Luitenant-kolonel Renate Barnard is al vir nege jaar in ‘n regstryd met die Suid-Afrikaanse Polisiediens gewikkel oor die toepassing van regstellende aksie. Sy is telkens oor die hoof gesien vir bevordering omdat dit rasseverteenwoordiging sou benadeel. Sy en haar vakbond, Solidariteit, het Woensdag, voor ʼn waterskeidingsaak oor regstellende aksie in konstitusionele hof, die media oor die hofsaak toegespreek. Lees meer hier oor Donderdag se hofsaak.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.