Video: Rekord spat toe groot vis byt

Warren Chapman by die 102 kg-geelvintuna wat hy tydens die hengelskompetisie gevang het. (Foto: Verskaf)

’n Nuwe rekord het gespat toe ’n massiewe geelvintuna van 102 kg tydens ’n hengelkompetisie in St. Francisbaai in die Oos-Kaap uit die water getrek is. Dié vis het aan Warren Chapman die eerste prys besorg en ook ’n nuwe rekord vir die Oostelike Provinsie beteken.

Die St. Francis Skibootklub bied dié jaarlikse kompetisie, bekend as die St. Francis Tuna Challenge, al vir langer as 15 jaar aan. Altesaam 143 hengelaars en 31 bote het vanjaar deelgeneem.

“My eerste reaksie oor die vangs was ongeloof – ek dink ek is steeds verslae,” het Chapman gesê.

Dit het hom sowat ’n uur geneem om dié vis in te katrol.

Die drie geelvintunas wat aan hengelaars die eerste drie plekke besorg het. (Foto: Verskaf)

Hoewel hy met die eerste prys weggestap het, sê Chapman dat hy die vangs as ’n wen vir die hele toernooi beskou.

“Dis goed vir die sport dat daar so ’n groot vis gevang is en motiveer ons as hengelaars om weer terug te keer.”

Ian Burrel en Chris Gillit het onderskeidelik met die tweede en derde prys weggestap nadat hulle geelvintunas van onderskeidelik 49,60 kg en 47,90 kg gevang het.

Volgens John Lagaay, een van die organiseerders, het hengelaars daarin geslaag om altesaam 39 geelvintunas te vang waarvan vyf meer as 40 kg geweeg het.

 

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Duskolos ·

Hartseer dat so ‘n pragtige dier se lewe eensklaps beëindig is. Dis nie asof een van ons visvang om ons honger te stil nie.

Rudolph ·

Dit is net so wreed, onnodig, soos die teikenskiet op diere bedryf. Kyk asseblief Seaspiracy op Netflieks en dink weer. Plaas jouself vir ‘n oomblik in die vis se situasie en vra jouself hoe sal jy daarvan hou as jy die vis is?

Sanja ·

Wel gedaan Warren Chapman, en geluk aan al sy spanlede van Gamestop Team St Francis Bay & Tim van St Francis Safaris

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.