[Video] Reusegewas van koedoe verwyder

Die reusegewas het 14.5kg geweeg. Foto: Verskaf

Die reusegewas het 14.5kg geweeg. Foto: Verskaf

ʼn Koedoebul van ʼn plaas buite Tzaneen in Limpopo kan nou aansienlik ligter loop, nadat ʼn gewas van byna 15kg van sy kop verwyder is.

Wighardt Van der Gryp, ʼn wildboer en eienaar van Mowana Wildlife Services, het Woensdag aan Maroela Media van die ongewone voorval vertel. Hy het gesê een van die vyfjarige koedoebul se horings het in Junie verlede jaar afgebreek. Volgens Van der Gryp het net sowat 10cm van die horing oorgebly.

“In die natuur herstel hierdie soort ding gewoonlik maar self en die bul het aanvanklik mooi herstel. Na so drie maande kon ons sien daar is ʼn knoppie op die horing, maar dit gebeur dikwels dat ʼn afgebreekte horing so ʼn verdikking maak en dan so bly. Maar hierdie ding het net aanhou groei,” het hy gesê.

Van der Gryp het vertel toe die vergroeisel later so groot was dat dit agter teen die dier se kop gedruk het, het hy geweet hulle sal dit moet verwyder. “Daar is altyd ʼn risiko as ʼn mens ʼn dier moet verdoof, maar ons moes die ding afhaal. Dit het vreeslik baie gebloei toe die veearts, dr. Rita Piso, dit verwyder het, maar sy het die oop wond netjies toegemaak,” het hy gesê. “Ons moes ook sy voorste hoewe knip, want dit het heeltemal skeef gegroei weens die swaar gewig op sy kop.”

Wighardt Van der Gryp by die koedoe. Foto: Verskaf

Wighardt Van der Gryp by die koedoe. Foto: Verskaf

Volgens Van der Gryp het die proses baie goed afgeloop en gaan dit nou, drie dae later, baie goed met die koedoe.

“Die vergroeisel het 14,5kg geweeg toe ons dit verwyder het. Ek het al soortgelyke gevalle gesien, maar nog nooit presies so nie, dus is ek nie heeltemal seker wat die vergroeisel is nie,” het hy gesê. “Dit lyk byna soos die verdikking van ʼn aar, maar ek kan nie seker wees nie. Ons het die massa weggestuur om ontleed te word en sal binnekort terugvoer ontvang oor wat presies dit was.”

Van der Gryp het hierdie video gedeel van die koedoebul wat wakker gemaak word oomblikke nadat die vergroeisel verwyder is:

[wpvideo aT0t8d69]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Siestog ·

Wonderlik. Ons hoop nie dit was iets kankeragtig nie. Ek wonder of die koedoe nie dalk ‘n bietjie van balans af gaan wees nadat hierdie gewas verwyder is nie. Spoedige herstel word vir koedoe toegewens. Ek haat dit as diere enige aard van gebrek het of uitgroeisels of vergroeisels. Hulle is sulke kwesbare gediertes.

alida ·

Wonderlike nuus en moet ‘n verligting wees vir die arme bok. Hoop net hy oorleef die jagseisoen. Shame

Kobie ·

Sjoe, kon dalk al vroeer gedoen geword het voor dit so groot en swaar geraak het……maar dankie tog die dier kan nou weer normaal wees!

Tracey ·

That is just fantastic! Well done to the owner who clearly is an example of people caring for their animals. You make us proud. To the Vet, awesome job, :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.