[Video] Regstellendeaksie-saak vandag in konstitusionele hof

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

ʼn Drie jaar lange hofgeding tussen Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD), , wat as die grootste regstellendeaksie-saak nóg in Suid-Afrika beskou word, word Woensdag in die konstitusionele hof in Johannesburg aangehoor.

Die stryd tussen Solidariteit en die DKD gaan oor die regmatigheid van die DKD se regstellendeaksie-plan wat ten doel het om die nasionale rassedemografie in elke provinsie af te dwing.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, meen ’n negatiewe uitkoms in die saak sal radikale gevolge vir die bruin gemeenskap in die Wes-Kaap hê. “Indien daar bevind word dat regstellendeaksie-planne wat die nasionale rassedemografie in ’n provinsie soos die Wes-Kaap afdwing wel regmatig is, sal dit beteken dat bruin Suid-Afrikaners van hulle provinsiale verteenwoordiging, naamlik 52%, tot sowat 9%, die nasionale syfer, afbestuur moet word. Gevolglik sal daar sowat 1 miljoen bruin Suid-Afrikaners te veel in die Wes-Kaap wees. Die uitwerking vir ander minderheidsgroepe soos die Indiër-gemeenskap in KwaZulu-Natal asook wit Suid-Afrikaners in die res van Suid-Afrika sal net so radikaal wees.”

Wen Solidariteit die saak, sal die gesig van regstellende aksie in die staatsdiens asook die private sektor vir altyd verander.

Hier is ʼn video oor die agtergrond van die saak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

philco ·

Wonder as mens SA in twee kan deel,waar elk n deel kan he vir uitvoere oorsee. Dit sal meen dat die aan die een helfte van SA na die ander deel sal moet skuif. Albei partye sal ewe veel verloor maar ook wen.Dit klink wel belaglik,,,maar as die boere volk nie meer deur ander aanvaar word nie,,watter keuse van self beskikking bly dan vir ons oor. Ons doen almal die guns om 50% van ons land af te staan maar ook beide kante 50% te wen. Amper weer iets soos die groot trek. Moet nie vir my vies wees nie dis net n voorstel. Dan weet ons wat ons het en deur wie ons regeer sal word en een grenslyn wat bewaar hoef te word van albei kante. Enigste knelpunt is wie as boere geklasifiseer gaan word. U kan vir uself verder redeneer oor hoe dit ons veiligheid en nog baaie ander dinge sal verbeter. Dan kan niemand meer kla oor apartheid nie want apartheid is dan wedersyds sien. Dis my werbare idee van n nuwe SA

Dewald ·

Ek dink dit is hoogtyd dat regstellende aksie moet afgeskaf word.
Sover het dit nog net negatiewe gevolge vir die land bewerkstellig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.