Video: Robotsjirurgie nou in SA

Foto: Youtube

Foto: Youtube

Suid-Afrika se eerste robot sjirurgiese-stelsel is die week by die Urologiese-hospitaal in Pretoria bekend gestel.

Volgens die hospitaal sal die “da Vinci-stelsel” sjirurgie na die volgende vlak neem aangesien dit ideaal is vir beide ingewikkelde en delikate operasies soos die verwydering van ʼn prostaatklier. Die nuwe stelsel, genaamd “Umthombo” oftewel “ewige fontein” in Zoeloe, sal op 21 Oktober by die hospitaal in gebruik geneem word. ʼn Sjirurg beheer die robot deur middel van ʼn konsole in ʼn ander vertrek. Dr Lance Coetzee, ʼn uroloog by die hospitaal, sê tegnologie rakende robotsjirurgie het tot so groot mate vooruitgegaan dat 83% van prostaatoperasies in Amerika met dié tegnologie gedoen word. Hy sê daar is 36 van die sjirurgiese-robotte in Brittanje. Hy sê die tegnologie het tot gevolg dat pasiënte na twee weke weer by die werk kan wees in plaas van ses weke. Sarel van der Walt, uitvoerende hoof van die hospitaal, sê die tegnologie sal minder bloedverlies, minder pyn en korter hospitaalverblyf tot gevolg hê. Umthombo sal vir bekken, abdominale en torakale-sjirurgie aangewend word.

Die onderstaande video is slegs ‘n voorbeeld van hoe die tegnologie werk:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.