Video: Rot smul aan slaai in Food Lover’s

Die rot smul rustig aan die slaai in Food Lover’s Market, Diepkloof Square, Soweto. Foto: Skermgreep

ʼn Bekende koswinkelgroep sê hy ondersoek “ʼn knaagdierprobleem” nadat ʼn klant ʼn video in die sosiale media gedeel het waarin gesien kan word hoe ʼn rot weglê aan ʼn slaai in een van sy winkels.

Food Lover’s Market sê in ʼn verklaring die groep is bewus van die video wat ʼn klant, Sipho Ndhlovu, glo in hul winkel in Diepkloof Square in Soweto geneem het. In die 11 sekonde lange video knaag die rot deur die kleefplastiek oor die slaai en begin dan aan die slaai vreet, tot ʼn werknemer hom verjaag.

“Ons beskou die saak in ʼn ernstige lig en het met ʼn ondersoek begin om die bron van die knaagdierprobleem vas te stel,” sê Food Lover’s Market in ʼn verklaring. “Intussen kan ons sê ons het ʼn gesondheids-en-veiligheidsinspektoraat wat gereeld ondersoek instel en die laaste inspeksie [in dié winkel] was in November.”

Volgens die groep het die winkel in Diepkloof Square ʼn kontrak met die plaagbeheermaatskappy wat gereeld inspeksie hou en die nodige dienste ten opsigte van knaagdier- en plaagbeheer lewer.

Van die Facebook-gebruikers wat kommentaar op die video gelewer het, ruik egter lont, oftewel “ʼn rot”. “Die inspeksie van winkels in die gegoede gebiede is nie dieselfde as in die townships nie,” meen een gebruiker.

Intussen het Nigel Meintjies, direkteur van Food Lover’s Market, aan Bruce Whitfield op die radiostasie 702 gesê dis bekend dat daar ʼn rotprobleem in die omgewing van die winkelsentrum is. “Ons kon vasstel die rot moes van buite gekom het, want daar is geen teken van rotbesmetting in die winkel self nie.”

Meintjies het gesê hul winkels word ontwerp om te verseker dat die dele waar kos ontvang en berei word van die vertoongebiede geskei word, en dat so doeltreffend moontlik met kosafval weggedoen word.

“Ek het die kommentaar gehoor dat winkels in sekere gebiede nie dieselfde aandag as dié in ander gebiede kry nie,” het hy gesê, “maar dit is absoluut onwaar. Dié bepaalde Food Lover’s is ʼn franchisewinkel, maar ons sorg dat franchisehouers presies dieselfde standaarde as ons korporatiewe winkels handhaaf.”

Thats how diepkloof food lovers serves its customers and the rats so comfortable and not scared of people as they are at home????????????????

Posted by Sipho Owen Ndhlovu on Saturday, January 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Nelmarie van Zyl ·

Ons is geleë in Kimberley. Food Lovers is hier ook maar pateties het al keer of wat groot maat groente gekoop wat op oog af perfek lyk tot jy paar uithaal dan is dit of muf of pap vrot. Kimberley het ‘n facebook groep ‘The good, the bad and the ugly’ mense kla gereeld daar oor van vrot groente tot vleis. So ek weet nie is hul standaard so waffers soos hul wil voorgee.

Francois ·

Ag toemaar, die rot eet darem nie baie nie. Cut him some slack.

Nettie ·

Shame, julle, die arme rot was honger – hy het nie werk nie en is voorheen-benadeeld. Hy het ook al sy SASSA-“pay” al vroeg in Desember gekry en alles is ge-“spend” binne een dag, daarom moes hy maar toe by die FLM ‘inbreek’ en skelmpies aan die slaai vreet. Foeitog, “have a heart, people!”.

Neels ·

Rotgooi nou hoekom sies leef en laat leef. Dit lyk in elkgeval na n mak rot wat gewoond is om die kos ten toets of die kos vars is, as hy nie dood gaan nie mag die mense dit maar koop en eet.?‍♂️???

Sputnik ·

Nee wat, rotprobleme is geen rare ding nie. By my eie huis het ons jaarliks in die lente/vroegsomer die probleem, gelukkig hoofsaaklik in die tuin weens digte plantegroei. ‘n Goeie dosis van die “regte medisyne” los die probleem binne 10 dae op. Dit kon netsowel in/by die huis van die person wat die video geneem het, gebeur het. Om nou weer op hol te gaan en Food Lover’s Market te probeer afkraak is laag en gemeen. Hulle sal sekerlik die probleem met erns aanspreek.

zoom zoom ·

Hulle moet nie weer kaas in hulle slaai sit nie. Finish en klaar

ChrisE ·

Seker juffrou Rottemaaier wat die slaai gemaak het. Gelukkig is die slaai darem eetbaar vir mens en dier.

Rooikop ·

Koop al baie jare nie mmer by hulle nie. My vrou het in die hospitaal beland na sy van hulle rou hoender hanteer het.

Chris du preez ·

Ek glo nie enige winkel in Diepkloof sal rot vry wees nie . Jy kan maar net probeer om hulle uit te hou. Het die persoon wat die video gemaak het nie dalk die rot daar gesit nie

Trudie ·

Robert, lees met begrip: Rooikop sê nie sy vrou van die het rou hoender geëet nie, Sy het dit slegs hanteer. Ek deel nie kos met ‘n muis of ‘n rot nie. Jig! Ja wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie……. Kry baie uile.

Corné ·

Ek het al die kommentaar gelees en geglimlag. Nou is ek egter naar vir die kokkerotte en verkleurmannetjies en duiwe en rotte en muise. Nee nee nee. ?

IK ·

Hier by ons by ‘n bekende supermark koop ek mosbolletjies wat oop op die tafel uitgestal word en smul lekker daaraan. Met my volgende besoek vergeet ek nie van die lekkerny maar ‘n groen brommer is voor my daar. Ek bring dit onder die aandag van ‘n personeellid vd winkel. Weke later besoek ek weer die winkel en vind die mosbolletjies steeds oop (my voorstel was ‘n net oor die kos) en raai wat . . . nog ‘n brommer sit vir my en kyk.

Hb ·

Was drie jaar laas in FLM in Centurion. Nooit weer belanggestel om na een te gaan nie. Spits tyd, rye mense verby oop vleis vertoon areas, almal hoes, snuif en skuur oor die vleis en vliee hou party. Nee wat dankie.

Peet ·

FLM is `n baie skoon winkel. Die Standaard is hoog en bestuurders besoek gereeld die kos afdeling om toesig tte hou. Ou HB het niks te vrees.

Nettie ·

@Johan H – baie gepas: “Evil Kineval” – ek wonder hoeveel van die kommentators weet na wie jy hier verwys!

Anoniem ·

Oop stuk velde word deesdae gebruik as stortingsterreinne en die metrorade stel nie in die minste daarin belang om die vuilgoed wat gestort is te verwyder nie . Dat daar deesdae oral rotplae is verbaas my glad nie. Hoe lyk die area waar Food Lovers Market se asblikke gebere word.?

Vrekgespook ·

As die regering nie iets aan die rotplaag in die land gaan doen nie gaan ons groot moeilikheid kry. Rotte broei oral by die gemorshope.

Angelique ·

Ek het hoender die naweek gekoop en dit is vrot… gaan dit terug vat en my belofte aan hulle is om nie weer daar te koop nie. Bly ver en ry spesiaal in! En dan sit jy met slegte/af kos….

Bosluis ·

Ek het ook al 2 keer stelle af getrap met vrot vleis wat ek by hulle aangekoop het. Ek sal myself nie vir n 3de keer vang nie, so koop ook liefs nie meer vleis by FLM nie.

Roger ·

Ai tog…jul gaan ver moet soek vir ‘n winkel òf restaurant sonder sy rot… en kokkerot.

Nettie ·

@Roger, ek stem saam. Gaan kyk bietjie hoe lyk dit in jou gunsteling-restaurant se kombuis of hoe daar met kos gewerk word, en jy sal dalk nie so graag en so vinnig/gereeld weer daar eet nie.

Glo my, ek werk in ‘n groot inkopiesentrum, en ek het voet by stuk gesweer ek eet nooit, ooit weer in enige van die restaurante wat hier sake bedryf nie. As jy sien hoe dit in sommige se kombuis- of “waste” areas lyk ….. en hoeveel van hulle nie aan basiese higiëniese toestande m.b.t. hantering en berging van voedsel voldoen nie, sal jy in jou koppie tee of koffie stik.

Andre ·

My kat bring gereel `n klein veldmuis in my huis in, dan gaan sit ek hulle maar weer terug.
Hulle is partykeer baie skoner as mense!

Maar ek sal dit ook nie geniet om eet te sien by my winkel nie.

Stem saam met HB ·

Stem saam met HB oor FLM in Centurion. Het self al gesien hoe n rot tussen die ‘pallets’rond hardloop. Wonder watse verskoning gaan hulle daaroor opdis? Boonop is hulle produkte dikwels halfvrot. Peet, jy werk seker daar die dat jy maak of als so skoon is. Ek is n lid vd publiek en sien hoe dit daar gaan. Die meat world langsaan is natuurlik die een wat in die nuus was wat die sell by datums op plakkers so bekook het. Maar beide se vleispryse is hemelhoog

Poppie ·

En niemand het nog nooit n muis of ‘n rot in hul huis gehad nie?
Hulle kan by die kleinste gaatjies inklim. Dit is nie te sê as daar ‘n rot/muis was, die plek is vuil nie. My bure het voëls en my kat bring vir my gereeld ‘n presentjie. :-D

kolla ·

Ek dink dit is maar ‘n stryd om die goed uit te hou. Ek het al ‘n rot in ons plaaslike Shoprite gesien (tussen die rakke rondgehardloop) en ‘n rot gesien by die vleisgedeelte by die plaaslike mark. Dis nie altyd so dat die plekke vuil is nie inteendeel… Dink maar hoe maklik ‘n muis of rot by jou eie skoon huis kan opdaag.

Izak ·

Daardie rot is al mak…hy dus ‘n gereelde klient by daardie winkel. Hy moet fisies aangemoedig word om klaar te maak….amper soos ‘n kroegvlieg.

CB ·

Ons het so uitgesien na ons FOOD LOVERS wat in Hartbeespoort oopgemaak het. Het verwag dat dit dieselfde sal lyk en voel en wees soos in Pretoria, maar o wee was ons verkeerd. Voel soos ‘n klein supermark wat deure oopgemaak het. Ons is teleurgestels en was net in week 1 daar en nooit weer nie.

Dis Nuwejaar en sommiges kerm en kla steeds volstoom ·

Food Lovers Market se produkte is meesal van goeie gehalte en hulle winkels is ‘n plesier om te besoek. Altyd skoon en netjies.

So terloops: Ek het gehoop dat in die Nuwejaar sommige kommentators minder sal kerm en kla maar heigent hert dit lyk of sommiges meer flink as vantevore gaan kla. Dit is nogals so dat mense wat bitter min gewoond is die meeste kla. Ek is so bly dat hierdie feesseisoen verby is want om heeldag tussen familie te spandeer wat meesal kla en negatiewe uitsprake maak is hartverskeurend sieldodend. Ongelukkig begin mens die negatiewe klaers, selfs al is hulle naaste familie, te vermy anders “cope” mens nie en die dokters skryf net soveel Prozac voor op ‘n slag.

Nettie ·

@Dis Nuwejaar en sommiges kerm en kla steeds volstoom: jy het mos altyd die keuse om nie te lees wat mense kommenteer nie, of hoe? Nes jy die keuse het om dié familielede van jou wat tydens die Kersseisoen jou so irriteer met hul klagtes en negatiewe uitsprake, te vermy.

Botterblom ·

Ons mensdom is maar van nature (of baie van ons) grillerig vir rotte, muise, slange en ander insekte/goggas. Self soms met ‘n plaag weens buurman wat uit sy garage hondekos verkoop. Probleem is dit is droog en die diere ook honger, net soos mense ens. Baie kos word weggegooi, terwyl daar baie mense en diere vergaan van honger. Ons mens hou deesdae van bohaai opgooi oor alles. Raak stil in julself. Kyk na die agtergrond, dit skoon. Soms gaan kos in restaurante deur meer vuil hande as een rot of muis. En is iemand dood. Kiemvry/pesvry gaan jy ver soek. Ek dink mense moet begin terugstaan en die situasie uit ‘n ander hoek kyk. Let wel! Elke situasie. Dit kan ook natuurlik wees dat muis nie oorspronklik daarop geklouter het nie. Dinge nie altyd soos dit lyk of klink nie. Die wêreld het soveel snops/hoogmoed, en 10 skoonmakers in hul eie huis. Soms is hul huis vuiler as mens dink maar klae deel van hul daaglikse roetine…. Soos die skaapslagstorie, Is iemand dood daarvan. Begin miskyk en aanbeweeg. Terwyl almal bohaai maak oor als, sit en lag ander agter hul rug. Hoekom?… hulle kry die aandag….

At Dippenaar ·

Rot se kind kan dankbaar wees hy het nie opdie spyskaart beland.

Daan Erasmus ·

Dit is die Food lovers Market, en die rot is beslis ‘n Food Lover. Maar ernstig ek het muise/rotte by my huis. Dit is ‘n stryd wat ek nie wen nie. Hulle word minder en later meer.

LD ·

Het ook al vrot vleis by ons FLM gekoop ten duurste ribs nogal! En ander vleise ook! Sien ook die vliee sit op als en groente is als pap! Sal ook nooit weer daar koop nie! In my huis was daar al muise maar genade mense, as jy n winkel het en voedsel aan die publiek verskaf moet daar ten alle tye inspeksie gedoen word en nie net 1 keer in n maand nie!

Alida ·

Het enigiemand al daaraan gedink dat hoeveel kokkerotte en/of muise beland in die olie in die nag as die braaipanne in ‘n vis en skyfie winkel afgesit word. Moreoggend word die pan net weer aangesit en “business as usual”. Ek laat nie vir my vertel daardie olie word elke dag vervang nie.

Chris ·

Hu wat vertel jy my nou nog altyd gedink daardie harde stukkies tussen die chips is maar net droog gebakte stukkies nou hoor ek dit is ekstra protiene . Moet se dit is nogal lekker en ek is al amper 70 jaar en nog nie gedood nie

Karel ·

Dan moet julle liewer nooit in die fabrieke kom wat geel margarien vervaardig nie. Kokkerotte val by die ‘conveyor’ bande in word saam met die produk opgemaal en geprosesseer. So ook grondboon botter, nou en dan gaan ‘n duif deur wat by die bopunt grondbone eet.

Net So ·

Ja, hier in die Boland glip daar gereeld n slang of muis deur as hulle moet pars. Het al gesien dat hulle dan perongeluk saam getip word uit die parsbak en dan deelword van die wyn

hester ·

Daar is ‘n rede hoekom ek die groep “Vrot Lovers Market” noem

Ferdi ·

So paar jaar gelede was daar ‘n “aktivis” wat protes aangeteken het oor verkleurmannetjies wat deur druiweplukmasjiene “ingesluk” word…

Jennifer ·

Nog erger is die vliee op checkers se gaar kos, toe ek daaroor kla, wys sy n sitronella kersie wat die vliee moet verdryf. Waarom nie n net oorsit of alles toe dek

sus ·

Ek het eenkeer gesukkel om ‘n dik melkskommel te suig met ‘n dik strooitjie. By nadere ondersoek hoekom ek so sukkel, was dit ‘n fyngedrukte kokkerot aan die onderpunt van die strootjie! Ek was amper op slag dood!

Carol ·

I personally have seen evidence at Greenstone FL in between their egg trays of rat / mice nesting

Anna ·

Daar is tans ‘n rotte en vlieëplaag orals. Ek sou dink dat die kos eerder in ‘n afgesperde area gelos moet word waar dit behoorlik bedek is. Ek het ook al gesien hoe kindertjies orals in die slaaie krap en die ma net ander pad kyk. Ek koop nie graag slaaie in supermarkte of by Food Lovers nie want mens weet nie of dit veilig is om te eet nie. Hou slaaie en ander kos onder glasdeksels wat dig toemaak en buite kindertjies se bereik.

alida ·

Waar kos in grootmaak verwerk word sal daar altyd ‘n probleem wees maar my eerlike opinie oor die rot is dat hy daar geplant is.

Elvira ·

Ons het in Desember vir die 2de keer by Food Lovers in Ooste van Pretoria vrugte gaan koop. Appels was ALMAL binnekant pikswart. Die komkommer kurkdroog binne. Piesangs nie so lekker nie. Van nou af hou ons maar by ons geliefde Woollies.

Foxi ·

Maryann, stem saam met jou. Als is verwoes en dit raak al erger. Ag nee wat, gooi maar tou op en die ergste is nog oppad.

Connie ·

Gelukkig het ek nog altyd die gevoel gekry dat ek nie daar moet koop nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Was hulle naam nie eers “Vrot en Veg” nie? Tipies Afrika………moenie ‘n ding verbeter nie, verander net die naam.

Mak ·

Die rot lyk nie eers wild nie. Kyk hoe naby is die persoon aan die vertoonkas en die vrou praat ook hard en Rot gedrog sit rustig en vreet. Nie eers toe die werk nemer hom verjaag skrik en hol hy weg nie. Inteen deel. Dit lyk my die personeel en rot gedrog ken mekaar ook want nie net was rot gedrog bang bir werker nie maar werker ook nie bang vir rot gedrog nie.

Pasop food Lovers Rattatoelie kom Suid-Afrika toe.

MP ·

Ek koop op n weeklikse basis by die volgende 3 food lovers. Elarduspark ek ken die eienaar persoonlik al vir meer as 30 jaar. As ek probleem het los hy dit op. As ek iets spesifieks soek kry hy dit. Die FLM in Woodlands is voorwaar n lieflike plek om te koop. Een keer iets gekry wat nie reg was en toe ek bel en kla het die bestuurder gesê. Gooi weg mevrou ek sal u refund. Geen stories. Menlyn se FML is te besig soms maar die rye gaan vinnig.
Onthou altyd dit is nie die winkel of Franchise wat die akkies aanjaag nie dit is die Werknemer binne in die winkel wat soms hierdie winkels saboteur deur hulle werk af te skeep

Katerina ·

By FLM in Nelspruit lyk alles darem altyd skoon en netjies, nog nooit n rot, muis of selfs vlieg gesien binne nie. Maar nou ja oor slaaie- maak dit gou liewer self tuis, of pak jou eie slaai vir werk in n tupperware bakkie uit jou huis. Tydjie terug in Amerika het mense n dooie vlermuis in n slaai gekry. Soos n Amerikaner daaroor kommentaar gelewer het: “No sympathy – make your own salad – you won’t find a dead bat inside a head of lettuce”

Ingelsman ·

Daai diertjie was net die Nagskof wat te vroeg opgedaag het.

Alida ·

Die Spar se winkels is meestal skoon en netjies maar is ook blootgestel aan kruipende insekte. As daar n rotplaag is , is enige supermark teikens selfs ons huise. Kokkerotte is n kompleks ding en mens moet jou oe oophou.

Muffin ·

Dit is Januarie. Geld is skaars en vleis is duur. n Rotboudjie vir die prys van slaai sal werk.

Tienie Cloete ·

Nettie.

15 uit 10 vir jou kommentaar.

Briljant….LMGA

Nettie ·

@Tienie Cloete, baie dankie – ten minste helder ek één persoon se dag op. Gewoonlik kry ek erge skoppe, klappe, snedige aanmerkings en persoonlike opmerkings omdat ek so ‘n skewe sin vir humor het en altyd duiwelsadvokaat speel.

Ander Annie ·

Ek huil van al die lag. Fantastiese kommentare. Ek’s ‘n dapper rot kyk hoe eet ek die slaai, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang …..want ek is die FLM rot!

Dienkie ·

@ Daan Erasmus – ons het ook ‘n rotplaag by ons geboue gehad en ons het ‘n maatskappy gekry om rotvalle te kom stel en tot nou toe het ons nog geen rot weer op ons persele gehad nie. Die persoon se nommer is :083 648 1110.

PJC ·

Dienkie ek dink dit is eintlik elke munisipaliteit se plig om rotte te bestry soos wat in die Kaapse skiereiland gebeur anders kom die plaag maar net weer terug na ń ruk.

dries ·

@dis nuwejaar en sommiges kerm en kla steeds volstoom: jy is boonop n lafaard want jy sal sweerlik nie vir jou familielede wat sulke klaers is , dit voor se nie,,dit is hoekom jy ook annoniem is…shame

Boet Fasie ·

Ag met al die regte wat in ons land toe gestaan word het die rot darem ook seker regte wat beskerm word en deur die belastingbetaler ge- subsideer word , of word dit gesien as Food Lover’s Market kaping. Die regering gaan seker nou weer ‘n kommissie aanstel om die saak deeglik te ondersoek en verslag te lewer aan die parlement.

Ruaan ·

Ek en my ma was by n food lovers by amanzimtoti en wou broot buns koop toe ons een op tel was daar n groot kokkerot in die bun gewees ons het vir die manager wat daar ge se toe haal hy die buns van die rak af was somer naar toe ek dit sien

Diefie ·

Maar die rot/muis het goeie smaak en nog ryk ook. Ek kan nie eers daar koop nie. Eish.

anton ·

Het ander dag by n FLM in noorde van Pta n paar Avo’s gekoop teen n hemel hoe prys en moes dit na 2 dae weg gooi want binne was dit sleg en oneetbaar.
Buite het dit perfek gelyk.
Nee ek sal hulle almal nou eerder vermy!!!

jakes ·

SA het feitlik geen gekwalifiseerde gesondheidsinspekteurs nie dus is toesig in hierdie verband omtrent nul. Ek sal 2 keer dink voordat ek kos by meeste van hierdie kleinhandelaars koop. Wat gaan aan agter die skerms waar die publiek nie kan sien nie? Rotte urine is lewensgevaarlik as jy dit sou insluk sou dit op kos of groente/vrugte wees.

Willie ·

FLM in montana net so pateties… ek koop nie by n FLM nie…goed is vinning frot, selfs die vlies gaan gou af!

Pottie ·

Ja nee foodlover wat puik produkte belowe het my self al op verskeie geleenthede met vrot produkte laat sit. Alles van kouevleis tot tamaties. Ek kan dink so iets lok knaagdiere

Elsabe ·

Gewoonlik maak ek n gaatjie in die kleef plastiek en ruik aan die vleis, vis of hoender. Indien dit sleg is, bring ek dit onder hulle aandag. FLM in Montana het vis wat alreeds af was in hul visverkope afdeling op ys gehad. Ek het gevra om daaraan te ruik voor ek dit gekoop het. Die meneer after die toonbank was skoon onthuts met my. Ek het hulle gemaak al die vis verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.