompleks en hulle het gesê die man was ‘n probleem sedert hy op 6 Desember daar ingetrek het.

WAARSKUWING: Die video bevat kru taal.

[wpvideo fcAtZxHB]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tammy ·

As hy hom soos n barbaar wil gedra moet hy waai. Ons sit reeds met hope van die gemors wat ander intimideer. By ons kompleks sou hy na die 2de keer reeds uit gewees het. Ongelukkig is daar net een manier en dit is om onmiddelik aksie te neem voordat iemand met sy lewe boet.

Leeutjie ·

Ek het in ‘n ander rubriek gesien dat Sunette Bridges in die hof moet verskyn oor rassistiese uitlatings. Nou wonder ek maar net… wat van hierdie knaap se uitlatings? Gaan dit maar sommer net daar gelaat word?

Piet Pompies ·

As Mnr hom soos ‘n vark wil gedra, is hy welkom om saam met die varke te gaan bly. Gelukkig is daar daarem nog maniere om van kaf onslae te raak. “Kaf” beteken die neweproduk.

George ·

Vat die video na n regter toe , kry n hof interdik en laat hom toe sluit , staan sy appel teen en maak dat die hof interdik permanent is , dan kan jy hom jare lank agter tralies laat sit .
N regter hou glad nie van so iets nie .

Prokureur ·

As ek nou n Prokureur was sou ek die mense VERNIET teenwoordig het, en die arrogante knaap agter tralies gesit het, die probleem is, hulle kom weg daarmee, dit is hoekom hulle dit doen, het geen saak met niemand, het geen respek, het geen waardes, het geen maniere!! op die ou einde gaan die mense moet trek, want daar gaan absoluut niks hiervan kom nie! Ai maar laat dit nou omgedraai was, was dit hoof nuus vanoggend !!!!

ig ·

Leeutjie,rassistiese uitlatings is net vervolgbaar as dit wit teen swart is.

Andre ·

Dit is skokkend dat die polisie nie die gewapende persoon wil arresteer nie.

Narike ·

Nou kom ons toi toi oor rassime teen wit mense. Skielik word die bordjies nou verhang? Gaan ons oor 20 jaar vir Jan Van Riebeeck die skuld gee? Dit raak al hoe meer belaglik…

BoelieBrand ·

Dis in sulke tye wat jy hom aan jou twee vriende voorstel… Smith & Wesson.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.